Franschhoek-brand woed steeds

Foto: WoF

Die brand in die Franschhoek-omgewing het teen Dinsdagaand steeds gewoed maar hou in die stadium nie enige bedreiging is nie.

Volgens Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, spook brandbestryders van die munisipaliteit tesame met CapeNature, Working on Fire (WoF) en die Brandbestrydingsvereniging (FPA) steeds om die brand onder beheer te bring.

“Die brand het Maandagmiddag in die Mooiwater-area begin en woed steeds voort ondanks die pogings van 175 brandbestryders en die gebruik van vyf helikopters en nege brandweervoertuie.”

Foto: WoF

Otto het gesê die lyn waar dit brand is ongeveer 9,5 km lank en in ʼn uiters moeilik begaanbare omgewing.

“Die brand is nog nie onder beheer nie maar op die oomblik hou dit geen gevaar vir eiendom of landbougrond in nie. Die brandweerspanne het deur die nag die brand probeer blus.”

Die Franschhoek-pas is intussen weer oopgestel maar kommer heers dat die wind die brand van rigting kan verander en dit verder kan aanblaas.

Volgens Otto sal vanoggend uit die lug vasgestel word wat die omvang van die brand is voor ʼn plan van aksie saamgestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Ons hoop nie me Otto probeer te slim wees nie. ‘n Brand van 9 km wyd is nie sommer net niks nie. Kundiges en nie ‘n paar werkloses wat vir ‘n blikkie Vicks en ‘n sammie werk, moet ingespan word. Grootskaalse gebruik van nuwerwetse apparaat moet ingespan word om omgewings dag en nag te monitor.

Mark ·

Die brandslaners wat jy so verkleineer doen baie goeie werk en menigte boere het hul plase te danke aan die uitmuntende werk wat hierdie mense en ander vrywillgers doen. Ek is so moeg vir mense wat in die gerief van hul huise sit en hul monde spoel oor mense wat hul lewe waag om ander se lewens en besittings te red, al is dit vir Vicks.

Mariana ·

Op hierdie stadium wil ek dankie sê vir die mense wat hierdie brande probeer blus. Dit is nie ‘n maklike raak nie en hul lewens is ook in gevaar, maar hulle gaan voort en doen hul bes. Baie dankie.

Tammy ·

Hoe het hierdie brand ontstaan??? Is dit brandstigting? Daarna werkskepping, ek dink net die slegste van die land en sy werklose korps. Wat het van die ou geword wat angekla is vir brandstigting waar mense dood is? As iemand weet sit dit op hierdie forum sodat ons almal kan sien wat aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.