Franse eerste minister op pad na SA

Franse eerste minister Édouard Philippe (Foto: Mueller via Wikimedia Commons)

Die Franse eerste minister Édouard Philippe sal vandeesweek amptelik besoek aflê aan Suid-Afrika en met pres. Cyril Ramaphosa in gesprek tree, het die Franse ambassade Maandag gesê.

Philippe, Ramaphosa en adjunkpresident David Mabuza sal Donderdag gesels oor gedeelde ekonomieë en internasionale belange en verskeie bilaterale ooreenkomste.

Hy sal ook die Suid-Afrikaanse Franse sakeforum in Johannesburg toespreek en met Suid-Afrikaanse beleggers vergader oor veranderinge in Frankryk waar pres. Emmanuel Macron pro-sakehervorming implementeer en poog om die arbeidsmark meer buigbaar te maak.

Philippe sal daarna na Kaapstad vertrek en klankargiewe van die Rivonia-hofsaak, wat die Franse Nasionale Oudiovisuele Instituut gerestoureer het, aan die Suid-Afrikaanse owerhede oorhandig. Hy sal ook Robbeneiland besoek en ʼn boom plant ter nagedagtenis aan pres. Nelson Mandela wat die grootste deel van sy 27 jaar tronkstraf as politieke gevangene hier uitgedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

A P Stemmet ·

Wie gaan die Franse Eerste Minjster inlig oor plaasmoorde ? Ranaphosa wat se dit bestaan nie of Cele wat verduidelik hoe dit bekamp word ?

Hendrik ·

Wanneer en waar sien hy Ramaphosa? Kom ons gaan betoog oor plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding waar hulle vergader.

eier bly sit ·

uitstekende idee. gaan ontmoet hom sommer al op die lughawe met fotos en baniere oor plaasmoorde

Waarheid ·

Wonder of hy ook so n groot fool soos Macron is.
Ek wens Trump wil ons besoek.

Johannes ·

Stem 100% saam! Waar is AfriForum nou? Reel ‘n massa-optog oor plaasaanvalle en grondonteiening en eis dat die Franse Regering optree teen die ANC!

Penellope Jones ·

Sal ‘n geplante boom ons ekonomie verbeter. . . .

Belaglik ·

Afstammelinge van Franse Hugenote wat al eeue lank help bou het aan SA word tans minderwaardig geag, maar die uwe en sy beleggersbeursie word verwelkom.

Johann M van Heerden ·

Ek sou Trump verkies het. Die Franse was na Napoleon nou nie juis inspirende vegters nie. Selfs Napoleon het swaar op huursoldate staat gemaak. Naiewe fuifende dromers. Hulle het gereeld subversiewe adders in hulle boesems getroetel. Hulle is stert tussen die bene uit Afrika, Vietnam, ens. Lekke om wyn te drink en by die girls aan te le. Maar eintlik ‘n klomp poefters. Betoog asb teen sy besoek aan gladde CR.

dejager ·

ń Klugspel.Kom ek gee voor ek hou van jou dan gee jy ook voor jy hou van my.Kom ons trek elkeen ń strikdas aan en vertel weer die oue storie van wie is deur wie onderdruk.Kom ons buig gou net weer voor die afgodjie met die paisley hempie aan.Sodoende lei ons die aandag gou weer af van die verrotte toestand van die huidige onderdrukker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.