Fransman gevra om ‘terug te tree’

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman, die ANC se beleërde Wes-Kaapse leier, is versoek om “terug te tree” hangende die ondersoek teen hom.

Fransman word van seksuele teistering aangekla. Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het bevestig Fransman is versoek om terug te staan. “Die besluit is deur die provinsiale uitvoerende raad van die ANC in die Wes-Kaap geneem en die saak sal na die integriteitskommissie verwys word.”

ʼn Bron het aan African News Agency gesê die besluit is deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee geneem. Hulle sou dit eers Maandag bekend maak, maar die besluit het nou uitgelek.

Jabu Mfusi, woordvoerder van die ANC in die Wes-Kaap, het gesê hulle het die nuus by die media gehoor. “Die ANC se nasionale werkkomitee sal Maandag met ons vergader en ons sal by hulle hoor. Ons kan nie kommentaar lewer totdat ons iets amptelik gehoor het nie.”

ʼn Werknemer het Fransman van seksuele teistering aangekla nadat hulle saam na die ANC se verjaardagvieringe in Rustenburg, Noordwes, gereis het.

Lees alle vorige berigte oor Marius Fransman op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Dit is hoog tyd dat hy ook begin werk vir ‘n lewe as hy bevoeg is en ‘n werk kan kry. Hy het lekker rojaal geleef in die belasting betalers se sakke. Al bekommernis is dat hy hierdie skandaal waarskynlik sal oorleef agv van die ANC morele bankrotskap.

Henk ·

Waarom hom laat terugstaan? Hy voldoen aan al die kreteria wat jou laat kwalifiseer om vir die anc se leierskap te kwalifiseer. Die ou gesegde wat sê”gee net genoeg tou,dan hang hy homself”

Swanna ·

Mike, inderdaad dink ek dit is die geval wat breinselle deel die geval in die hele ANC aan die gang, vanaf strot kop tot onder. HA ha ha ha ha!

Kaspaas ·

So die keer het dit nie gewerk om die Raskaart te speel om die aandag van jou af te kry nie. Nou het ou Ehrenreich n oop deur in. Ag moet nie bekommerd wees almal weet hoe dit in die ANC werk jy sal terug keer as n Minister of Ambassadeur.

Martin ·

Ek het so idee die drietjies (soosMick sê) het probleme. Fransman en Ehrenreich het die rassisme kaart probeer speel, maar dit het nie lekker gewerk nie. Smaak my die opsies raak nou klaar.

Weskaper ·

Terug te tree met volle betaling met ons belasting geld.

m ·

“Hangende ondersoek teen hom”, so wat se dit, een van die dae is hy terug want hy gaan onskuldig bevind word. Hierdie sogenaamde “terug tree” is maar net ‘n om ons onder wanindruk te bring. Boetie gaan eersdag terug wees en lekker lag vir almal wat dink hulle kon hom sink. En die dame wat die sogenaamde seksuele klag gele het gaan lyk soos die apie in die verhaal. Nee wat hierdie mense weet hoe om die game te speel, watch this space.

HEVW ·

Hoe lofwaardig tog dat die regering met skoonhandjies wil regeer. Kan ons dan nie positief wees nie. ha ha. Daar is net een ietsie wat pla. Met die verkiesing van die staatspresident het no 1 vas gestaan. Nie n halwe tree teruggetree nie. Ten spyte van al die volhardende klagtes bly hy nog steeds vasstaan. Sterk man, hierdie president.
Onkreukbaar soos hy homself sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.