Fransman herverkies tot ANC-leier in Wes-Kaap

Die ANC in die Wes-Kaap se leierskorps. Marius Fransman in die middel met bruin baadjie. Foto: ANA

Die ANC in die Wes-Kaap se leierskorps. Marius Fransman in die middel met bruin baadjie. Foto: ANA

Marius Fransman is Saterdagaand onbestrede tot voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap herverkies.

Fransman sal nou daarop fokus om die party se ondersteuning die provinsie te versterk met die doel om die provinsie terug te wen van die DA.

Die ANC in die Wes-Kaap se provinsiale kongres het Vrydag by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (CPUT) se sportkompleks in Bellville afgeskop. Vier ander posisies in die provinsiale uitvoerende raad moet nog gevul word. Die nuwe sekretaris, adjunkvoorsitter, assistentsekretaris en tesourier moet nog gekies word.

Die kongres kom Sondag tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

nico ·

Kies hom maar weer hy is te besig om die da se naam te probeer beswader en net soos die res van die anc beloftes te maak dat hy vergeet van ordentlike services dilevery. Ek dink sars moet hom ook n bietjie ondersoek en sy nabye volgelinge ek dink dan ons gaan lekker lees stof he

Manie ·

ANC het niks beter nie en Fransman is seker die swakste k as rakters wat ek my kan Voorstel. Maar nou ja Geld is Geld ne!

Gielie - Namibia ·

Net so agteraf en onderduims soos die ANC maar is….hy pas 100% in die posisie.

AH ·

Ja ek is van mening dat hy die domste kanidaat was daarom was hy onbestrde hy is in elk geval n belediging vir die mensdom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.