Fransman moet Jode verskoning vra oor uitlatings

Marius Fransman moet Suid-Afrika se Joodse gemeenskap verskoning vra vir kwetsende aanmerkings.

Die Menseregtekommissie (MRK) het Marius Fransman, voormalige Wes-Kaapse ANC-leier, gelas om die Joodse gemeenskap verskoning te vra dat hy hul waardigheid aangetas het met ʼn reeks aanstootlike en opruiende openbare uitlatings.

Fransman, wat indertyd ook minister van samewerkende regering was, het volgens die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) se klag by die kommissie in 2013 beweer Joodse sakelui word onregverdig bevoordeel ten koste van die swart bevolking in die algemeen en in besonder die Kaapse Moslemgemeenskap.

Hy het ook die verkose leiers van die Joodse gemeenskap daarvan beskuldig dat hulle dislojaal aan Suid-Afrika is en ekonomiese transformasie in die wiele probeer ry.

Charisse Zeifert, die SAJBD se kommunikasiehoof, sê aangesien Fransman ʼn openbare figuur was, het die raad besluit om ʼn klag van haatspraak by die MRK in te dien.

Die kommissie het die afgelope week sy bevinding bekendgemaak. Volgens hom kom Fransman se uitlatings nie op haatspraak neer nie, maar was dit wel kwetsend vir die Joodse gemeenskap en het dit hul menswaardigheid aangetas.

Zeifert sê die MRK het Fransman opdrag gegee om verskoning te vra en beskryf sy aanmerkings as “ongevoelig, disrespekvol en nie daarop uit om die eenheid wat [Fransman] kwansuis voorstaan, te bevorder nie”.

Die SAJBD beskryf die vyf jaar lange vertraging in die MRK se ondersoek na die uitlatings as “betreurenswaardig”, maar is bly die kommissie het hulle eindelik gelyk gegee.

Die MRK het die afgelope week ʼn soortgelyke saak teen die Wes-Kaapse politikus Tony Ehrenreich afgehandel. Hy is ook opdrag gegee om verskoning te vra vir ongevoelige aanmerkings teen Suid-Afrika se sowat 70 000 Jode.

“Ons is bly dat instellings wat gestig is om Suid-Afrikaners se grondwetlike regte te beskerm, hul plig nakom,” sê Zeifert.

Tony Ehrenreich weier tot dusver om met die Joodse Raad van Afgevaardigdes oor ’n verskoning te beraadslaag. Foto: Facebook

Sy sê alle Suid-Afrikaners, maar veral gekose leiers, behoort ag te slaan op die MRK se aanbeveling dat Fransman hom “verantwoordelik moet gedra op ʼn manier wat met die waardes van die Grondwet strook”.

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die SAJBD, sê die uitspraak teen Fransman is eers vanoggend en dié teen Ehrenreich die afgelope week gelewer, maar nie een het hulle nog met ʼn verskoning genader nie.

Sy sê die raad het al hoogs suksesvolle gevalle van bemiddeling met die MRK gehad, maar Ehrenreich het botweg geweier, terwyl Fransman wel vir een mediasievergadering opgedaag het, maar nie vir ʼn opvolg nie. Sy beweer sy ingesteldheid was nie bevorderlik vir versoening nie.

As Fransman en Ehrenreich nie met die MRK wil saamwerk nie, kan die kommissie hof toe gaan. “Die MRK het (die Cosatu-woordvoerder) Bongani Masuku verlede jaar voor die gelykheidshof in Johannesburg gedaag oor anti-Semitiese uitlatings in 2009,” sê Kahn. “Die hof het hom gedwing om verskoning te vra.”

Sy sê die raad neem elke keer dat onrus in die Midde-Ooste opvlam kennis van ʼn toename in anti-Semitisme in Suid-Afrika. “Daar was ʼn vlaag onsmaaklike voorvalle vroeër vanjaar met onder meer haatdraende aanmerkings op Facebook en gevalle waar mense swastikas by saamtrekke (in Suid-Afrika) vertoon het.”

Kahn sê die Grondwet waarborg alle Suid-Afrikaners, die Joodse gemeenskap inkluis, die reg om in vrede en met waardigheid te leef.

Maroela Media het Fransman sowel as Ehrenreich om kommentaar genader, maar tot dusver sonder sukses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

pinkie ·

Gaan iemand JM vra om Afrikaanssprekende gemeenskap verskoning te vra oor al die dinge wat hy kwyt raak oor ons?

Cherokee ·

Dit verbaas my dat jy pinkie met ‘n kleinletter skryf en jm met hoofletters.

Grysburger Pretoria ·

Die organisasie waaraan die twee menere behoort is defnitief nie vriende van Israel of persone van Joodse oorsprong nie. Daarom sal daar ook geen stappe deur die ANC of Cosatu teen die twee geneem word nie, wat net as bevestiging dien dat albei organisasies anti-semitisme stilswyend goedkeur.

BenaYaHU ·

@Grysburger Pretoria

Ek ondersteun GEEN politieke groepering, en geensins vir TE of MF.
Dit sal jou en al die s.g. “vriende van (die staat) Israel” (verseker nie die Yisra’AL van Die Geskrifte – eerder Bauer/Rothschild/Zionisme ens.) beslis baat om die korrekte (versteekte) geskiedenis na te vors, en daarna ook dieper studie te doen van Die Geskrifte rondom die bewyse, dat die meerderheid lede van die “staat Israel” eerder Khazars, Ashkenazi, en Yiddish-sprekend is, en bekeerlinge tot die valse geloof genaamd ‘Judaisme’ – wat terloops, sou jy nog enigsins twyfel, die Verlosser en Bevryder ONTKEN! en beslis nie die nageslag is van Shem (eerder van Jafet) en gevolglik ook nie die ware afstammeling is van die stam van YaHUdaH – en dus NIE Semities is. Anti-semitisme is dus nie eens hier van toepassing.
(Nota: Natuurlik sal dit met alle mag en mening ontken word – net soos daar agter die valse geskiedenis aangaande die s.g. “Joodse Volksmoord” gestaan word)

Terloops, sou jy wil, bestudeer gerus die (mens-geinspireerde) totstandkoming van die staat in die Midde-Ooste wat die naam Israel geannekseer het (daardie naam behoort aan die nageslag van Shem – en wat tydens die Restorasie van die WARE Yisra’AL deur die volgelinge van Mashiak YaHUsHa gebruik sal word! (Die twee Huise/Olyfbome wat aan die ware Restorasie deur Mashiak YaHUsHa herenig sal word – YaHUdaH & Yisra’AL)
Advies: krap maar dieper dan die algemeen-verdraaide geskiedenisboeke vir die ware bewyse. Shalom!

Johan ·

As iemand die Jode beledig, moet hulle om verskoning gevra word (wat heeltemal reg is) Maar as die Afrikaners beledig word is dit in orde!!!!#

Nettie ·

Beide Fransman en Ehrenreich is twee tussenrassiges, met hul voete nòg hier, nóg daar. Hulle is albei berug vir hul oproerige uitlatings en nes Malema is albei populiste. Hulle teer op mense se reaksie op hul aksie en uitlatings. Foeitog, en albei van hulle gaan deur die lewe met die VERSKRIKLIKE “chip” op hul skouers a.g.v. die verskriklike PYN en LYDING wat hulle aangedoen is tydens Apartheid.

Jane ·

Die reg om in vrede en waardigheid te leef? REGTIG? BEHALWE DIE WITTES NE??Die wittes moet maar in moord en doodslag en diskriminasie en rassehaat leef .. belaglik ..

Brutus ·

Wat van groot boete en sommer ook tronkstraf ,dubbel standaarde weereens.

jaco ·

wat die SAJBD gerieflik vergeet, is dat hulle ALMAL outomaties Israeli burgerskap kan kry as hulle so erg hier vervolg sou word en dus Israel toe sou vlug. Dis n lekker “agterdeur” wat meer as 3 miljoen ander wit Suid-Afrikaners nie het nie.
Mense met sulke lekker agterdeure moet eerder net stilbly. Onmin waarby hulle betrokke is, kring maklik uit en dan word daar gesê “maar alle wit mense is mos so” en dan word ons almal gestraf.

Jannie ·

Vir hierdie spesie moet almal regoor die wêreld voortdurend en vir baie dekades lank reeds oor alles om vergifnis en verskoning vra!!!

Hephzi ·

I am absolutely SHOCKED to say the least how some of you comment on the Jewish people
How low have you sunk??
Despicable!!
Go check the history of this country and find out the contributions that the Jesish people made to your nation… would you like it if people start speaking in such a derogatory way about your families???

IK ·

Laat dit ‘n les wees. Hoekom: Sing volgende keer ‘Kill the Jew’ en niks gaan en sal gebeur.

Kosie Kramer ·

Waarom moet die Jode heeltyd om verskoning gevra word? `n Paar jaar gelede was daar `n jongman, `n Jood, wat erg rassistiese opmerkings gemaak het. Twee dae later was alle artikels daaroor uit die media gevee. Het hy om verskoning gevra?

Lerato ·

By al die negatiewe dinge in ons land, is daar ook die positiewe.

Godsdiens verdraagsaamheid en behalwe droogte nie ander natuur ramp soos aardbewegings en orkane nie.

Dis bloot moedswillig om mense uit te kryt oor hulle tot ‘n sekere etniese groep behoort. Dit versteurd net verhoudings

Cherokee ·

Die Bybel leer ons nie godsdiensverdraagsaamheid nie. Die Skrif leer ons om volgelinge van Jesus te wees, sonder om toegewings wat jy godsdiensverdraagsaamheid noem, toe te pas.

Sê maar net 1 ·

Lees maar gerus BenaYaHu se kommentaar en vors gerus na wie die jode eintlik is.
As hul sê spring vra die wêreld hoe hoog. En nee Piet, die jode haat wit mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.