Fransman verwerp klag teen hom

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman. Foto: Facebook

Marius Fransman, Wes-Kaapse leier van die ANC, het die aanklag van seksuele teistering wat teen hom aanhangig gemaak is, verwerp.

“Fransman ontken die bewerings met die minagting wat dit verdien,” het die Wes-Kaapse ANC in ʼn verklaring gesê. Volgens Fransman moet die polisie hul werk onbelemmerd, sonder inmenging, kan doen en almal moet dit respekteer.

“As gesoute politikus verwag ek dié soort kwaadwillige aanvalle op my integriteit. Dit is ongelukkig een van die laagste vlakke waartoe mense kan daal. Ek wil hê die polisie moet geen steen onaangeraak laat in die ondersoek na die saak nie aangesien ek belangstel om te weet waar die bewerings vandaan kom. Ek sal alle beskikbare roetes verken om my naam in ere te herstel en my integriteit te beskerm.”

Fransman het erken dat hy die klaer ken en dat hy saam met haar en twee ander mense van Kaapstad na Rustenburg, waar die klag aanhangig gemaak is, gereis het. Hy ontken egter dat hy haar enige leed aangedoen het. “Die klaer was die metgesel van een van die passasiers in die voertuig.”

Fransman glo egter daar steek meer in die bewerings. “In dié stadium het hy [Fransman] egter besluit om die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel voor hy verder kommentaar lewer oor die saak,” lui die verklaring.
Fransman het sy dank uitgespreek teenoor diegene wat uitgereik het na hom nadat hulle van die “kwaadwillige bewerings” bewus geraak het.

Die ANC het vroeër Vrydag bevestig dat daar Dinsdag ʼn saak teen Fransman aanhangig gemaak is. Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, wou geen besonderhede oor die saak bekend maak nie en het net bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Het jy dan ‘n naam om in ere te herstel? Tsk tsk

DPJ ·

Hy is net ‘n weerlig afleier van ander belanfike sake. Niemand sal nou daaraan aandag gee nie.

MJL ·

Uit die berig lui ek af dat hulle per motor gereis het. Gesoute politici vlieg gewoonlik.

Sarie ·

Èk beter versigtig wees wàt ek sê, anders word ek van my “Pensioenaris” – pos geskors!!!

gert ·

Fransman was nog altyd uitgeslape persoon,hy wat saam Zuma met die bendelede verkeer,glo ek nog dat die klaer reg is. En soos MJL ook se snaak dat hulle nie vlieg nie,iewers maak dit nie vir my sin nie

Bruno Stef ·

Fransman jou ou skandemaker kom al die pad vanaf Kaapstad af om hier te kom skandes maak maar ter versagting kan jy aanvoer dat iemand agter jou Joppie aan is.Wat ek wil weet hoe gaan jy in die geselskap van die klaer weer die terugreis gaan hanteer of gaan jy maar net eenvoudig stilstuipe kry.

elize naude ·

dit is skokkend hoe sa-ners sondags in die kerk kan sit en hier deur die bank mense kan veroordeel alhoewel hulle geen feite in die hand het nie!!!
ag ekskuus dit kom seker van die lot wat sonder sondes is… of te veel…

AH ·

Ek wens daar was n manier om ons mense met iets tussen die ore se kommetaar by Fransman te kry. Hoe lyk dit Maroela kan julle help

GES ·

Laat die gereg sy gang gaan. Die storie het ‘n stink reuk maar weldrae sal iemand met die waarheid te voorskyn kom. Die waarheid maak tog sooo seer!

Dan ·

Ja ou Fransman , boontjie kry sy loontjie. jy het mos altyd n meerderheid waan omtrent jou self, ook al gedink jy is untucheble ne, kry vir jou.

Johann Marx ·

Daai girl kan bly wees Fransman is nie ‘n regte Frans man nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.