Franziska is verkrag, hoor hof

Die vangwa waarin die verdagtes vervoer is. Foto: Carla Bernardo/ANA

Die vangwa waarin die verdagtes vervoer is. Foto: Carla Bernardo/ANA

Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger, het Vrydagoggend in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Dit het tydens die hofverskyning van die vier verdagtes, almal in hul 20’s, aan die lig gekom  hulle sal tereg staan op ʼn aanklag van moord, drie van verkragting en een van roof met verswarende omstandighede. Die staat het dit egter nie duidelik gemaak wie op watter aanklagte hulle tereg sal staan nie.

Volgens die staat is semen op die moordtoneel gevind en vir ontleding gestuur. ʼn Groep mense het Vrydagoggend voor die hof bymekaargekom ter ondersteuning van Franziska se ouers, Andreas en Shireen.

“Franziska was een van ons leerders en dit ons verantwoordelikheid om ondersteuning te bied,” het Thomas Knemeyer, raadslid van die Constantia Waldrof-skool, gesê. Knemeyer het gesê die moord op Franziska was die ergste ding wat met die skool kon gebeur. “Aan die een kant gaan alles soos gewoonlik  voort, maar aan die ander kant is daar elke nou en dan studente wat onbedaarlik sal begin huil.”

Maroela Media het vroeër berig die drie verdagtes is Dinsdagaand in verband met die moord in hegtenis geneem. Die polisie het Donderdag bevestig ʼn vierde verdagte is in hegtenis geneem.

Franziska is Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Die gr. 10-leerder het saam met haar ma en die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verderaan weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael ·

Hou ‘n referendum met die komende munisipale verkiesing en laat die mense besluit of die doodstraf moet terugkom.

Ben ·

Demokrasie is een ding, maar ‘n “Licence to kill” is wat “ons” gekry het, aldus die oorgrote meerderheid. Met geen afskrikmiddel teenwoordig meer nie, is ons op die rand van ‘n katistrofe.

Willie ·

As mens Godsdiens en dissipine uit alle mediums uithaal, Sit mens met die gemors.

Gesiggie ·

Hierdie meisie so onskuldig… hoe wreed van monsters soos jul, wat haar lewe van haar weg gevat het en dan nog plesier daaruit wou kry”’ sieklik” en dan is dit nog 4 van jul? My hart bloei vir haar ouers.. ek hoop hierdie 4 varke word swaar gestraf, ouers kyk na jul kinders, as eers een keer sal dit weer gebeur? Hierdie moordenaars het geen gevoel” Mag die ouers van Franziska gemoedsrus vind.. Daar wag nog baie swaar tye. Sterkte

Gerd Lourens ·

My innige meegevoel met die familie en vriende.
Hoop die skuim kry wat hulle toekom!!!

Veritas ·

Ek wed enigeen dat ‘Tik’ weer die skuld gaan kry. Die mode, om dwelmmisbruik, as rede vir versagtende omstandighede, aan te voer moet gestaak word. Inteendeel, dit behoort as verswarende omstandighede te dien.

seugnet ·

My hart gaan uit na die ouers.Here vetroos hul asb en hou hul styf vas in U hande.

Chris W ·

Dis hartverskeurend as mens net dink waardeur sy moes gaan voor hulle haar vermoor het.Maar volgende week is hulle weer uit op borg en loop lekker en spog oor als in die strate .Ek voel die borg storie behoort drasties verander te word.

Michelle ·

Dis so hartseer en tragies om te lees wat hierdie onskuldige mooi dogter moes deurmaak voor hulle haar vermoor het. Kan nie dink hoe die ouers al hierdie dinge moet verwerk nie…Die pyn en hartseer waardeur hulle moet gaan. Sterkte aan almal wat haar geken het.

Cecilia ·

Dis nie diere wat so optree maar eerder demone! Sulke dade kom van satan af.

Charles ·

En wanneer hulle in die hof staan sal “apaarthaaid”en rasisme seker weer die skuld kry vir hul barbaarse optrede!!! Ons hoop en bid vir haar naasbestaandes dat die Here hulle deur hierdie tyd van pyn en hartseer sal dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.