Franziska-saak: Twee mans gevonnis oor foon

Franziska Blöchliger

Franziska Blöchliger

Franziska Blöchliger

Franziska Blöchliger

Twee mans, in besit van gesteelde eiendom wat aan die vermoorde Kaapstadse tiener Franziska Blöchliger behoort het, is gevonnis.

Jerome Moses (25) en Daniel Easter (33) het Vrydag in die Wynberg-distrikshof verskyn voor landdros Sylvia Mandla waar hulle skuldig gepleit het op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

Staatsaanklaer Nicky Konisi het versoek dat die mans tot tronkstraf gevonnis word. Landdros Mandla het die mans egter tot ʼn boete van R5 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis. Die mans was in besit van Franziska se Apple iPhone wat gesteel is toe sy verkrag en vermoor is in die Tokai-woud.

Die mans is albei werkloos en het aangedui hulle kan nie die boete betaal nie. Landdros Mandla het die tronkstraf toe vir vyf jaar opgeskort. Jonathan Jonas, wat op dieselfde aanklag as die ander twee mans tereg staan, het aangedui hy sal onskuldig pleit. Sy saak sal weer op 17 Maart voorkom.

Moses, Easter en Jonas het aanvanklik ook tereg gestaan op aanklagte van verkragting, moord en roof maar dié aanklagte is verlede maand teruggetrek.

Die ander beskuldigde, Howard Olivier, word egter steeds van moord en verkragting aangekla. Hy het vroeër gesê hy sal skuld erken op ʼn aanklag van roof, maar skuld ontken op die ander twee aanklagte.

Die landdros het egter gesê die feit dat hy skuld wil erken op die aanklag van roof plaas hom op die toneel waar die moord en verkragting plaasgevind het. Olivier het om borgtog aansoek gedoen, maar dit is geweier.

Franziska se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie teruggekeer het nie. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon Blöchliger is verkrag. Sand is in haar keel gevind en daar was wurgmerke aan haar nek. Sy het glo versmoor toe haar gesig in die grond gedruk is.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Ja met al die mmm en haa van ons liewe regstel gaan die beskuldigdes seker ‘n twee derde van die vonnis uitdien, pateties

Lou ·

Hi Johann, Lees weer. Die beskuldigdes het gesê dat hulle nie die boete kan betaal nie toe word die tronkstraf opgeskort. Hulle is dus reeds vrygelaat.

jaco ·

Die slagoffer was n wit buitelander, so who cares. Ons regstelsel is skandelik.

Paul ·

Ummm, nee. Sy was die kind van ‘n Switserse immigrant en ‘n Suid-Afrikaanse “bruin” vrou.
So nie ‘n buitelander nie, en ook nie “wit” volgens die definisie wat jy waarskynlik dink vreeslik belangrik is nie.

miemie ·

Aangesien hulle nie die boete kon betaal het nie moes hul mos tronk toe gaan dis skokkend so enige mens wat nie werk nie kan maar steel en dan n opgeskorte vonnis kry

AL ·

Die kwessie is of jy werkloos is, of te lui is om werk te soek. Geen mens wie werkloos is en by misdaad betrokke is, is rerig werkloos nie. Dis nie die eerste keer dat hy n selfoon steel nie. So noem eerder by sy beroepstatus: Krimineel.

W ·

Dink net hoe voel haar ouers. Altyd die ander wang draai vir slegte krimenele. Los die klein vissie dan word hy die groot vis. In China het 3 voertye oor ñ klein meisie gery(dink sy was 3). Nie een het gestop nie. Sy is in hospitaal dood. Almal het te kere gegaan oor hoe onmenslik en koud die mense geraak het. Met ons baie hoë misdaad het ons regstelsel ook koud en onmenslik teenoor die slagoffer geword. Hoop die regter voel goed oor haar besluit. Sy het ñ kans gehad om verskil te maak en dit laat verbygaan.

Tersia Smit ·

Die wet sê dat ninimum vonnis vir doodstraf 15 jaar is en nou is hulle vrygelaat! Belaglik!!

Voorlaaier ·

Hoe dan nou?…As jy ni di boete kan betaal ni moet jy dan di 12 maande uitdien?………..of hoe?

ken van benoni ·

Ek. Is stom geslaan. Nie eens rottang houe nie, dan word hul menseregte geskend. Pateties!!!!

Christa ·

Hierdie regsmense wat skurke so ligtelik laat loskom moet onthou: hulle het OOK familie!!!

Nita ·

Dink julle rerig net een mens het al daai gruwelike goed aan die meisietjie gedoen. Die deler is net so goed soos die steler. Al drie moes lewenslank gekry het. Hierdie gewetenlose skurke se name sal weer in die nuus gesien word. Waarom sal hulle ophou misdaad pleeg???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.