Franziska se moordenaar gevonnis

Franziska Blöchliger en haar ouers.

Howard Oliver (27) is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad vir die moord op en verkragting van die 16-jarige Franziska Blöchliger gevonnis.

Die hof het besluit daar is geen dwingende redes hoekom daar van die minimumvonnis vir die aanklagte afgewyk moet word nie en Oliver is tot twee keer lewenslank gevonnis vir moord en verkragting. Hy is ook tot ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf vir roof gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig Oliver het verlede week skuld op die aanklagte teen hom erken en ʼn volle bekentenis voor die hof afgelê. Hy is gevolglik op al drie aanklagte skuldig bevind. In sy bekentenis wat aan die hof voorgelees is, vertel Oliver in grusame besonderhede hoe hy Blöchliger op 7 Maart 2016 in die Tokai-woud in Kaapstad van agter af oorval het toe sy in die woud gaan draf het.

Oliver het haar gewurg totdat sy bewusteloos geword het, en haar toe deur die fynbos gesleep tot op ʼn plek waar niemand hulle sou kon sien nie. Daar het hy haar verkrag en van haar selfoon, diamantring en oorfone beroof. ʼn Nadoodse ondersoek het later aangedui die oorsaak van Blöchliger se dood was versmoring, as gevolg van haar gesig wat teen die grond gedruk was.

Jerome Moses (25) en Daniel Easter (33) is in Februarie vanjaar tot ʼn boete van R5 000 of 12 maande tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis vir die besit van gesteelde goedere wat met Blöchliger se selfoon verband hou. Hulle het skuld op die aanklag erken.

ʼn Brief van Blöchliger se ouers is vroeër as deel van die voorvonnisverrigtinge in die hof voorgelees en daarin vertel die egpaar hoe hul lewens onomkeerbaar verander het sedert hul dogter se moord. “ʼn Jaar ná haar dood sukkel ons steeds met ons hartseer en skok oor haar moord. Die verlies van ʼn kind is byna onbeskryflik. Daar is pyn, daar is hartseer, daar is angs, maar aanvaarding is die moeilikste. Om te weet dat jou kind gely en jou in daardie tyd nodig gehad het, is vernietigend,” het die egpaar geskryf.

In ʼn brief van Oliver wat ook verlede week in die hof voorgelees het, het hy gesê hy het nie bedoel om Blöchliger te vermoor nie en wou haar net van haar selfoon beroof. EWN het berig Oliver het gesê hy weet nie “watter bose gees oor hom gekom het” dat hy haar verkrag en vermoor het nie. Hy het aan die Blöchliger-familie om verskoning gevra en hulle gevra om hom te vergewe.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Charmaine coetzee ·

Moes eintlik heeltemal uit die samelewing verwyder word moet in die tronk sit tot die dood niks kan die hartseer van n verlies van n kind vergeet !!!!!

Engela de Klerk ·

Liewe familie van hierdie pragtige en kosbare dogter, ek bid met trane in my oë vir julle. Duidelik dat julle ‘n liefdevolle familie was. Ek wens ek kon julle fisies vashou en troos.

Candice ·

Hulle moet vir die wat lewenslank gestraf word, die keuse van doodstraf gee, dit kan dalk belasting betalers ‘n geldjie spaar, want dis mos maar nie gesonde mense wat so optree teenoor sy mede mens nie.
#onreabiliteerbaredier

Wonder net ·

Ek sal graag wil weet hoe werk ons regstelsel! So bly oor die vonnis maar Maart 2017 het my pa se moordenaar maar net 15 jaar gekry vir moord en ook 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede maar vonnisse word saam uitgedien. Dis aan my gesê hy’s eintlik te swaar gestraf.

De Villiers ·

My hart gaan uit na die slagoffer se familie. Dit moet verskriklik wees wat hulle al moes deurmaak.
Die feit dat die moordenaar die blaam vir die moord op ‘n ‘bose gees’ plaas, is belaglik. Omdat hy berekend was om die selfoon te steel, was klaar genoeg rede daar hy tot meer in staat is.

al ·

Ek is baie bly oor die swaar vonnis. Die moordenaar lieg ook baie. Hoop hy kom nooit weer uit die tronk nie.

Ai ·

Hierdie storie het my so baie gepla, om te dink die meisiekind net die mooi smile en wit daisies in haar hare is so wreed weg geruk van haar ouers. My hart is stukkend vir hulle.

Ja ek sal goed glo die barbare is besete want wat hulle doen is uit die hel uit.

Landi ·

Ek het die storie gevolg en geen mens het die reg om n ander se lewe te neem nie. Nou vra hy om vergifnis, jammer maar ek kan nie dink hoe n ouer iemand kan vergewe wat jou kind se lewe op so n wrede manier geneem het nie. Ek sal nie kan nie. Ek is net hartseer dat n mooi jong meisie alleen in die woud gaan draf het soos wat berig was. In vandag se lewe is dit so gevaarlik en sy het wreed met haar lewe betaal. Dis so hartseer dat jy n gevangene in jou eie land is en nie eers meer die natuur kan geniet nie, maar ja dis seker weer n les vir ons almal….hoe ons lewe in hierdie mooi land,

Johann Marx ·

As jy dit aan een van my geliefdes doen moet jy die regter smeek vir ‘n baie baie lang vonnis, want die tronk gaan jou beskerming wees teen my. En as jy dink aan parool….sal ek nog steeds vir jou wag sodat ek “afsluiting” kan kry. Die regering kan blykbaar nie hierdie tipe gemors uitsorteer nie……nes alles anders. Ons sal dit ook maar dan moet “self doen”….nes alles anders.

Ontnugter ·

Johan, ek het dieselfde storie gehad met my pa se moord. Toe ons vra dat hy sy vonnis moet uitdien en nie vir parool in aanmerking mag kom nie, het die regsmense vir my geantwoord “elkeen het die reg op parool” Die moordenaar gaan dus net vir 5 jaar sit en parool kry. Dis wat ‘n lewe werd is in SA

Francois du Toit ·

Skynbaar is Chris Hani se lewe meer werd as ander.

Justice ·

Waarom al die vonnise van 2 keer lewenslank en 15 jaar wanneer dit gelyklopend uitgedien word wat effektief slegs 15 jaar is? Dit behoort opeenvolgend uitgedien word met die gevangene se keuse van die galgtou ten enige tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.