Franziska só vermoor

Franziska en haar pa Andreas.

Franziska en haar pa Andreas.

Franziska Blöchliger (16) het versmoor nadat daar sand in haar keel afgedruk is en haar gesig in die grond gedruk is, het die Wynberg-landdroshof Donderdag gehoor.

Die nadoodse ondersoek het ook gewys dat sy met ʼn stomp voorwerp geslaan en verkrag is. Vier mans is tans in aanhouding op aanklag van verkragting, roof en moord nadat die tienermeisie se liggaam op 7 Maart in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad gevind is.

Die vier verdagtes se name kan nie bekend gemaak word voordat hulle gepleit het nie, weens die verkragtingsaanklagte. Twee van die verdagtes het Donderdag met hul bogtogaansoek voortgegaan. Een van die beskuldigdes het vroeër sy aansoek om borgtog laat vaar aangesien hy tans op parool is in ’n ander saak. Die ander verdagte het Donderdag besluit om nie vir borgtog aansoek te doen nie.

Die twee beskuldigdes wat om borgtog aansoek doen, het beëdigde verklarings by die hof ingedien. Een van die beskuldigdes het aangevoer hy is verslaaf aan dwelms. Monique Carstens, sy regsverteenwoordiger, het aangevoer dit is noodsaaklik dat hy vrygelaat word sodat hy na ʼn rehabilitasiesentrum kan gaan. Hy het vorige veroordelings vir huisbraak, diefstal en die besit van gesteelde goedere. Volgens die beskuldigde was hy in ʼn winkel toe een van die ander beskuldigdes hom genader het oor ʼn selfoon wat laasgenoemde wou verkoop. Hy het hom glo geld aangebied vir dwelms indien hy hom sou help om die foon te verkoop. “As ek geweet het waar hy die foon gekry het, sou ek hom nooit gehelp het nie.”

Bogenoemde beskuldigde sowel as die ander beskuldigde wat om borgtog aansoek gedoen het, ontken dat hulle enigsins betrokke was by of kennis het van die moord op Franziska. Die tweede beskuldigde wat om borgtog aansoek gedoen het, het gesê hy het vorige veroordelings vir diefstal en die besit van dwelms. Albei beskuldigdes het aangevoer dat hulle onskuldig is tot hulle skuldig bewys word en dat dit in belang van geregtigheid sal wees om hulle op borgtog vry te laat.

Landdros Hafeesa Mohamed het die saak tot 6 Mei uitgestel wanneer sy uitspraak sal lewer.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Judy-anne ·

Sies dit is vreeslik arme kind, dit moes verskriklik gewees het!!! hoop hulle vergaan in die tronk!!!

Michael ·

Weereens “uit op parool”! SA se regstelsel stel wets gehoorsame burgers teleur!

Anoniem ·

Ek is seker dis hier waar n ouer gertegtigheid in eie hande wil neem……..

lettie ·

Ek weet mens mag nie haat nie maar ek voel om te HAAT met hoofletters.
Ek mag nie oordeel nie maar ek moet myself keer om te dink hoe hul eintlik stuk vir stuk vernietig moet word.
Rus sag liewe meisie…sterkte ouers..my hart is stukkend vir jul part.

Hannelie ·

GEMORS!!! Doodstraf dis al wat haar vreeslike dood sal regverdig! Hulle verdien nie parool nie, hulle verdien nie tronkstraf nie. Hul verdien doodstraf. Anoniem ek stem saam met jou, mens kan nie anders as om hulle met’n passie te haat aan dit wat aan ‘n onskuldige kind gedoen is, en die manier hoe sy doodgemaak is, dis wreed verby. Ek hoop hul kry wat hul toekom

Bernard ·

Hoe kan jy so sê, ken jy hierdie prokureur. Ek word ook woedend as ek sulke goed lees nie maar ek kan nie die prokureur slegsê nie. Lees die kommentaar net bo joune dan sal jy dalk verstaan.

humor ·

Laat die psigiesversteurde, dwelmveslaafde lewenslank in die tronk sit dan is daar immers genoeg tyd vir beraad en herstel.

Nita ·

Stem saam. Een vrou een kind en doodstraf vir dwelmhandelaars. Dan behoort daar minder van hierdie hienas te wees wat los rondloop en dag en nag toeslaan op onskuldige prooi.

OumaLien ·

Dis so ironies dat die skurke se name nie noual genoem mag word nie, maar die stomme, onskuldige meisie se naam en die manier hoe sy aan haar einde gekom het word baie duidelik genoem. Kan jy jou net indink hoe angsbevange sy in daardie laaste oomblikke moes gewees het. RIP Franziska!

Bert ·

Deur om die beskuldigde van regsverteenwoordiging te ontneem bepleit julle eintlik ‘the law of the jungle’. Sterkte daarmee.

Hannie ·

Ag Monique….rehabilitasie sentrum vir die verslaafde moordenaar, en WIE gaan die duisende rande opdok vir die skurk, seker maar ek en jy, die belastingbetaler, en wie se hy wil soontoe gaan.

Joey ·

Soms wonder ek hoe leef sommige in regskringe met hul gewete saam. Dwelms het ‘n baie gerieflike verskoning geraak. Sy het seker nie ‘n dogter nie of is geld dan nou so belangrik. Ek is jammer maar ek het geen jammerte vir moodenaars nie- ongeag hul verskonings of beweegredes.

Vic ·

Niemand het nog borgtog verkry nie – hulle doen aansoek. En as die prokureur nie haar werk goed doen nie, kry die beskuldigde later kans op appel, weereens op die belastingbetaler se geld. Dit is dus in die belastingbetaler se guns as die prokureur haar werk goed doen.

Penellope Jones ·

Die wreedheid waarmee mense in hul gedagtes rondloop is onmenslik en skreiend. Mens kan amper nie dink dat n persoon met ‘n verstand so iets kan uitdink, beplan en uitvoer nie!
Wat het van hul gewete geword?

Johann ·

Presies dit: geen sprake van n gewete nie. Nie toe die wetters dit bedink of gedoen het nie. Nog minder nou…geen gewete…volgens my: geen genade! Dink so daaraan…die “reg” tot paroolaansoek teenoor n weerlose kind se reg tot lewe. Siek siek siek…

Mariaan ·

En die regsverteenwoordiger pleit nou vir parool! Verstommend. Hulle word op parool vrygelaat net om die volgende moord te gaan pleeg. Dit behoort tog nie so moeilik te wees om te vestaan nie. Onskuldige mense se lewens word in gevaar gestel. Hy kan sy rehabilitasie in die tronk kry as hy ernstig daaroor voel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Joann

Vergewis jouself gerus van ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname om seker te maak dat jou kommentaar uit verwyder word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elanie ·

Ek dink dit is uiters onsensitief om die tipe inligting so op die nuus te plaas. Ek as ma sal dit nie kan hanteer as my kind se dood gebruik word vir sensasionele verslaggewing nie. Laat asb die ouers toe om te treur oor hul kind sonder dat hulle oral om hulle in die nuus oor en oor van die wreedheid waarmee hul dogter vermoor is te moet sien en hoor.

Joey ·

Sterkte aan die ouers. Dit moet verskriklik wees om die feite so oopvuis te hoor. Mag God julle krag gee en jul dra in die tyd. Ek huil saam met julle oor die barbaarse optrede en moord op jul dogter.

Verbitterd ·

Elanie, ek stem een honderd persent saam met jou! Dit was baie beslis verkeerd gewees van hulle! Om te dink die beskuldigdes se identiteit word beskerm maar die hele wereld weet nou dat sy ook verkrag was met n harde voorwerp en hoe sy vermoor is!! En die ergste van alles, van hulle was reeds uit op parool toe hulle haar vermoor het!! Hoe werk dit dan nou? Verstaan nie hoe die hof dink en werk nie!! Dis mos logies hulle moet nie eers in aan merking kom vir borgtog nie!! Ek kan my net indink hoe haar ouers voel! Ek bid vir hulle!!

BAIE onstellend!!

R ·

Hoe absoluut verskriklik! En Monique wat is jou motivering? Geld ? Ek bid vir jou!,,,,,!,,

lien ·

As almal nou onskuldig is wie het dan gese van die sand en die selffoon en en en.

Engela de Klerk ·

Belaglik dat die sogenaamde verdagtes se name nie bekend mag wees nie! Die persoon wat vermoor is en hoe sy vermoor is, is bekend aan almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.