Fraser laat Zuma vry ná raad aansoek afkeur

Arthur Fraser, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste. (Foto: DKD)

Arthur Fraser, kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het goedkeuring vir oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool gegee ondanks die adviesraad vir mediese parool wat die aansoek afgekeur het.

Fraser het dit Woensdagaand in ‘n onderhoud met die SAUK bevestig. Hy het gesê die adviesraad het die aansoek om mediese parool afgekeur omdat hulle van mening was dat Zuma in ‘n stabiele toestand is.

Volgens Fraser het hy egter die inligting tot sy beskikking hersien en tot die gevolgtrekking gekom dat Zuma wel op mediese parool vrygelaat moet word. Hy meen die proses wat gevolg is, is wettig en dat ‘n lys van redes vir die besluit beskikbaar is.

Zuma is Sondag op mediese parool vrygelaat nadat ʼn verslag van sy dokter aan die departement oorhandig is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vroeër die week ’n amptelike skrywe aan Fraser gerig waarin die besonderhede oor Zuma se paroolvrylating dringend versoek word. Fraser is ingevolge die prokureursbrief versoek om teen 10 September daarop te antwoord.

In die brief word gevra dat Fraser inligting aan AfriForum voorsien wat sekerheid sal bied oor of Zuma se vrylating aan die tersaaklike wetgewing voldoen. Daar word onder meer inligting vereis oor of Zuma aan ’n terminale siekte ly wat sy mediese parool regverdig. “As ‘n terminale siekte nié by Zuma gediagnoseer is nie moet besonderhede oor die aard van sy besering, siekte of kwaal wat mediese parool regverdig bekendgemaak word,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, gesê.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

“Gegewe Zuma se goed gepubliseerde weiering om deur dokters ondersoek te word wat deur die Nasionale Vervolgingsgesag aangestel is, ongeag duidelike voorskrifte deur die KwaZulu-Natalse hooggeregshof, word volledige terugvoer versoek oor Fraser se gevolgtrekking dat daar nie ’n risiko is dat Zuma weer sal oortree nie. Ons soek ook ’n afskrif van die aansoek om mediese parool, in die voorgeskrewe formaat, wat deur Fraser oorweeg is sowel as ’n afskrif van die mediese verslag wat aanbeveel dat Zuma op mediese parool geplaas moet word.”

Roets het gesê dat Fraser se antwoord op AfriForum se prokureursbrief sal bepaal of verdere regsaksie nodig is, maar dat AfriForum se regspan gereed is om die saak verder te neem indien nodig.

Die DA het ook gesê hy sal ʼn aansoek in die hof bring om ’n rekord te bekom van die amptelike proses wat gevolg is om oor Zuma se vrylating te besluit.

Die party het vroeër gesê dié besluit is teen die wet, aangesien ʼn versoek om op mediese parool geplaas te word, eers deur ʼn onafhanklike paneel oorweeg moet word.

“Indien dit aan die lig kom dat Fraser sy diskresie gebruik het om die besluit van ʼn hersieningspaneel van die hand te wys, sou ʼn bepaalde proses gevolg moes word,” het DA-leier John Steenhuisen gesê.

Fraser is boonop ʼn bekende bondgenoot van Zuma en tree oor ʼn paar weke af.

“Dit is uiters belangrik dat die proses nie vir persoonlike of politieke gewin gemanipuleer word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Skuilnaam ·

Wel? Wat het julle verwag? Dat Zuma terug tronk toe gaan? Dream on…

Kobus ·

Indien dit ongeldig is sal slappies pappies (ons president) hom vryskeld. Watch this space

Inkpot ·

Ramaphosa het Fraser aangestel ondanks Fraser se reputasie, so nee, daar gaan niks gebeur nie.

Kokerboom ·

Die kader is gevaarlik!!!Bevestig weereens: Die ANC beheer die regstelsel, die ekonomie, die gesondheidstelsel….alles. Hul manipuleer en monopoliseer ALLES om aan hul sosialisties/kommunistiese politieke stelsel te voldoen. Hul is inherent verrot en totaal korrup en uit voeling met realiteit. Dit word daagliks gekondoneer deur hul president!! “Rough times lie ahead SA citizens”!

JM ·

Korrupte spul!! Die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis.

Misky ·

Wat is die nut van ‘n bevelraad as die man net maak soos hy wil? Groot gekroekery hier aan die gang en dit mag nie onder die mat ingevee word nie!!!!

Stephen ·

As die ondersoek toon dat Fraser onreëlmatig opgetree het, en daar is tien teen een ‘n 99% kans daarvoor, sit hom in die sel langs Zuma….. Dan kan hy en sy tjom tyd saam spandeer…

MAGRIETHA ·

So as zuma die wapen saak verloor en kry tronkstraf dans hy sommer outomaties op mediese parool , die stelsel net so inconsistant

Cherokee ·

Snaaks dat soveel kommentators dit is indrukwekkend beskou om kommentare af te sluit met ‘n paar ingilse woorde. Dit verleen nie status aan jou kommentaar nie… inteendeel..!

Elinette ·

Ou Cherokee …. al gehoor van Ingilse “auto correct”? Jong, dié slimfone van vandag … as jy nie mooi kyk wat jy tik nie, doen die goed sommer net wat hulle will … (sien nou wat ek bedoel?).

Zombie ·

Shame, dis voorwaar erg om met ń Engelse woord af te sluit. Nou begin ek maar met een.

marius ·

Alles deeglik beplan met die volle medewete van die hoof nar , wat ook voor die einde van die jaar sy tassies gaan pak . Hou maar dop .

Louis ·

Mens kan nie help wonder hoe groot CR vinger in daardie pastei gehad het nie, want in plaas van die besluit te kritiseer en te veroordeel was hy ook maar taamlik opgewonde oor die feit dat zuma sy ” laaste dae ” by sy familie kan deurbring.

piet ·

Hy het seker Zuma se R400 000 hospitaalrekening (sover) ook reeds goedgekeur.

VaalDonkie ·

Ek sou ook te bang wees om nee te se as Zuma my probeer “oortuig” om iets te doen. Kan hom nie blameer nie. Zuma is ‘n geval waar die ministers moet orders gee. Jy kan in baie gevaar wees as jou baas in die regering nie agter jou staan nie.

Elize ·

Ons is redlik keelvol om elke dag te lees van alles wat hulle verkeerd doen. Ons wil sien dat hulle vasgevat word en verantwoordelik gehou word vir hulle dade.

Inkpot ·

Die vraag is hoekom het Ramaphosa in die eerste plek vir Fraser aangestel gegewe sy geskiedenis.

Kobus ·

Want hy wat ons president is is slapper as wat ‘n jellie vis is. Net so korrup

Herman ·

n Blinde man met n stok kon dit sien kom. Net nog belasting betalers se geld gemors…..

Pieter ·

Vat die sleg anc se geld weg dan gaan jy n ander ding sien. Praat gaan ons net mooi niks help nie jy kry nie slegter as n kommunis nie.

Samuel ·

Wat kan ‘n mens sê? Die hele spul is skelm. Ek stem saam dat die ANC se sosialistiese-kommunistiese ideologie streng nagevolg word. Elke kader is verhewe bo die wet. Al gesien hoe skynheilig en met ‘n lang, stroewe gesig die Staatspresident praat van alles wat binne die raamwerk van die wet geskied? Een stel wette/reëls vir die ANC en ‘n ander vir die gewone bevolking.

Casper ·

Inligting tot sy beskikking.Hoekom het die adviesraad nie hierdie inligting onder oë gehad nie.Wie het vir hom alleen die inligting gegee.Ramlie sit agter hierdie parool.Hoekom kan Zumpie se mediese verslae nie bekend gemaak word nie en hoekom weier Zumpie dat ‘n dokter van die N V G hom ondersoek.Hy gaan nou weer appelleer tot in die konst. Hof.Hy verontagsaam weer ‘n hofbevel.Die hooggeregshof het beveel dat hy deur ‘n onafhanklike dokter ondersoek kan word.Hy gaan eerder sy graf sien as verhoor word en so gaan hy sy straf ontduik.

Casper ·

Hoekom kan hy dan nie vir Januz Waluz ook parool gee nie .Hy kwalifiseer al lankal.Die paroolraad het al sy parool goedgekeur.

Sonia ·

Ons wag vir die antwoord wat Afriforum gaan kry – AS hulle antwoord kry bygesê. Dankie Afriforum!

Ian ·

If he is guilty of misconduct Fire him and withhold his pension. I can’t see that he is above the president to release a prisoner without a board decision.

groenboer ·

Nou ja, geen verrassings daar nie, en ek ontstel my ook nie eers meer oor dié tipe van ding nie, want dit is standaard ANC-praktyk, en ‘n ou sal stapelgek raak as jy elke keer wat so iets gebeur weer van voor af moet kwaad raak.

Afrikaners moet nou begin besin oor oplossings, deur onsself, vir onsself. Die geraas oor wat die regering doen is duidelik meesal ‘n mors van tyd en energie.

Rooikopheks ·

Zuma weet te veel, as hy gaan praat oor wie almal se bankrekeninge sterk staan gaan meeste in regering se koppe rol. Tronke is nie groot genoeg nie.

Politikus ·

Sjoe! Kannie wag dat Sy Eksellensie Zuma weer oorvat at president van SA nie! Jippeee!!!!!

MrMagic ·

Hoop daar is nog plek vir Zuma, Fraser en bondgenote in Weskoppies. Moontlik kan hulle dan sommer ook in 7de Laan optree.

msp ·

Lyk vir my dat zuma se tjommie hom lekker gehelp het. Wys maar net weer hoe verdeeld die regering is . Nie eers die hoogste hof se bevel beteken meer iets nie. Lyk of Fraser nou die hoogste gesag van Suid Afrika is.

Asgat ·

Al die plannetjies is gemaak toe Zuma al sy tee partyjies gehad het…..

Pierre ·

Baie eenvoudige toets:
Stap 1: Hoeveel raad agkeurings was van tevore deer die persoon omgekeer
Stap 2: Is dit die norm dat die kommissaris deel neem aan besprekings

Dan daar kan `n eenvoudige aanname gemaak word of dit binne bestaande raamwerke en praktyke gesjied.

Boksombende ·

Die ANC mantra: “Ek krap jou ruggie as jy myne krap.”

Jr ·

VF neem kennis wat doen Afriforum en leer daar by. As hulle net as n party gerigestreer was sou ek en duisende vir hulle gestem het. Hulle en Solidariteit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.