Frats eis man se lewe op N1

Paramedici was gou op die toneel langs die N1, maar hulle kon niks vir die man doen nie. Foto: ER24

ʼn Man wat tot dusver nog nie geïdentifiseer is nie, is Vrydagmiddag in ʼn fratsongeluk op die N1-Suid in Randburg dood.

Die man, blykbaar in sy 30’s, was te voet langs die snelweg tussen die Malibongwe- en Beyers Naudé-afrit op pad toe ʼn vragmotorwiel hom getref het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die wiel wat van ʼn vragmotor losgekom het, het ʼn kort entjie gerol voordat dit die man getref het waar hy in die noodbaan geloop het.

Volgens Meiring het die metronooddienste verbygaande ER24-paramedici kort ná 12:30 gewys om stil te hou. Hulle het die man se liggaam langs die snelweg aangetref, en die vragmotor se wiel sowat 150 m verder.

Paramedici het vasgestel dat die man heel waarskynlik op slag dood is aan veelvuldige beserings.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Phil ·

Dit is jammer van die lewensverlies. Altyd tragies.
Volgens die verkeerswet is Voetgangers nie toegelaat op n hoofweg nie.

Wolkie ·

Mense dooi elke dag.. buitendien, hy moes nie daar wees, weet jy hoe baie mense was al in ongelukke betrokke en se lewens vernietig met voetgangers wat nie reels volg nie

Frats? ·

So n onnodige gebeurtenis – maar nie n fratsongrluk nie, want….voetgangers hoort nie op hoofweg!
WIMPY! Onnodig en onsmaaklik.

Swartwolf ·

Dis nou jammer ‘n persoon is oorlede in die “frats” ongeluk. Probleem is egter weekliks sterf voetgangers op hoofpaaie veral mense wat oor hoofpaaie hardloop. So ver as ek padreels ken word voetgangers nie op hoofwee toegelaat nie. Op die hoofwee wat ek gebruik sien ek elke dag net meer voetgangers. Waar is die polisieering ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.