Fratsongeluk eis man

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man het Donderdagaand in ʼn fratsongeluk in Midrand, Johannesburg, doodgebrand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man was in Rosemaryweg besig om aan ‘n heining te werk met ʼn blaasvlam, toe ‘n bottel remvloeistof wat langs hom gestaan het aan die brand geslaan het. Die brandende vloeistof het vermoedelik die man se klere laat vlamvat en hy het op die toneel doodgebrand.

“Paramedici het die man in ʼn sloot gevind met sy klere wat steeds gesmeul het. Hy was ongelukkig reeds dood,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring word die voorval deur die polisie ondersoek. Die plaaslike polisiewoordvoerder het egter by navraag nie kennis gedra van die voorval nie en Maroela Media wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê Frederik
Die berig is gewysig om dit duideliker te maak.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

François ·

Blaasvlam, heining,……. remvloeistof?! Watter een het brieke?

Nico Strydom ·

Dagsê Frederik
Die berig is gewysig om dit duideliker te maak.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Paul ·

“Die remvloeistof”??? Hierdie berig is bietjie TE kwistig geredigeer.

Deon ·

Remvloeistof is nie vlambaar nie sover ek weet dus hoekom dit op remme gebruik word

Paul ·

Versigtig, Deon! Remvloeistof het ‘n hoë kookpunt, wat dit geskik maak vir gebruik in hoëtemperatuur remstelsels. Die meeste soorte remvloeistof is egter wel vlambaar – nie alle soorte nie, maar die meeste, DOT3, DOT4 en DOT5.1 is gewoonlik vlambaar, terwyl DOT5 nie vlambaar is nie omdat dit silikoongebaseerd is, maar DOT5 is ‘n ongewone soort. Meeste karre in Suid-Afrika gebruik DOT4.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.