Fratsongeluk: Slypmasjien ‘amputeer’ werker se vingers

Argieffoto

Vier vingers van ’n werker se hand het Vrydagoggend in die slag gebly weens ’n fratsongeluk met masjinerie by ’n fabriek in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring paramedici is omstreeks 09:18 na ’n fabriek in Mkondeni ontbied.

’n Werker se hand het in ’n slypmasjien beland en dié masjinerie moes in geheel eers afgeskakel en gestabiliseer word voordat die man behandel kon word.

Volgens Herbst het die masjien vier van die man se vingers geamputeer en hy moes ontsettende pyn verduur. Hy is dadelik pynmedikasie toegedien voordat die masjien deur brand-en-reddingsdienswerkers uitmekaar gehaal is om sy hand te bevry.

Die fabriekswerker is daarna na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.