Fredi Nest in hospice opgeneem

Argieffoto: Fredi Nest

Argieffoto: Fredi Nest

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Die geliefde Pretoriase sanger Fredi Nest is in ʼn plaaslike hospice opgeneem.

Bino Boshoff, die familie se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê Nest (57) is Dinsdagmiddag vir behandeling opgeneem.

Boshoff het namens Nest, sy vrou Sylvia en hul kinders al sy aanhangers bedank wat hom in hul gebede opdra en vir hul boodskappe van bemoediging. “Ons doen ʼn beroep op almal om steeds vir hom te bid.”

Volgens ʼn inskrywing op die Facebook-blad, Fredi Nest Gebede vir Genesing, staan daar Nest word ‘n paar dae in die hospice versorg voor hy weer huis toe gaan. “Dit gaan onder omstandighede goed met hom. Hy is heel rustig en sonder pyn. Fredi en sy familie waardeer elke gebed en almal se omgee. Mense moet asseblief die familie en Fredi se privaatheid respekteer. Niemand behalwe familie word daar toegelaat nie. Die hospice vra ook dat mense hul protokol respekteer.”

Maroela Media het vroeër berig Nest ontvang bestraling nadat kankergewasse op sy brein gediagnoseer is.

Hy is in Mei uit die Steve Biko-hospitaal ontslaan nadat hy op 30 April in die hoësorgeenheid opgeneem is nadat hy vermoedelik ʼn beroerte gehad het.

Toetse het getoon hy het twee gewasse op sy brein nadat kanker in sy nek daarheen versprei het.

Boshoff het vroeër gesê Nest se dokters het besluit bestraling sal die beste behandeling wees.

Nest het op 3 September 2012 drie hartaanvalle gekry. Hy het die oggend by sy huis in Pretoria ineengestort ná twee hartaanvalle, gevolg deur ‘n derde terwyl hy in die Steve Biko-hospitaal besig was om ʼn angiogram te ondergaan. Hy was egter gou weer op die been en teen Oktober terug in sy ateljee en hard aan die werk.

Lees vorige berigte oor Nest op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

E Prins ·

Ons bid vir genesing Fredi. God is in beheer en hy doen wonders, ons moet net bid en glo.

deon eybers ·

Fredi ons gebede vir jou spoedige herstel Mag jy gou weer agter microfoon inzkuif

Esther ·

Sterkte Fredi en familie jul in my gebede. Ons dien n God van WONDERS. God hou jou hand styf vas.

Mariette ·

Sterkte ons het ‘n vriendin met breinkanker wat ook opgeneem is in “frail care” nadat gee verdere behandeling moontlik is nie. Moeilike pad vir naasbestaandes – ons bid julle alle sterkte toe.

Zelda ·

My hart en gebede gaan uit na die Nest gesin….Ferdi ons dink baie aan jou….ek weet dis nie n maklike pad vir jou en die gesin nie…Maar God sal jul deur dit dra in sy veilig hande….

Sandy ·

Fredi het eers met. Vrystaat Limousine die Suid Afeikaanse wereld verower, daarna het net in Afrikaans gevolg en toe n groot treffer getoor. Dit is van die liedjies waarmee hy die Suid Afrikaanse musiekmark verryk Ons as ondersteuners dink aan jou en bid vir jou . Laar die Here se wil geskied, want Hy is ons Geneser . Dankie Fredi vir jou altyd goeie musiek Sterkte

Sandra ·

Sterkte aan die Familie en Gesin van Fredie Nest. Hulle is nou by stap 10 van 100. My man ook (57) het prostaat kanker en hy is werkloos na sy werk hom laat gaan het. Hy is so pragtig en positief dat nie eers die kanker sy gees kan demp. So Laat Los en laat GOD. Ek glo die stap in julle lewe laat julle groei.

Debs ·

Ons almal dra julle op in ons gebede. Ons bid dat die Here julle sal dra en gebede sal verhoor en Fredi weer gesond maak. Daar is altyd hoop. Geloof, Vertroue en Gebede Plus Positiwiteit is iets om aan vas te hou. Sterkte en kyk op na Bo vir genesing. Die musiek bedryf mis jou ongelooflik Fredi.

RIa Sheppard. Welkom ·

Fredi en gesin, Ons staan by julle in gebed, en weet dat jy omsingel is met die liefde van ons Hemelse vader, Die planne wat God het is wys, en is altyd suksesvol na sy wil. Aan sy gesin, die pad vorentoe is nie maklik nie, hou net God se hand en bly altyd op julle knie.
Liefde vir julle.

Marie Maritz ·

Sterkte vir hom en sy familie ons sal julle in ons gebede onthou

Esme ·

My gebede is met jou Freddie, mag God jou en jou familie styf in Sy Arms toevou

Susan ·

Ons gebede gaan saam met hom en sy famielie. Sterkte hou vas aan God en Hy sal jou paaie gelyk maak..

VERWEY'S ·

Alle sterkte aan Ferdi en sy Familie.
God sal geneesing oor sy kinders versprei.
Glo en vertrou.

Susan ·

Baie sterkte liewe Fredie ons dink aan jou , en bid vir groot wonderwerk .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.