JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red
Die sanger Fredi Nest sterk in ʼn hospitaal in Pretoria aan nadat hy vermoedelik ʼn beroerte gehad het.
“Dit gaan goed met hom, hy raak beter by die dag,” het Jami-Lee Bouwer, sy woordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê.
Nest (57) is Donderdag in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem nadat hy tekens van beroerte getoon het. Hy het sedertdien ʼn prosedure ondergaan om drukking op sy brein te verlig. ʼn Breinskandering is ook gedoen wat gewys het dat hy twee gewasse op sy brein het. Hy is oor die naweek na ʼn algemene saal oorgeplaas.
“Die uitslag van toetse op die gewasse sal na verwagting Maandag bekend gemaak word, waarna sy dokters sal bepaal watter behandeling vir hom voorlê,” het Bouwer gesê. Daar word verwag dat hy spoedig met bestraling gaan begin in ʼn poging om die gewasse te verwyder.
Bouwer het gesê Nest is in ʼn goeie luim en is baie positief. “Hy het nog pyn in sy nek en in sy kop, maar hy is reg om enigiets te hanteer wat vir hom voorlê en het gesê hy gaan vir ten minste nog 15 jaar lewe en musiek maak.”
Bouwer het namens Nest, sy vrou Sylvia en hul kinders al sy aanhangers bedank wat hom in hul gebede opdra en vir hul boodskappe van bemoediging.
Nest het op 3 September 2012 drie hartaanvalle gehad het. Hy het die oggend by sy huis in Pretoria ineengestort ná twee hartaanvalle en terwyl hy in die Steve Biko-hospitaal besig was om ʼn angiogram te ondergaan, het hy ʼn derde hartaanval gehad. Hy was egter gou weer op die been en teen Oktober terug in sy ateljee en hard aan die werk.
Sien ook: Video: Fredi Nest se boodskap uit die hospitaal
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Alle beterskap Fredi en mag God jou gou gesond maak sodat ons nog lank na jou musiek kan luister.
Ek het ‘n besig van cansa gesien waar in hulle bevestig dat Fredi kanker het wat blykbaar vinnig versprei na sy brein toe. Weet enige Iemand of dit waar is?
Sterkte Fredi, hoop jy hestel volkome, hou van jou musiek wat elkeen n storie vertel
hi freddi hoop jy word gou gesond ons mis jou by pienkies in witbank en onthou god se hand is oor jou sterk wees
Voorspoed en gou gesond word Fredi, ons wil jou volgende jaar by die Blikkiesfees sien, dink aan jou en ons gebede gaan uit na jou en jou familie .