Elsjé Stark, vrou van Friedrich Stark, een van die Binnelanders-vervaardigers wat op Kersdag oorlede is, het gesê die gesin gaan hom verskriklik mis.
“Dit is heeltemal voortydig,” het Elsjé bewoë aan Maroela Media gesê. Friedrich was 62 jaar oud. Sy het gesê hul drie seuns, onderskeidelik 34, 33 en 29 jaar oud, is ook baie geskok oor sy skielike heengaan.
Volgens Elsjé was Friedrich saam met sy sussie by hul woonstel in Kaapstad toe hy in sy slaap oorlede is, vermoedelik aan ʼn hartaanval of beroerte.
Ernst Swart, woordvoerder vir Binnelanders, is tans in Thailand. Hy het aan Maroela Media gesê Friedrich se afsterwe is ʼn baie groot verlies. “Friedrich Stark se sterwe laat ʼn leemte wat nie gevul sal kan word nie,” het hy gesê.
Stark was ’n prominente figuur in die televisiebedryf. Hy is bekend as regisseur en vervaardiger van veral Generations en Binnelanders. As jong akteur was hy te sien in onder meer Die Voortrekkers (1973), Môre, Môre (1973), Dingetjie is Dynamite (1975), Kiepie en Kandas (1981) en in die gewilde televisiereeks Net ’n bietjie Liefde (1977).
“Friedrich was sjarmant, gaaf, snaaks, vrygewig en baie slim,” het Mitzi Booysen, hoofskrywer en mede-vervaardiger van Binnelanders, gesê. “Wanneer dit nodig was, het hy my vir myself laat lag en ’n mens was altyd ten volle bewus van sy waardering en ondersteuning. Ek is seker dat almal wat deel is van die uitgebreide Stark-familie ook in skok is oor die nuus van sy ontydige afsterwe. Ek weet dat ek hom baie gaan mis, nie net as kollega nie, maar ook as vriend. RIP, Friedrich.”
Karen Meiring, M-Net: direkteur kykNET-kanale, het bygevoeg sy het “ongelooflike respek vir Friedrich as mens, vervaardiger en baanbreker in die televisiebedryf” gehad. “Hy was altyd hartlik en baie vrygewig met sy kennis en ervaring. Dit was ’n voorreg om hom as deel van die kykNET-kanale te kon beskou,” het sy gesê.
Maroela Media het vroeër berig kykNET en Binnelanders het Kersdag afskeid geneem van Stark en ʼn storielynskrywer, Elsabé Roux.
Saam julle hartseer, was n groot “fan” van hom…my innige simpatie! RIV Friedrich!
Ek en my man het gister n ou storie gekyk van 6 Soldate wat in Angola afgespeel het.En n vreeslike jong Friedrich Stark het daarin gespeel.Ons is baie verbaas om te hoor oor sy heengaan.Ons innige simpatie met sy gesin en familie.Die ou spelers het so goed gespeel dit maak mens hartseer om te lees dat so baie van hulle al oorlede is.
Friedrich Stark het in 6 Soldate ook gespeel.Hartseer oor al die ou spelers wat nie meer lewe nie.Innige simpatie aan die Stark familie
Hy het ook as kind gespeel in “Trompie en die Boksembende”.
Ek is baie geskok om te hoor van Friedrich se dood. Hy was nog so jonk. My innige simpatie aan sy naasbestaandes.
Waaraan is Elsabe Roux, die ander lid vd Binneland-span oorlede? Baie treagies
Dagsê Charmaine,
Lees gerus ons opvolgberig hier:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/binnelanders-skrywer-sal-altyd-in-ons-harte-wees/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Baie gragies om te hoor van Friedich se afsterwe. Was sy ouma nie ook jare gelede of saam met hom, of op haar eie, betrokke by televisieopnames nie? So ‘n bekkige ou tannietjie met kortgekrulde hare.
Jy is heeltemal reg, dit was sy ouma.
Sy het die rol van Tant Annie (saam met oom Thysie) gespeel, en haar naam was Francis Coertzen.