Frik du Preez herstel goed ná hartaanval

Frik du Preez, die rugbylegende en voormalige Springbokslot, is goed aan’t herstel ná sy hartaanval Donderdag.

Peet du Preez, eienaar van Leriba Lodge en vriend van Du Preez, het Saterdag aan Maroela Media gesê Du Preez is steeds in die hospitaal, maar sterk goed aan en is in ʼn opgewekte luim. “Hy het vanoggend sommer al klaar self gestort en hy lag en gesels. Nee wat, dit gaan sommer baie beter met hom.”

Maroela Media het vroeër berig Frik was Donderdag by ’n gholfdag by die Leriba Lodge in Centurion toe hy ’n hartaanval gekry het. Nadat hy en vriende klaar gholf gespeel het, het hy uit die gebou gestap en inmekaargesak. Hy is op die toneel deur ʼn paramedikus behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Daar is ʼn angiogram gedoen, maar die uitslae daarvan is nog nie bekend nie. Hulle sal moontlik vir hom ʼn hartmonitor gee, maar daar is geen sprake van ʼn operasie of so iets nie. Sy vrou was vanoggend by hom en sy sê hy voel goed,” sê Peet. Dit is nog nie duidelik wanneer Frik ontslaan sal word nie.

“Ons is groot vriende en ken mekaar al jare lank. Hy bly altyd daar by Leriba Lodge oor en dan kuier ons heerlik saam. Hy is groot boom, inderdaad ʼn legende.”

Frik het onlangs ʼn stryd teen kanker gewen. Hy het tussen 1961 en 1971 in 38 toetse vir die Springbokke gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christian Schoeman ·

Die beste nuus van die jaar. Hoop jy speel sommer gou weer gholf!

Delia ·

Sterkte Frik…dit kan net beter gaan!
Hoop net jy het nie na die wedstryd vd BB / Crusaders geluister nie….

Chris duPreez ·

Sterkte oom Frik en mag dit elke dag beter gaan. Dankie ook oom Peet. Chris duPreez

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.