Frik du Preez kry hartaanval

Die voormalige Springbokslot en rugbylegende Frik du Preez (81) sterk in ‘n hospitaal aan nadat hy ‘n hartaanval gehad het.

Du Preez was Donderdag by ’n gholfdag by die Leriba Lodge in Centurion toe hy ’n hartaanval gekry het. Peet du Preez, eienaar van Leriba Lodge en vriend van Du Preez, het gesê hulle het klaar gholf gespeel, en hy en Frik het nog gesels.

“Hy het uitgestap, want iemand sou vir hom iets bring, en toe val hy.” Volgens Du Preez was daar ‘n paramedikus op die toneel wat onmiddellik vir Du Preez begin behandel het terwyl ‘n ambulans ontbied is. Hy is hierna na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

“Ek was sowat twee ure ná die voorval by hom in die hospitaal, en daar lê hy en lag en vra wat het nou gebeur.”
Volgens Du Preez is ‘n angiogram intussen gedoen en gaan ‘n monitor gebruik word om te probeer vasstel wat die hartaanval veroorsaak het. “Hy sal moontlik al môre of Sondag kan huis toe gaan.”

Du Preez se vrou, Des, was by hom in die hospitaal. Du Preez het onlangs ‘n stryd teen kanker gewen.

Hy het tussen 1961 en 1971 in 38 toetse vir die Springbokke gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

As ons net nog ‘n paar manne soos Frik kon gehad het sou geen span ter wêreld ons kon wen nie, sterkte en gou gesond word

Conchetta ·

My ma Lena, vertel altyd staaltjies van hoe hulle as jong mense saam oom Frik du Preez en oom Mof Myburg in Bloemfontein gaan dans het of gaan rugby kyk het. Ekt oom Frik nog nooit ontmoet nie, maar dit voel of ek hom my hele lewe lank al ken. Sterkte oom Frik. Hoop oom voel Sommer gou weer perdfris.

Peet Schabort ·

Dis soos gister wat ek Frik sien op Loftus met die bal in die een hand en met die ander hand stamp hy die teenstanders af, Sterkte Frik!!

My tweesent bydrae ·

Alle sterkte . Oom is taai en sal mooi herstel .

Johan Gouws ·

Ek het voorreg gehad om saam met oom frik te kuier so maand gelede in groblersdal waar hy vir golfdag was. Die aand by loskop Valley lodge sal my altyd bybly. Oom frik jy is spesiaal

Johan Gouws ·

Oom frik jy is spesiaal. Onthou vir altyd ons lekker aand by loskop Valley lodge

Landi Maree ·

Sterkte Frik jy is n yster n laat jou ni gou onder kry
Sterkte en ook vir jou familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.