Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Du Preez is Vrydag op parool vrygelaat na ʼn beslissing van die paroolraad. Du Preez was in die Kgosi Mampuru-gevangenis aangehou. Christoff Becker is ook vroeër die week vrygelaat.
Becker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk.
Du Preez het in Julie vanjaar ʼn hofaansoek gebring om weer op parool vrygelaat te word. Die hof het gelas dat ʼn nuut aangestelde paroolraad Du Preez se moet heroorweeg. Die nuut aangestelde paroolraad het bevind dat die vorige raad se besluit om sy parool terug te trek, geregverdig was.
Du Preez het teen die besluit geappelleer waarna regter Tshifiwa Maumela in Augustus uitspraak voorbehou het.
Hy hoort in die tronk, As dit nie vir sy pa se geld was het hy nog gesit waar hy hoort
Ek is so gat vol vir mense wat mislukkings en net breinloos onnosel is wat dink die hof neem besluite op grond van die geld wat jy of jou pa het. Langenhoven het jare terug gese dat die dwase sal wys geag word as hy sy mond hou.
Praat jy wat baard het!
Die gemiddelde Suid-Afrikaner (insluitend die gemiddelde blanke) is so gebreinspoel dat hulle nie kan onderskei tussen geregtigheid en hul persoonlike menings oor persone in ‘n regsaangeleentheid. Sien:
http://www.news24.com/MyNews24/Waterkloof-4-Exploring-the-trial-20140218
http://nolstuijt.wordpress.com/tag/murder-of-vagrants/