Frikkie du Preez ‘se regte geskend’

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag beslis dat ‘n nuut saamgestelde paroolraad Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, se paroolaansoek moet heroorweeg.

Regter Eberhard Bertelsmann het beslis dat die besluit in Februarie om Du Preez se parool terug te trek, gebrekkig was.

“Die samestelling van die raad is sonder die wete van die applikant (Du Preez) verander. Een gemeenskapslid is met ‘n ander gemeenskapslid, wat nie deel was van die openbare verhore nie, vervang.

Die nuwe raad het toe sonder ‘n verdere verhoor beraadslaag en besluit dat die applikant se parool teruggetrek moet word. Die applikant het versoek dat sy paroolaansoek hersien moet word, op grond daarvan dat sy reg tot ‘n regverdige administratiewe proses geskend is,” het Bertelsmann gesê.

Hy sê die paroolraad se prosedures maak voorsiening vir ‘n openbare verhoor en dat Du Preez toegelaat moes geword het om dit aan te spreek.

“Die wyse waarop die raad tot sy beslissing gekom het, voldoen nie aan hierdie fundamentele beginsels nie. Die nuwe lid het geen bewyse aangehoor nie en is nie by die aansoeker se verteenwoordiger betrek nie,” Bertelsmann gesê.

Bertelsmann sê die paroolraad se besluit was fundamenteel gebrekkig en moet tersyde gestel word. Hy het opdrag gegee dat ‘n nuwe korrektiewe dienste en paroolraad binne 21 dae saamgestel moet word.

Bertelsmann het verder beslis dat Du Preez in aanhouding sal bly hangende die afhandeling van die nuwe verrigtinge.

Du Preez en Christoff Becker is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem kort nadat hulle op parool vrygelaat is. Hulle parool is teruggetrek nadat ‘n video, wat glo wys hoe hulle partytjie hou in ‘n tronksel, aan die lig gekom het.

Becker het onlangs ‘n soortgelyke aansoek gebring. Die hof het egter gelas dat sy aansoek nie dringend is nie. – Sapa

Lees ook:
Frikkie du Preez vra weer parool
Christoff Becker se ma glo afgepers, Valke ondersoek
Hof verwerp Christoff Becker se aansoek
Christoff Becker vra parool
Christoff Becker gaan weer parool vra
Christoff Becker oorgeplaas weens “wangedrag”
Becker glo weer met selfoon betrap
Waterkloof-twee bak brood in die tronk
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.