Fritz woedend oor talle skietvoorvalle in Kaap

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy woede uitgespreek oor die talle skietvoorvalle in die Kaap die afgelope week.

Daar was onder meer skietvoorvalle in Hanoverpark, Joe Slovo en Ravensmead. Fritz sal Woensdag met lt.genl. Yolisa Matakata, provinsiale polisiekommissaris, hieroor vergader.

“Die vlaag skietvoorvalle wat ons die afgelope week in die provinsie gesien het, is heeltemal onaanvaarbaar. Bendes en misdadigers kan nie toegelaat word om ons gemeenskappe uit te buit en te terroriseer nie.”

Fritz het Vrydag die Hanoverpark- en Philippi-polisiestasie besoek te midde van klagtes van lede van die publiek dat beamptes van dié stasies nie hulp verskaf wanneer dit versoek word nie. “Gemeenskapslede voel vasgevang in hul huise terwyl bendelede buite op mekaar skiet.”

ʼn 28-jarige man is die naweek dood en sewe mense beseer in ʼn skietvoorval in Hanoverpark. Die voorsitter van die Nyanga-gemeenskapspolisiëringsforum se broer is tydens nog ʼn voorval doodgeskiet.

In Ravensmead is die krieketspeler Vernon Philander se broer, Tyron Philander, Woensdag doodgeskiet.

Vyf mense is Donderdagaand koelbloedig by twee huise in Joe Slovo doodgeskiet. Ses verdagtes word gesoek in verband met die voorval.

“Geweldsmisdaad kan nie normaal in ons samelewing wees nie. Ek doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap wat inligting het oor die voorvalle om dadelik na vore te kom en dit by hul plaaslike polisiestasie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cabytheron ·

Ek wonder maar net, hoe sou die honderde duisende onwettige wapens in die kriminele hande beland? Is dit moontlik wapens wat ingehandig was by polisiestasies? Ek vra maar net!

My siening ·

ANC IS OPENLIK BESIG OM DIE OOS KAAP NA KAAP TE STUUR OM STEMME TE KRY, DA WORD WAKKER! HULLE WORD VOORSIEN VAN WAPENS.

Byekonfyt ·

Dis omdat anargie en wetteloosheid hoogty vier. Die Kinnear hofsaak kan dan a.g.v veiiligheidsrisiko nie eers voortgaan nie! Maak die polisie skoon en bid kliphard want net m.b.v. die Here se ingryping en beskerming kan hierdie situasie omgekeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.