Front Nasionaal wil restitusie instel op Republiek van Stellaland

front nasionaalFront Nasionaal het Sondag aangekondig hy wil ná die verkiesing op 7 Mei restitusie van die Republiek van Stellaland instel.

Republiek van Stellaland was ‘n Boere-republiek wat in Julie 1882 ontstaan het. In Desember 1884 het Brittanje dit binnegeval en oorgeneem. “Front Nasionaal het al die bewyse om restitusie vir die republiek namens die boervolk te maak,” het Hannes Engelbrecht, die party se leier, in ʼn verklaring gesê.

Engelbrecht het gesê die navorsing is gedoen deur die Boereleed-navorsingsinstituut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Demokraat ·

Voorspoed met julle aksie Front Nasionaal maar dit gaan ‘n lang en ingewikkelde proses wees en, indien dit slaag, nie sonder sweet, volharding en baie geduld nie.

Patti ·

Hannes Engelbrecht – die LEEU !
Dankie Front Nasionaal, sterkte met jul voorneme !

Dylan Nicholson ·

We trust that God will bless us with this opportunity to be independent, once again.

Mark Barker ·

Ons ondersteun julle en sal ook geldelik bydrae soos ons kan !!! Dankie dat julle opstaan en iets doen!!!!! Ons bid vir gregtigheid!!!!

Henrietta Klaasing ·

Fantasties! Daar was ‘n hele paar republieke wat internasionaal erken was, laat hierdie net die begin wees. Met die erkenning wat daar deesdae wêreldwyd is vir groepe wat hul onafhanklikheid vra, mag mens dalk net buitelanders se steun kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.