FSB waarsku teen Marc PH Investments (Edms) Bpk

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die Raad op Finansiële Dienste (FSB) het die publiek gemaan om versigtig te wees wanneer hulle sake doen met Marc PH Investments (Edms) Bpk, ʼn entiteit wat glo geld van niksvermoedende individue insamel.

Die organisasie het gesê Marc Ph Investments is nie gemagtig kragtens die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (Fais) nie, het die FSB in ʼn verklaring gesê.

Die FSB het inligting ontvang dat die maatskappy, wat deur Marcus Mpho Mokone besit word, lede van die publiek nader sodat hulle in die maatskappy kan belê.

“Beloftes word aan die beleggers gemaak dat hul geld vir ʼn maksimumperiode van drie weke belê sal word en dat die opbrengs by die belegging gevoeg sal word. Die maatskappy het egter versuim om die beleggers te betaal nadat die kontrakte verstryk het en het ʼn vervalste brief van die FSB aan die beleggers gestuur.”

In dié vervalste brief, gee die FSB glo opdrag aan Marc PH Investments dat hul beleggers klaringsfooie van minstens R2 500 aan die maatskappy moet oorbetaal voor hulle enige opbrengs sou ontvang. Daar is ook ʼn vervalste dokument van FNB aangeheg.

“Die FSB waarsku die publiek dat die organisasie nie enige betalings goedkeur wat beleggingstransaksies betref nie en sal nooit enige lid van die publiek vereis om ʼn ‘klaringsfooi’ te betaal nie. Die FSB is ook op geen manier verbind met Marc PH Investments of Marcus Mpho Mokone nie en die maatskappy is ook nie goedgekeur deur die FSB nie. Dit is ʼn vervalste brief.”

Die FSB maan klante weer wat van enige finansiële diens gebruik wil maak om voor die tyd met die FSB te bevestig of die persoon geregistreer is deur óf die tolvrye nommer 0800 110 443 te skakel of besoek die webwerf www.fsb.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kobus ·

Ai mense. ENIGE ‘belegging’ waar jy heelwat beter groei beloof word as by die bank is moeilikheid soek. Ek weet mense soek na drastiese groei vir hul skraal beleggings, maar aanvaar maar dat dit nie moontlik is nie.

Petros ·

Nou waar is die Reserwe Bank om dit stop te sit? Wat gaan gebeur as ek besluit om as ‘n mediese dokter te praktiseer? Gaan mense net gewaarsku word terwyl ek voortgaan met my praktyk? Dis wat ek aflei van die berig dat daar niks verder gaan gebeur?

Justice ·

Petros jy is in die kol – die FSB het al voorheen nagelaat om voortydig teen bedrieers op te tree. Met hierdie waarskuwing was hulle klaarblyklik nou hul hande in onskuld sou die huidige en toekomstige ongekunstelde beleggers geld verloor. Weereens ‘n voorbeeld van ‘n nuttelose regerings instansie sonder tande. Waarom sluit hulle nie Marc PH dadelik en vervolg Marcus Mpho strafregtelik nie? Die FSB hoop seker soos die beleggers dat ‘n wonderwerk met die tyd gaan gebeur.

Speedguard ·

Hulle is op die selfde plek toe W4U (Wealth for U) hul ding gedoen het on Port Nolleth met die diamante……………………nerens!!

Scalla ·

Hoe groter die opbrengs, hoe groter die risiko, mense is te geldgierig, daar is nie n vinnige manier om geld te maak nié,

ertjie ·

Is FSB die korrekte afkorting vir “Raad op Finansiele Dienste”? Laat dink my aan wanneer mense praat van die Suid Afrikaanse Uitsaai Korporasie as die “SABC”

Sune van Heerden ·

Dagsê Ertjie

Dankie vir jou navraag. Die “FSB” is inderdaad die bekender afkorting vir die Raad op Finansiële Dienste, eerder as RFD. Let asseblief daarop dat dit steeds die SAUK bly, maar wanneer daar na die kanale verwys word, is die SABC1 of SABC2.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.