FutureSA vra nasionale dag van wantroue in Zuma

Beskermhere van FutureSA tydens die perskonferensie (31 Julie 2017) Foto: Kathrada Foundation

ʼn Burgerlike organisasie het Maandag ʼn koalisie gevorm genaamd Future South Africa (FutureSA) en het dadelik Suid-Afrikaners versoek om deel te neem aan ʼn nasionale dag ter ondersteuning van die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma.

Zuma moet op 8 Augustus in die parlement verskyn waar daar oor ʼn mosie van wantroue teen hom gedebatteer sal word te midde van toenemende kommer en tallose berigte van moontlike korrupsie met die welgestelde en omstrede Gupta-familie.

Persone wat die bekendstelling by die Ahmed Kathrada-ouditorium in Aucklandpark bygewoon het, sluit Sheila Sisulu in, die eerste swart vrou wat Suid-Afrika as ʼn ambassadeur in die VSA verteenwoordig het. Zwelinzima Vavi, leier van die nuwe South African Federation of Trade Unions, het ook die verrigtinge bygewoon.

“Ons versoek dat die land op 8 Augustus tussen 12:00 en 14:00 tot ʼn stilstand sal kom. Ons wil hê gewone mense, of hulle by die huis, by die werk of by die skool is, moet die strate invaar en hul stem laat hoor. Ons versoek diegene in Kaapstad om na die parlement op te ruk teen Zuma,” het FutureSA in ʼn verklaring gesê.

“Ons moet druk plaas op LP’s, om vir die Grondwet en jul kinders te stem,” het Vavi gesê. “Hierdie is vir die toekoms van Suid-Afrika.”

FutureSA het gesê as verkose verteenwoordigers is die LP’s “deur hul plig verbind” om Zuma uit te stem om die land van korrupsie en staatskaping te red.

“Die nasionale dag van wantroue moet die begin wees van daardie proses, waar burgers saamkom om ʼn skoon regering te eis en om ʼn beter toekoms vir ons kinders te eis.”

FutureSA-beskermhere sluit in Bruce Fordyce, Wayne Duvenage, Mavuso Msimang, Kumi Naidoo, Adrian Enthoven, Prema Naidoo, Shaukat Fakie, Giet Khoza, Cas Coovadia, Mosibudi Mangena, Vuyiseka Dubula, Sydney Mufamadi, Sipho Pityana, Ela Gandhi, Bonang Mohale, Terrence Nombembe en Zac Yakoob.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Apie ·

Ek ondersteun dit, maar om die regte redes. SUID-AGRIKA EERSTE!!

snoefie ·

wat van so n impromptu verkiesing’tjie op dievdag waar jy, sy, hy en ek ons kruisie kan gaan trek vir “laat Zuma bly of weg met Zuma?” dit sal wees “democracy in action.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.