FW de Klerk by amptelike roudiens gegroet

Oudpres. FW de Klerk is verlede maand in die ouderdom van 85 dood. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Suid-Afrika het Sondag amptelik hulde aan FW de Klerk gebring.

De Klerk, president van 1989 tot 1994, is op 11 November in die ouderdom van 85 ná ʼn stryd teen kanker dood. Hy het die Nobelprys vir vrede in 1993 met oudpres. Nelson Mandela gedeel nadat hy Mandela in 1990 uit die tronk laat vrylaat het. Mandela is in 1994 tot Suid-Afrika se eerste swart president verkies.

Pres. Cyril Ramaphosa het die huldeblyk by Kaapstad se Groote Kerk – een van die land se oudste kerke – gelewer en De Klerk “dapper” genoem omdat hy die demokratiese oorgang in 1990 van stapel gestuur het.

“De Klerk het teen elemente in sy eie staatsveiligheidsinstellings opgetree, en teen bittereinders wat bereid was om die wapens op te neem om die bestaande situasie te handhaaf,” het Ramaphosa gesê.

De Klerk se weduwee, Elita Georgiadis, het aan die sowat 200 roubeklaers gesê die oudpresident is dikwels misverstaan omdat hy so uiters korrek was.

“Ek sal nooit die man vergeet wat my bekoor het, wat gemaak het dat ek hom wil help om die enorme taak voor hom te verrig nie.”

De Klerk kon ook nooit vrede in die apartheidstelsel vind nie, het sy volgens News24 gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa oorhandig die Suid-Afrikaanse vlag aan Elita Georgiades, weduwee van oudpres. FW de Klerk, tydens die ampelike gedenkdiens in Kaapstad. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

“Dit het hom sielkundig geraak. Hy was ʼn baie private man, wat oor sy diepste siel en sy lojaliteit gewaak het. Hy het begin insien dat dit nie verraad beteken om geregtigheid te betoon nie, dit het geregtigheid beteken. Hy was altyd bekommerd oor die nuwe Suid-Afrika.”

ʼn Private misdiens en die speel van die volkslied het die seremonie voorafgegaan wat deur familielede, vriende, staatsamptenare en verskeie ander hooggeplaaste roubeklaers bygewoon is. Die Kaapstadse filharmoniese orkes het ʼn uitvoering gelewer en ʼn foto van De Klerk is tussen twee kerse voor in die kerk geplaas.

Ondanks ʼn positiewe beeld en goeie naam in die buiteland, het De Klerk menings in Suid-Afrika verdeel en sy dood het gemengde reaksie veroorsaak. Kritici van die oudpresident sê hy is onlosmaaklik deel van apartheid-era-misdaad en kon aanspreeklik gehou word as hy langer geleef het.

Ramaphosa het erkenning gegee aan dié gevoel van ongeregtigheid wat talle Suid-Afrikaners nog handhaaf.

Roubeklaers by die diens in Kaapstad se Groote Kerk. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

“Ons kan dit nie ignoreer nie en ons moet ook nooit die woede, die pyn en die teleurstelling van diegene wat die rol wat FW de Klerk in die hiërargie van ʼn onderdrukkende staat gespeel het, probeer afmaak nie.

“Ons moet nooit die ongeregtighede van die verlede vergeet nie.”

Buite die kerk het ʼn klein groepie betogers saamgedrom, maar die polisie het hulle vinnig weggelei. “Ramaphosa het simpatie met De Klerk, wat nooit verantwoording vir die sterftes gedoen het nie, maar het geen ontsag vir die slagoffers nie,” het Cassiem Khan, een van die betogers, gesê.

Opmerkings in sy laaste lewensjare het skade aan De Klerk se beeld aangerig en kritiek veroorsaak omdat hy versuim het om amptelik verskoning vir die misdade van apartheid te vra.

Hy het onlangs nog ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was, voor hy die stelling teruggetrek en om verskoning gevra het. De Klerk se stigting het ná sy dood ook ʼn video gedeel waarin hy verskoning vra vir die “lyding, pyn, onwaardigheid en skade aan swart Suid-Afrikaners weens apartheid”.

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het ná afloop van die gedenkdiens aan News24 gesê De Klerk was ʼn leier met “buitengewone moed” wat uiters belangrike besluite op ʼn kritieke tydstip geneem het wat eindelik ʼn burgeroorlog in die land verhoed het.

Zille was ʼn joernalis tydens De Klerk se termyn in die kabinet.

“Dit is belangrik om te noem dat dit De Klerk was wat al die wetgewing opgeskort het waarop apartheid berus het en die grondwetlike onderhandelings van stapel laat stuur het. Sonder hierdie groot gebeure sou die Suid-Afrika waaraan ons vandag werk, nie moontlik gewees het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Tiptol ·

In die video wat De Klerk verskoning vra vir apartheid het hy in die 2de deel van die video ook gesê dat wat nou aangaan in SA verkeerd is. Mense moet die volle video kyk.

Harley Davidson ·

Waar was sy check en balances waarmee hy die mense belieg het om ‘n mandaad te kry ?

Johan ·

Net so Johan….duisende Boere se bloed op sy hande agv sy onverskilligheid…hy was gewaarsku dat dit (SA) nie kan werk nie, en het net voorgegaan.

Harley Davidson ·

MM sal hierdie nooit plaas maar ek gaan dit van my hart afkry,de klerk was ‘n narsist wat baie bloed op sy hande het oor die ondeurdagte manier wat hy die afskaffing van apartheid geimpliminteer het.

melaney ·

STEM 100% SAAM MET JOU. DAAR WAS WEL BAIE VERKEERD IN DIE APARTHEID ERA, MAAR DIT MOES ANDERS HANTEER WORD. VANDAG SIT DERDUISENDE BLANKES OORSEE EN SWARTES BINNE IN SA BEGIN NOU ERKEN DAT DIE LEWE ONDER DIE APARTHEID STELSEL EINTLIK BETER WAS.

Werner ·

Landsveraaier daar is Meer geweld en Moore waar is die vrede

Pierre ·

Groter dapperder staatsman sal jy nie weer vinnig kry nie, hy het ruggraat gehaat en teen apartheid opgestaan of jy daarvan hou of nie, die land kon nie langer aangaan soos dit was nie, geskiedenis sal hom ken as n held en al die wat moan en groan sal vergete bly, rus in vrede ou grote.

twaalfboor ·

Burger oorlog se Zille? En wie dink sy dìe gewen het?

minnie muis ·

prez se ons mag nooit die verlede vergeet nie,,, so wanneer gaan ons dan eis teen britte om die boere republieke van vrystaat en tvl te vergoed, want meeste van ons se voorgeslagte was daar ….

Sasha ·

Hy kan onverskoning vra tot hy blou is, die skade aan Suid-Afrika is gedoen. Al wat ons nou moet doen is om vir ons as Suid-Afrikaanse burgers n beter toekoms te bou

Salome ·

Die grootste onreg wat gepleeg word, is rassiste teenoor blanke mense nou in Suid Afrika. Ons is ook hier gebore. Hoeveel van die ander mense is hier gebore. Baie het van ander Afrikalande na Suid Afrika gekom en nou moet hulle werk kry bo die mense wat hier bly. Hoeveel van hulle kry toelaes en SASSA pensioene. Dit is so onregverdig. Hulle moet terug gaan na hulle lande en dan sal dit sommer baie beter kan gaan in hierdie land. Die uitbetalings sal minder wees en daar kan beter dienslewering wees. De Klerk het ons oorgegee, maar hy het gedink hy doen goed. Nie gedink die land sal in so ‘n chaotiese toestand beland nie. Alles is ‘n groot gemors. Alles word afgebreek. Korrupsie, diefstal en moorde is die hoogte punte in hierdie land.

Jaco ·

Veel meer as net FW is te blameer vir SA se huidige chaos
Toe die verregse AWB in die 1980s ‘n volkstaat bedink het, het die regerende Nasionale Party gesê dis rassisme. Die regse Konserwatiewe Party en die ewe regse Herstigte Nasionale Party (vreemd; dié 2 partye kon NOOIT saamwerk nie) het gesê “ ‘n volkstaat kan nie werk nie”. In 1991, toe ALMAL al geweet het dat die ontbande ANC ‘n veelrassige verkiesing sou wen, het net 60 mense darem Orania gestig, maar na amper 30 jaar het Orania minder as 2000 mense, wat terloops in 8 kerke verdeel is.
Byna 1 miljoen nee stemme in 1992 se referendum was in 1994 af na 425 000 vir die Vryheidsfront.Die Konserwatiewe Party het mos daardie verkiesing geboikot. Daarna het die VF-Plus in elke verkiesing verswak, tot by bietjie van ‘n oplewing in 2019. Ons het kanse verspeel deur oplossings af te skiet met “dis rassisme” en “dit kan nie”, enersdenkende groepe wou ook nie saamwerk nie en ons boikot verkiesings.Ons grawe dus saam met FW ons eie graf

Harley Davidson ·

Orania is ‘n plaas in Suid-Afrika onderhewig aan Suid-Afrika reels en wette dit is nie ‘n onafhanklike volkstaat of land soos Lesotho nie .

Swerwer ·

Ongelukkig kan mens vergewe maar nooit vergeet nie!
“Ongeregtighede van die verlede is nie ‘n “PATCH” wat huidiglik aan die gang is nie.
Gelukkig dat elke mens sy eie opinie het.

Di ·

Nou wanneer gaan die ANC Kaders dan aanspreeklik gehou word vir al die gemors in die land en soveel mense wat vermoor is deur kriminele????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.