FW de Klerk het kanker

Oudpres. FW de Klerk. (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Oudpres. FW de Klerk het bekend gemaak dat hy met kanker gediagnoseer is.

De Klerk het Donderdag, op sy 85ste verjaardag, bekend gemaak dat hy met mesotelioom gediagnoseer is. Dit is ʼn kanker wat die weefsel in die longe beïnvloed.

Mesotelioom word vermoedelik deur asbesstof veroorsaak.

“Mnr. De Klerk sal van volgende week af immunoterapie ontvang,” het die FW de Klerk-stigting in ʼn kort verklaring gesê.

“Daar is geen onmiddellike bedreiging nie en ons is vol vertroue dat die behandeling suksesvol sal wees.”

De Klerk is in Oktober 2018 in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem waar hy ʼn geslaagde mediese prosedure ondergaan het vir pneumotoraks, ʼn toestand waarin ʼn abnormale opbou van lug in die pleurale holte tussen die longe en bors plaasvind.

De Klerk was die laaste staatspresident van die apartheidsera.

Sy seun, Willem, is in Oktober verlede jaar in die ouderdom van 53 oorlede. Willem (53) is in Durbanville in die Wes-Kaap dood nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard

Mag die liewe Heer hom bewaar en veilig deur hierdie beproewing lei. Ons bid vir sy spoedige en volkome herstel.

JM

Slegte nuus. Wens hom volkome herstel toe.

Androclus

Sterkte daar

Hennie J

Kennis geneem

Androclus

Aan diegene wat duime afwaarts wys gedruk het wil ek net sê dinge het verander,dit gaan nie help julle gaan die man in die hart dra nie God is daar,al was dit moeilike tye daardie.Vergewe en vergeet en jy sal sien jy beweeg aan,nou dra jy nog aan ‘n pak onvergewensgesindheid met jou onnodige laste.