FW de Klerk-stigting lê 45 klagtes oor rassisme teen witmense

'n Skermskoot van Siphosethu Nkala se beweerde Facebook-inskrywing. Nkala was 'n werknemer by Sasol, maar is afgedank ná die inskrywing aan die lig gekom het

‘n Skermskoot van Siphosethu Nkala se beweerde Facebook-inskrywing. Nkala was ‘n werknemer by Sasol, maar is afgedank ná die inskrywing aan die lig gekom het. Die skermskoot dien slegs as illustrasie en Nkala is nie noodwendig een van die persone teen wie die Stigting ‘n klag gelê het nie.

Die FW de Klerk-stigting het klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak teen 45 sosialemedia-plasings wat glo geweld teen wit Suid-Afrikaners aanhits.

Die stigting het gesê ʼn analise van Facebook toon “gevaarlike rassisme”.

“Meeste kommentators beskou [die voormalige eiendomsagent Penny] Sparrow se uitlatings en die gevolglike, minder omstrede uitlatings van [die afgedankte ekonoom] Chris Hart en [die afgedankte Idols-beoordelaar] Gareth Cliff as bewyse van ‘buitensporige’ en ‘algemene’ wit rassisme,” het die stigting Vrydag in ʼn verklaring gesê. “ʼn Analise van Facebook- en Twitter-boodskappe wys egter dat die kwaadaardigste en gevaarlikste rassisme, wat in uiterste en gewelddadige taal uitgedruk word, van ontevrede swart Suid-Afrikaners kom.”

Volgens die stigting is die boodskappe deurspek met dreigemente om alle witmense, insluitend kinders, dood te maak, om wit vroue te verkrag of alle witmense uit Suid-Afrika te dryf.

Die stigting, wat deur voormalige president FW de Klerk op die been gebring is, het nie aangedui wie die eienaars van die betrokke Facebook-rekeninge is nie.

Die MRK is versoek om sy eie ondersoek in te stel om te bepaal of die boodskappe op haatspraak neerkom kragtens artikel 16 van die Grondwet en artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (PEPUDA).

“Die stigting het die MRK ook versoek om seker te maak dat behoorlike stappe gedoen word waar menseregte geskend is, en, waar dit van toepassing is, kommunikasie wat direk aangehits het dat persone doodgemaak moet word of erge menslike beserings aangerig moet word, aan die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolging oorhandig moet word vir verdere oorweging.”

Talle klagtes is die afgelope paar weke aanhangig gemaak teen Twitter- en Facebook-gebruikers oor beweerde rassisme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Maddox ·

Nou ja toe, kom ons kyk of hiervan iets sal kom, maar ek hou nie my asem op nie.

Dave ·

De Klerk, hou op om te komkommer want daar is wigte en teenwigte.

chrisp ·

Hehe he.
Ja Dave as dit nie so hartseer was nie was dit uiters snaaks.

Shannon ·

Ja Dave, sy persoonlike wiggies het ingesluit sy verhuising na sy aangenome land Griekeland. En wanneer hy in SA vertoef is hy agter slot, grendel en sekerheids wagte.
Wat my verstom is die hoeveelheid ape wie hom nog steeds sien as `n soort mesias wie SA gered het van onvermydelike ellende soos bv. roof, moord, verkragtings, stakings en aaneenlopende armoede. En indien die NEE stem sou seevier sou daar `n totale ineenstorting van infrastruktuur wees – en dit sluit in goed soos eletrisiteit onderbrekings en water tekorte.
Die ‘side-show’ kaalkop by Nelson se saligmaking. Wie onthou hom ?

Rynhardt ·

Die De Klerk#stigting is gou om klagtes teen rassisme te le, maar jou leier FW is die oorsaak van alles toe hy Anc aanbewind gebring het.Wat het die stigting verwag? Waar was die De Klerk-stigting die afgelope 22jaar toe wit boere afgemaai is in sy reenboogland? Waar was De Klerk en sy stigting met regstellende aksie die afgelope 22jasr wat blankes ontneem van n toekoms in sy land? Jammer, maar die afgewaterde stigting praat lankal namens die meeste Afrikaners/Boere nie! De Klerk, u is lankal geen faktor meer in reenboogland nie!

Stokies ·

Kom tog net oor jouself. Dit gaan my verstand te bowe dat julle bly sanik oor wat hierdie man kamstig verkeerd gedoen het. Niemand kan die toekoms sien nie, so hoe weet julle dat as daar anders besluit is dat dit beter sou gewees het vandag. Dit is die verlede, kom by en probeer iets positief doen. Ek haat elke oomblik van alles wat verkeerd gaan in hierdie land, maar om te bly blameer gaan net mooi niks verander nie. Tenminste het hy n klag gaan le, wat het jy gedoen, behalwe om te blameer ?

Piet Snot ·

Stokies, jy’s deels reg. Maar hierdie man het, terwyl hy sy aandag by ons almal se toekoms moes bepaal het, eerder aandag gegee aan sy Griekse vriend se vrou.
As hy minder in anderman se vrou se oë gekyk het en meer aandag aan die taak ter hand gegee het, het ons dalk nou werklike wigte & teenwigte gehad.

Rynhardt ·

Stokkies, jy moet oor jouself kom omdat jy oningelig deur die lewe gaan.Jou De Klerk en NP het destyds gaan onderhandel vilgens Anc se Vryheidsmanifes.Dit beteken dat talle wittes, hul kinders en klein kinders nie n toekoms in SA het nie! Noem jy dit vir hulle? U geliefde De Klerk sit vandag in n pophuis van R30miljoen en het in 2010 n woonstel langs die kus van R33miljoen gekoop! Is dit reg? De Klerk ry met n koeelvaste voertuig en vertel vir alnal hoe wonderluk die nuwe SA is! Wie vrees hy? Verder kry u geliefde De Klerk n astronomiese pensioen elke maand van die mense wat hy uitverkoop het! Seker ook normaal in jou boek, veral as n mens nie van beter weet nie!

Shannon ·

Nee Rynhardt. Frik het bloot `n referendum uitgeroep waar tydens die blanke Suid Afrikaanse publiek kon besluit of hulle die ANC aan bewind wou het. Soos ons nou weet, het hulle dit gevolglik bevestig.
Of verstaan ek verkeerd ? Het Frik en sy ‘young turks’ 3 miljoen volwassenes om die bos gelei ?

chrisp ·

Shannon.
Nee dit is onwaar dit is nie waaroor die referendum gegaan het nie.
Lees gerus onderstaande.

Die vraag.
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Belofte
Met die opening van die parlement se hy dat daar weer ‘n referendum gehou sal word voor enige veranderings aan die grondwet.Dws die mense het gestem vir onderhandelings en nie oorgawe nie.

Hier is van die slagspreuke op hul plakkate.
• ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
• Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
• Ordentlike hervorming en redelikheid.
• Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
• Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
• Sterk en doelgerigte leierskap.
• ‘n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
• Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
• Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
• Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Jan maak n Plan ·

Die MRK sal hulle seker piets met n salie blaar takkie. Soos Maddox hierbo gese het daar sal niks van kom nie.

Theo ·

Stokies, jy en Piet Snot is beide reg. Hy was egter op sy kniee om ander redes gedurende daai tyd. Ons vergeet egter gou dat dit Roelf Meyer en Kie was wat die fatale fout gemaak het gedurende die onderhandelinge.

Rynhardt ·

CHRISP, dit is net ek en jy plus sekere opregte Afrikaners wat nog kan sien hoe De Klerk en kie.die res gespeel het! Die res is te blind van polities korrekheid.Chris, onthou jy nog hoe De Klerk verskeie kere voor die 1994 verkiesing gese het:”Nooit ooit sal die Afrikanervolk weer onderdruk word nie”.Die res het dit vergeet en word die Afrikanervolk nie vir 22jaar onderxuk nie? Net die wat met oop oe gaan deur die lewe kan sien wat aangaan in SA!

Frank ·

+1 vir Frikkie, vir wat dit werd is. Ek sou dink Afriforum moes so iets dryf…

Pieter.v ·

Frank is jy n lid van Afriforum? en as jy is, sal jy sien dat hulle baie bedrywig is en al baie vir ons gedoen wat almal wit en swart bevoordeel het en daarvoor kry hulle die meeste van die tyd nie erkenning so as jy nie lid is nie sluit aan dan maak jy ook n bydrae en sal in hul nuusbrief sien wat hul als doen

JD ·

Daar is honderde mense Wat in hulle persoonlike kapasiteit en ook ander instansies wat wonderlike dinge elke dag doen om almal wit en swart te help, nie een van hulle pyns oor herkenning nie, ek dink nie die blad is die regte plek om mense te recruit nie, gee jou mening oor die hoof storie hier bo of beweeg aan!!

Ek stem saam met almal wat hier hulle mening le, en ek wens ons kon dit reg stel maar soos iemand gese het dit gaan nie veel van n verskil maak nie, maar dan weer ek het al soveel wonder werke gesien Wat God al gebring het, so ons hoop.

Om mekaar sleg te se oor wie weet wat gaan nie die verskil maak nie, maar om ouens met julle kennis saam te sien staan , hel dit sal my hoop gee .

Vind mekaar praat tot julle een taal verstaan en maak dan n verskil!

PJ ·

Deur ou Frikkie dat dit so gaan ek dink hier kom n ding wigte en teenwigte

GES ·

As daar iets van gaan kom sal dit rassisme ‘n gevoelige slag toedien. Dit sal ook die kwaadstokers ontmasker en hulle maniere leer.

Piet Pompies ·

Ek is dit eens, net een hof beslissing dat haatspraak rassisme is en die weg word gebaan om die haatsprekers vas te vat.

rudi ·

Ek val amper van my stoel af! Ek kan amper nie glo wat ek lees nie. FW se oe wat begin oopgaan?

HEVW ·

Ek lees: ” Die stigting wat deur die voormalige president F W de Klerk op die been gebring is”…….. Die verwaandheid om dit nog na homself te vernoem Wil nog altyd in die kalklig staan. Jou tyd is verby.

HEVW ·

Frank. Afriforum veg reeds op soveel teryne verwag jy regtig hulle moet alles doen?

rudi ·

Hul kan sekerlik nie alles doen, maar hul kan ten minste hul huiswerk beter doen! Ek dra by elke maand na hul maar regtig waar!.. Daar is honderde ANC/EFF/XX anti boere gemors op die net wat met haat praat en daar is niemand wat hul op die bek slaan

Sue ·

Hopelik gaan rassiste van alle kleure en geure nou die vrug van hul haat spraak en onverantwoordelike optredes pluk.

Jz ·

Stem saam met stokies.hou op om te dink dit sou anders beter wees.Die wat so veroordeel kom deel ons mee wat julle sou doen wat sou beter wees.n werkende plan.dan kan ons oordeel of julle beter kon doen of so nie vergeet en kyk voorentoe.Die verlede kan nie verander word nie

Gemsbok ·

Die Wes-Kaap en Noord-Kaap, waar Afrikaans deur die meerderheid van die inwoners gepraat word, moes onafhanklikheid gekry het van die res. Dan kon ons daar self ons heil uitgewerk het sonder die ANC.

chrisp ·

JZ
Vir ‘n begin sou ek nie vir my mense iets belowe het om net dan die teenoorgestelde te doen nie.
As jy in daai tyd geleef het het jy duidelik vergeet.Indien jy nog te jonk was gaan kyk weer daarna .
Hierdie man is glad nie bedroubaar nie.

chrisp ·

JZ
Elke volk moet sy eie land he,dit is net so eenvoudig.Daardeur kan ook ‘n tipe federasie geskep word.Dit is al oplossing en ongelukkig dink ek dit gaan gebeur,maar die keer met baie bloedvergieting wat so onodig is.

Jz ·

EK WAG NOG VIR DIE BETER OPSIE.Chrisp federasie mag werk.nou die vraag wat het jjy al gedoen òm jou gedagte tenuitvoer te bring en wat het jy al gedoen om teen rassisme te werk.Indien jy belang stel waar ek staan baie verder regs as eenige bestaande party vandag.

chrisp ·

JZ.
Goe vraag en ‘n grondige een.
In kort net dat ek dit my misie maak om mense die leun van liberalisme te laat sien.Ek persoonlik is van mening dat die Afrikaner in sy wese konserwatief is.Verder is hulle ook gematig . Lg word uitgebuit deur die liberale leuns wat verspry word.Die ondersteuning van organisasies wat ons belange dra moet ondersteun word en ek glo ek doen dit.Ook help dit nie om elk sy eie ding te doen nie want slegs een sterk front sal kragtig wees.Wanneer so front dan groot en sterk word sal ons vir ‘n beter bestel kan veg of aanspraak maak.Tot dan glo ek dat ek veg om juis so front te versterk ten einde by lg uit te kom. Ten laaste dink ek dat ons na ons eie mense moet kyk ons belasting geld gaan reeds na die agtergeblewenes waarvan ons mense al meer deel word, sonder erkenning van die drie groot Politieke partye. Hier praat ek veral van die kinders ,baie van die volwassenes het reeds so ver verval dat ek van die opinie is dat dit reeds te laat is .

Al bg stellings is ‘n gemiddel van mense.

Stemja ·

Ons almal weet waarvoor JZ staan, maar in elk geval is jy en stokies nou in die minderheid en nie meer deel van die meerderheid JA stemme nie!

Jz ·

STEMJA. Verseķer weet jy nie waar ek staan nie.,maar ek weet jy het ook nie n plan nie en staan en raas op die kant lyn

Sputnik ·

10 uit 10 vir Stokies! Is hy/sy die enigste nugter een hier (behalwe ek)?

Jaco ·

Dis baie edel om oor al hierdie rassisme teen wit mense te kla, MAAR as hierdie rassisme ooit ter erg word, kan FW maklik met sy Griekse vroutjie Griekeland to verhuis. Die res van ons wit mense wat verder onder hierdie rassisme moet suffer, sal nie daardie voorreg/agterdeur/ontsnaproete hê nie…

Trolle ·

Se ek ook Jaco waar was hy die afgelope 20 jaar.Ek soek niks van hom nie daar is n wereldwye agenda teen witmense nie net by ons nie.Die probleem is by ons is ons in die mindere so ons probleem sal wegbly uit die media want oorsee gebruik hulle die verskoning dat die swartes is in die minderheid.Hoekom gaan maak hy nie sy mond oop in oorsee nie.Dis n NWO agenda die hulle plan is om ons uit te vee van die aarde af,want ons Afrikaners is n skande vir hulle wat die wereld nie mag weet van nie.
Ek sien daar is oor die 1 000 boere wat na Gorgia wil verhuis om daar te gaan boer hoekom was dit nog nooit in die nuus nie.Dit lyk na n baie mooi land ek is al siek en sat vir die rassistiese storie in die land geen mens kan jou kind in so land grootmaak nie.

Zach Coetzee ·

Die onvervulde onhaalbare beloftes van die ANC van die ‘struggle’, opgevolg deur swak landsbestuur en politieke leiers wat die skuld deflekteer na die wittes – van Riebeeck’, foutiewe en eensydige geskiedenis inhoud op skool, populisme, en ongebreidelde mites wat ongedaag toegelaat word om te gedy skep ‘n teelaarde vir eensydige blaamlegging en frustrasie by swartmense. Wittes voel die ekstreme verwagtings en politiek-korrektheid eise aan as eensydig en breek uit met relatief matige stellings. As gese word: Swak regering” word dit as rassisme afgemaak. Tewens enige uiting van wittes jeens di land word as aggressiewe rassisme afgemaak. Die histerie kan lei tot letterlike vertolking van swart rassistiese moordwense en dade deur die minder denkende massas. Die klagtes deur die Stigting gebruik juis die MRK as teenwig hiervoor – dus konsekwent tov die grondwet en hoe dit aangebied was tydens en na die onderhandelings. Of die teenwig enigsins genoeg tande het of ernstig opgeneem gaan word deur die bewindhebbers bly te siene. Die swart denkklimaat is al te ver heen. Dalk nou by Antjie Krog se daging aan swartes: “…..Se dan as julle ons dood wil he…..” en die suggestie dat wittes moet stilbly en dankbaar onderdanig die heersers moet aanprys. Terloops: Die huidige toonhoogte van swart debat herinner intens aan die 1930’s in Duitsland en die ongebreidelde skuldplasing op Jode van ouds – die gevolge daarvan is alombekend.

Champ ·

Ou Frikman aan bloed het jy jou skuldig gemaak met bloed gaan jy in dIe hiernamaals betaal. Los maar jou slim plannetjies SA is G vol vir jou punt!!!!!!!!!

Magda ·

Mense ons almal is kwaad en bekommerd. Waar is julle geloof. NET ONS HEMELSE VADER KAN ONS RED.
Dis tyd dat ons almal weer teug keer na GOD, werklik glo en vertrou.

JohannV ·

Die ou storie oor FW as verraaier en uitverkoper van die Afrikaners is ook nou al holrug gery en net so die een oor die JA-stemmery Om by die twee gedagtes te bly vassteek, gaan ons nooit vorentoe laat beweeg nie. Ekself is baie opgewonde oor wat Solidariteit en Afriforum vir Afrikaners doen. Ten minste bou hulle in uiters moeilike sosio-politieke omstandighede konstruktief aan ‘n toekoms en sit nie heeldag en teem oor die verlede nie. En terloops: die FW de Klerk-stigting doen goeie werk – hulle lewer ten minste ‘n positiewe bydrae – hier sowel as in die buiteland deur feite korrek weer te gee.

Liewe heksie ·

Dankie Magda Ek wou look my kommetaar lewer maar ek volstaan 100% agter jou Amen

Berhalet Beukes ·

Nou toe nou… Wie sou kon dink? Maar daar is veel meer as net 45 wat geweld teen blankes aanhits! Terwyl daar ‘n paar klagtes gelê word ondersoek nou maar die ander miljoene ook en kla hulle ook aan asseblief!

anniE ·

Nou wil jy jou bek oop maak toe jy ons land weg gee het jy nie gedink wat die gevolg was nie elke. 1 wat dood gemaak word se lewe in jou hand gaan sit op jou stoep dit is al wat jy goed is voor

Theo ·

Stokies, jy en Piet Snot is beide reg. Hy was egter op sy kniee om ander redes gedurende daai tyd. Ons vergeet egter gou dat dit Roelf Meyer en Kie was wat die fatale fout gemaak het gedurende die onderhandelinge.

Piet Snot ·

Ja, dis waar.
Wie sal ooit die Roelf & Cyril Show vergeet!

George in Bloem ·

Jare gelede het oorlede Eerste Minister John Vorster gese dat,en ek haal aan “if there is ever black majority rule in South Africa,the concequences will be too ghastly to contemplate.” Inderdaad profetiese woorde maar Slimjan De Klerk en sy trawante het mos van beter geweet? Wigte en teenwigte en minderheidsregte en die grondwet en gelykheid voor die reg en persvryheid en blah blah blah? Lyk vir my “the chickens have come home to roost.” Daar le vir ons baie moeilike tye voor.

Michael ·

Dit is soos om my aan te kla oor my boek laat is by die biblioteek

PJ ·

Wonder hoeveel het de klerk se grietjie bygrdra het tot die gemors sy is mos n “uitlander” en onthou die uitlanders mos vreeslik jammer gevoel vir die “onderdruktes”

Bach ·

Kan iemand vir ons vertel wat sou SA se posisie vandag gewees het as ons steeds apartheid soos van ouds gehad het. Slegs diegene wat die geskiedenis ken moet asb reageer.

chrisp ·

Bach
Ek ken die geskiedenis redelik .Ook sal daar baie wees wat dit beter ken.

‘n Antwoord op jou vraag kan ‘n enorme stuk behels.Hoe die RSA nou sou gelyk het sal bloot bespiegelings wees.Ek is egter vas oortuig dat dit baie beter sou wees mits ons die gronde van die RSA regverdig verdeel het.Daar is genoeg dokumentasie wat elke volk sy gebied weergee.Dws die Afrikaner kon net aanspraak maak op die ou Republieke en grond wat wettiglik bekom is(wat deur die wereld oa erken was).So ook die ander volkere.

Jy moet onthou dat die ou weermag en polisie uiters bekwaam was en dat die ANC eintlik net ‘n terreur organisasie met ‘n kantoor in London was(ek dink hulle het darem ‘n faksmasjien gehad). Hulle het by verre meer tereur teenoor swart mense gepleeg (Winnie met haar petrol en vuurhoutjies).Ek noem dit spesifiek omdat daar ‘n wanpersepsie is dat hulle ‘n groot bedreiging vir witmense was.As voorbeeld gaan kyk hoeveel witmense wreedaardig vermoor was toe in vergeleke met nou(dit is weglaatbaar klein).Die mense wat hulle befonds het leer nou duur lesse en dit is net die deposito.Dit was lande in veral die weste van Europa soos die Skandinawiese lande en Britanje.Ek dink die persepsie oor die Afrikaner sal deels verander juis omdat die mense dit nou aan hulle eie bas voel.Verder het die USSR verdwyn wat nog ;n grooert slag vir die ANC sou wees.

Wat die apartheidswette aanbetref is daar ‘n paar wat werklik swak was.Soos bv afsonderlike geriewe(eet,wasgeriewe ens).Die sou van ons wetboeke af moes gaan.Ons moet egter onthou dat Amerika veral dieselfde wette gehad het en dit maar etlike jare voor ons geskrap het.

Ek beveel egter ‘n boek aan geskryf deur ‘n Afrikaner ingenieur nou in die VSA wat volgens my die mees neutrale weergawe is van ons geskiedenis.Net soos ingenieurs maar is , deeglik nagevors amper tot vervelens toe(sy verwysings alleen is ‘n boek op sy eie).
AmaBhulu – The Birth and Death of the Second AmericaPaperback– February 25, 2014
Deur Harry Booyens geskryf.

Dit is werklik die moeite werd

Ns, Ek hoop jy sien die skrywe ek is bietjie laat.

Trolle ·

Bach teen die tyd sou apartheid al weg gewees het dit was PW se plan gewees.Hy sou dit net nie so skielik gedoen het om vir onbevoegde mense die land te gegee het nie wat alles wat staat besit het te verkoop nie. Dis so goed gewees jy gee vir iemand n kar om te ry maar hy weet nie hoe nie.

Hennie Theart ·

Ek lees so deur die poste, en dan voel ek neerslagtig. Baie mense het foute gemaak met die nuwe Suid Afrika. Daar is baie probleme – nou wonder ek net hoeveel van die poste hierbo se eienaars het regtig iets gedoen behalwe om te kla en ander te blameer. STOP JULLE BLAAM GOEIERY!!! Suid Afrika is nou waar hy is en ons almal kan iets doen:
– Stop om te blameer en doen iets in jou gemeenskap.
– Ondersteun groter forems soos Solidariteit.
– Keer terug na jou voorsate se manier van dinge doen ….. bid en vertrou op God. Ons het afgedwaal en nie eers Geloftedag wat ons voorouers gesweer het as ‘n Sondag word herdenk nie.
Keer terug na My toe en Ek sal jou land genees !!! So se die Here ons God.

Magda ·

Dankie Hennie.
Kan nie glo ons net 3 mense wat dieslfde hier se oor ons enigste uitkoms nie.
God ons Vader

Bach ·

Chrisp dankie vir jou uitvoerige antwoord wat ek baie waardeer. ‘n Federasie kon dalk gewerk het maar daar was ‘n referendum wat nie so ‘n opsie gelaat het nie en die blankes het oorweldigend gestem vir samesprekings mbt ‘n model soos wat ons vandag het.
Dis myns insiens nie billik om FW nou te blameer vir als wat verkeerd loop nie agv ‘n vrot en onbevoegde regering nie. Toe Mandela en selfs Mbeki president het als taamlik goed gegaan en dis sekerlik nie de Klerk se skuld dat Zuma – hulle dinge opfoeter nie.
Een ding is seker as daar destyds nie ‘n nuwe regerings model gekom het nie sou SA in isolasie moes voortgaan wat nie volhoubaar sou wees nie en ons dalk ‘n bloedbad beleef het met geen ander land wat ons sou gesteun het nie.

chrisp ·

Bach.Dankie
Ek wil graag van jou verskil op die volgende punte(eintlik sou ‘n gesprek beter wees).Maar vir wat dit werd mag wees .
-“FW nie te blameer”.
Hy het die mense mislei deur nie ‘n referendum uit te roep soos hy belowe het nie(sien meer breedvoerig een van my skrywes hierbo).
-“Mandela,Mbeki”
Hulle was slegs beter omdat hulle ‘n eerste wereld ge-erf het en sou Zuma eerste regeer het en Mandela nou sou die RSA presies gewees het waar hy nou is(Die res van Afrika het afhangende van hulle ontwikkiling omtrent dieselfde tyd as ons geneem om te verval).Kyk veral na Zambie,Malawie en Zimbabwe tans.Oom Robert het ook maar sy 12 jaar plus gevat en hy was van die begin af aan die stuur.Verder gaan Zuma beter wees as sy opvolger(dalk eers na sy dood?).Die rede is dat Mandela(eerste wereld)Mbeki(amper 2de wereld?) Zuma (swak tweede wereld) sy opvolger(derde wereld) gaan erf en geerf het.
“Isolasie en bloedbad”
Met isolasie stem ek saam hier sou ons geknor het.Die bloedbad storie is ek van die oortuiging dat daar reeds meer bloed aan beide kante gestort is in die reenboog droom bestel van ons.Baie van die swart gebiede was toeganklik vir ‘n eie grondgebied bestel.Dit is ook die grootste enkele rede dat die ANC en sy venote soveel swart bloed laat vloei het op van die wreedste maniere denkbaar.Ek weet ek was deel van die “magte” daai tyd en glo my wat sekere 19/20 jariges toe gesien het wens ek geen mens toe nie.En die mense in die NP het goed geweet dit is hulle wat die nuwe RSA gaan bestuur.Dit gaan my verstand vandag nog te bowe hoe hierdie mense in die aand kan slaap.

Henri ·

En toe skielik na die klag kondig die SAMK aan dat hulle nie meer uitslae van bevindings gaan bekendmaak nie. Seker oor hulle net w teen s dinge ondersoek en s teen w in die nommer 13 file te bere tot hulle dalk tyd kry om dit te lees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.