FW de Klerk uit hospitaal ontslaan

Oudpres. FW de Klerk. Foto: ANA

Oudpres. FW de Klerk is uit die hospitaal ontslaan.

Dit luidens ʼn verklaring van die FW de Klerk-stigting.

Maroela Media het vroeër berig die stigting het gesê De Klerk is Saterdag in die Mediclinic Panorama opgeneem met ʼn toestand genaamd pneumotoraks.

“Die stigting is verheug om aan te kondig De Klerk is vanmiddag [Maandag] uit die hospitaal ontslaan ná ʼn suksesvolle operasie Saterdag om pneumotoraks te behandel. Mnr. en mev. De Klerk asook die stigting wil hul dank uitspreek vir al die goeie wense en boodskappe van beterskap wat hulle oor die afgelope paar dae ontvang het,” lui die verklaring.

Dis ʼn toestand waar lug in die pleurale holte akkumuleer wat die long laat platval sodat pyn en asemhalingsprobleme dikwels ervaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ag Nee Wat ·

Hierdie man is totale verlede tyd. Ek glo nie almal stel belang in sy doen en late nie.

Johanna Botha ·

Op n persoonlike vlak wens ons FW sterkte toe en goeie herstel. As publieke figuur wat oop is tot kritiek glo ek SA is in n groot gemors agv FW en ander besluitnemers van die gewese NP van ouds en wag ons nog vir die beloofde 2de referendum belofte wat nooit gebeur het nie ?

Cherokee ·

Óf vir die beloofde wigte en teenwigte om in werking te tree.

Jerry ·

Hou op om ander mense te blameer vir die gemors en toon n bietjie meer respek teenoor FW. Hy het gered wat te redde was in 1994 en julle n kans gegee om julle huis in orde te kry, wat julle nie gedoen het nie. Julle blameer en kla terwyl julself niks doen om die sinkende skip te verlaat nie.

Piet ·

Jy moet dit regtig baie sterk oorweeg om voltyds n komediant te word, want jy spot so subtiel met jou eie pittige segoed as jy se dat FW het “gered wat teredde is”, maar die “skip sink” laat dit bars. Ek dog dan hy het die situasie gered? Moennie jou bekommer oor die mense wat niks doen om die sinkende skip te verlaat nie, as hy eers onder is het niemand mos ‘n keuse nie – dis swem tot by n land wat jou vlugteling status sal gee, of hoe?

Piet ·

Frikkie de Klerk word nou bo geprys omdat hy kwansuis iets “gered” het. Genade tog, ek dog wanneer ‘n boot sink dan het iemand dit juis vervloek? Ek is gelukkig nie een van die ouens wat die skip sal verraai (ag ek bedoel verlaat) nie. Ek is ver te lief vir die wat moet agterbly.

Koos i ·

Het die Fw de klerk stigting al Ooit i broodkorsie aan i behoeftige arm blanke in i wit plakkerskamp uitgedeel ?? Ek twyfel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.