FW gekap oor ‘halfgebakte’ verskoning

Oudpres. FW de Klerk. (Foto: ANA)

“Die voormalige apartheidspresident kan nie ons swaarverdiende demokrasie beledig met blatante leuens en onakkuraathede en eenvoudig daarmee wegkom op grond van ’n halfgebakte verskoning nie.”

Só het die Jong Kommunisteliga van Suid-Afrika (YCLSA) van hom laat hoor nadat De Klerk Maandag sy stelling dat apartheid nie ʼn misdaad teen die mensdom was nie, onvoorwaardelik teruggetrek het. Die FW de Klerk-stigting het dié gewraakte stelling gemaak kort ná Donderdag se staatsrede in antwoord op EFF-leier Julius Malema se aanval op De Klerk tydens die staatsrede.

Die YCLSA sê in ʼn verklaring hy het met ongeloof van die oudpresident se verskoning verneem. “Die verklaring van die voormalige apartheidspresident beweer dat daar ’n verwarring was wat nooit bestaan ​​het nie. Die terugtrek van die verklaring en die skielike erkenning van ‘apartheid as misdaad’ is ’n duidelike aanduiding dat die enigste persoon wat verward was, die voormalige apartheidspresident self was.”

Ook die EFF het gesê hy verwerp die verskoning aangesien dit nie opreg óf relevant is nie.

“Ons glo dat die tyd vir leë verskonings in Suid-Afrika as ’n manier van versoening verby is. Verskonings vir die brutaliteit wat swart Suid-Afrikaners ervaar het, het verskillende vorme in Suid-Afrika aangeneem, en almal was publisiteitsfoefies.

“Daar moet ’n beslissende skuif vanaf versoeningspogings na geregtigheid wees, aangesien geregtigheid die enigste vorm van optrede is teen diegene wat weier om berou te hê vir die euwels wat hulle gepleeg het,” sê die party in ʼn verklaring.

Maroela Media het Dinsdag berig De Klerk het in ʼn verklaring om verskoning gevra vir die stelling wat talle organisasies warm onder die kraag het. “Ek het kennis geneem van die hewige reaksie wat ons antwoord op die EFF se aanval op my Donderdagaand uitgelok het. Die FW de Klerk-stigting het gevolglik besluit om die verklaring wat op 14 Februarie uitgereik is, onvoorwaardelik terug te trek en vra om verskoning vir al die pyn, woede en verwarring wat dit veroorsaak het,” lui die verskoning.

Dit nadat verskeie organisasies geëis het dat hy sy Nobelprys vir vrede teruggee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ag toggie shame EFF en kommuniste Liga. Niemand neem julle in elk geval ernstig op nie EFF, danksy julle gedrag.

Magda ·

Nie Hy of enige leier vandag in Suid Afrika verdien in elk geval enige stoel of posisie waarin hulle hulle bevind nie. So 1 vinger wys vorentoe en 4 terug – VEE voor julle eie deure al die Partye.

Nie Verbaas ·

ANC het hulle “bevoegdheid” al oor en oor bewys. Waarvoor kla almal?

Maria ·

Ek sal graag in ‘n apartheids tuisland wil gaan bly waar ek gratis huise, grond, dienste ens kan geniet. Ook SASSA, want ek is ontneem van my regte om te kan werk. Sommer daar in Kwa Zulu, dit is uitstekende grond

Toy ·

Magda ek stem heeltemal saam met jou, die EFF maak asof hulle hierdie engeltjies is, wat gladnie die geval is nie.

Werner ·

As die moorde op blankes darem hierdie nuus dekking gekry het sou meer mense geweet het wat om hulle aangaan nie FW of die EFF is dit werd nie

gatgogga ·

Meneer de Klerk, ek dink jy moet liewer stilbly. Jy het die witmense van hierdie land al genoeg kwaad aangedoen.
Al wat jy nou weer gedoen het, was om Afriforum en Solidariteit ens. se kanse te saboteur om ons saak oorsee te stel. En dalk doen jy dit moedswillig, want jy is afgunstig op wat hulle alreeds vir ons saak reggekry het.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johannes

Dankie vir jou navraag.
Elke kommentaar wat gelewer word, word eers outomaties deur die stelsel en dan per hand deur die span nagegaan om seker te maak dat dit nie enigiets bevat wat ons bepalings en voorwaardes oortree nie.
Wanneer jy sien “kommentaar word gemodereer” beteken dit dat daardie spesifieke kommentaar slegs tydelik vir die persoon sigbaar is wat dit gelewer het; die publiek sien dit nie. Sodra dit goedgekeur is, dan sal dit op die webwerf verskyn (indien dit nie enige riglyne oortree nie).
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Luister ·

Maar wat hy gesê het is waar. Daar word duisende soortgelyke stellings gemaak in die media, maar hy mag nie?

RekmyBek ·

Ja FW “Feed the dragon”…. nou het die EFF weer splinternuwe propaganda materiaal omdat die oningeligtes te voer en nog stemme te kry…. mooi man!!
Laat mens wonder waarmee jy eintlik besig is…….

Marianna ·

Is wat nou gebeur ook nie maar ‘n ‘crime against humanity’ teen die blankes in SA nie?

Erik ·

Hoe bedoel jy? Teen blankes? Dit gaan baie beter met blankes in hierdie land as met die massas nie blankes. Baie minder blanke moorde en slegs 1% van blanke bevolking leef onder broodlyn.

Cherokee ·

FW, as jy enige poging wil aanwend om so titseltjie trots in jouself terug te wen, moet jy nou jou terugtrek van die stelling terug trek. Maw, kanselleer die kansellasie van wat jy gesê het.

Michael ·

Bly om te sien jy is terug ek geniet nogal jou kommentaar.

Therese ·

Hierdie onverkwiklike episode was ‘n kragtoer in onbeholpe dwaasheid.

Kallie Kriel sal uit ondervinding kan getuig dat daar nie met horende dowes oor hierdie saak ‘n gesprek gevoer kan word nie.

Sipho ·

Amper alles wat FW doen is halfgebak. Nes die halfgebakte nuwe bedeling wat hy moes beding.
Maar oorgee, die doen hy doen hy nou behoorlik en met lus.

Erik ·

Ai Sipho, wat dink jy sou gebeur het as hul nie oorgegee het nie? Kan iemand dit asb. vir my verduidelik??

Kokkie ·

FW de Klerk en sy stigting is nou ‘n reuse verleentheid, nie net vir hulleself nie, maar vir die hele Suid-Afrika. Daar was die tyd dat hy ‘n florerende SA aan die ANC oorhandig het in ruil vir die spreekwoordelike silwerstukke (Nobelprys). Dit ondanks die feit dat die ANC geen regeervermoë gehad het nie. Met sy gladde mond het hy kiesers mislei en belieg met die wigte en teenwigte wat die ANC in toom sou hou. Blote kortsigtigheid of sommer blatante vrot advies van sy agterryers , Dawie, Roelf Meyer en Leon Wessels (almal ewe breedsprakig). Sy oorgawe dan kwansuis om die vloei van bloed op die strate te verhoed. En die bloed van duisende wit boere het vryelik gevloei. Nou, totaal en al ongevraagd, en in die midde van ‘n tyd dat SA steier van al die korrupsie en staatskaping, loop druk hy toe weer albei sy voete in sy mond. Hy moet nou dadelik sy lakeie, Dave Steward en Theuns Eloff fire, sy ou stigting ontbind en self net verdwyn waar hy nie meer enige kwaad kan doen nie.

Genis ·

Nou wil ek vraag vir die ANC en EFF vra, is dit ook krimineel, op n internationale vlak, om grond sonder vergoeding te vat?

Gato ·

Wie en wat is die FW De Klerk stigting? Doen hulle enige iets noemenswaardig vir die land of vir die mense van die land?
Die EFF en jong kommunistiese liga se lede wat nou so tekere gaan oor apartheid was nog nie eers gebore toe apartheid nog bestaan het nie. Hulle het seker by hulle Pa’s en Oupa’s gehoor van apartheid en nou spring hulle op die wa en skree vir ‘n vale.

Michael ·

As dit nie vir fw se onderduimse agenda was nie sou daar nooit n eff of kommuniste party gewees het nie ,ek wens iemand kan n tyd masjien maak teruggaan in tyd en seker maak hy en sy mense weet wat voorlê en n goed deurdagte besluit maak om apartheid te beëindig maar tot voordeel van almal.

Luister ·

Wanneer is jy gebore? FW was die een wat apartheid beëindig het. Ek daag enige iemand hier uit wat dink hulle sou ‘n beter bedeling kon beding. Ek dink dit verg moed om op die ou end as ‘n verraaier uitgekryt te word, as jy maar net jou menslike bes gedoen het.

VanAfrika ·

wat van die brutaliteit wat wit boere/Afrikaners en hul families moet ervaar, toe en nou. Dit gaan net altyd oor julle. Julle versuim om te sê hoe onmenslik julle teenoor die Afrikaner is.

Miskruier ·

Hy behoort die Nobel prys terug te gee, ek sien niks van die vrede nie.

Tino ·

Het ek iets gemis, waneer FW iets se moet hy dit terug trek maar die EFF en die kommies kan doen net wdf hulle wil?

Party perde sal nooit die water drink nie al gooi jy dit met ‘n druk pomp in sy keel af

Porseleintjie ·

Daar word steeds te veel publisiteit aan FW de Klerk verleen.

Luister ·

Eers wil hulle hê hy moet sy stelling terugtrek, en dan is hulle nie tevrede as hy dit wel doen nie. Hulle is maar net verveeld en met niks tevrede nie.

Awie ·

Die rugraatlose manier waarop FW de Klerk en sy stigting handomkeer van mening verander het met hul apologie oor sy uitlatings oor Apartheid is geensins verbasend nie. Dit bewys weereens dat hy ‘n swak indien enige leier nog altyd was, vir sy “eie” mense – die wit mense van Suid-Afrika en as President in 1990.
Ware Afrikaners wat nie buig voor hul kriminele “meesters” soos die terroriste bende- MK wat sy eie mense ook geintimideer het met onder andere halsnoer/”necklace” moorde, skuld hierdie swak, kriminele ANC regime geen apologie vir die verlede nie.

Cherokee ·

Presies net soos Zille wat gesê het dat alles in apartheid nie net slegs was nie, en toe na infrastruktuur en ander modernisasie verwys het. Toe Maimane en kie haar daaroor aanval, het sy onmiddellik verskoning gevra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.