FW geopereer, sterk aan in hospitaal

Oudpres. FW de Klerk. Foto: ANA

Oudpres. FW de Klerk is in die Mediclinic Panorama met ʼn toestand genaamd pneumotoraks opgeneem, het die FW de Klerk-stigting Saterdag gesê.

Dis ʼn toestand waarby daar lug in die pleurale holte akkumuleer wat die long laat platval sodat pyn en asemhalingsprobleme dikwels ervaar word, ʼn toestand wat dikwels weens ʼn siekte of besering ontstaan, maar soms ook spontaan voorkom, volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Die 82-jarige laaste staatspresident van die ou Suid-Afrika het Saterdagoggend ʼn suksesvolle prosedure in die private hospitaal in Kaapstad se noordelike stadsgebiede ondergaan nadat hy Vrydag opgeneem is.

Hy sal na verwagting in die loop van die komende week ontslaan word, het die stigting in ʼn kort verklaring op sy webwerf gesê.

Geen nadere besonderhede is beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

FM ·

Ek wonder hoe sou die land gelyk het as apartheid voortgeduur het. Die wêreld was teen ons. Ons kon nie teen die wêreld baklei nie. FW De Klerk het baie aanhangers gehad. Ek het ook NEE gestem, MAAR ons moet aanbeweeg en ophou om so negatief te wees. Hou op bitterbek wees julle suurknolle en probeer die beste van n slegte saak maak. Laat jou geld waar jy leef en kom ons staan saam vir dit wat reg is. Hou aan om aan te hou. Sterkte mnr De Klerk.

Mads ·

Vandag kan ek net dankie se om n verhouding te he met n lewende God, wat my kortsigtigheid en blindheid in Liefde kon omskep. Dankie dat U genade genoeg is vir alles en almal wat asemhaal! Hoe boring sou dit tog wees as ons net wit afrikaans sprekende siele eendag in U koninkryk sal ontmoet. Maak ons oe en harte oop vir die MEER wat U in gedagte het!

Peet J ·

Mnr. de Klerk se siektetoestand het absoluut niks met sy besluite tydens die oorgawe van 1994 te doene mee gehad nie. mense word siek asgevolg van hulle optredes maar dit is nou nie nodig om hom te na te kom oor sy siekte nie.
Die punt is baie duidelik dat ons meerderheid Afrikaners wat vir ons kultuur , voortbestaan, families en opheffing ‘n voorliefde het meer as ongelukkig voel oor de Klerk se eensydige besluite wat soos ons tans ondervind onrealisties is na 24 jaar en dat ons op hierdie manier , tydens sy siekte dit onder sy aandag moet bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.