FW ontken berigte oor DA-leier

Die Mail & Guardian se voorblad

Die Mail & Guardian se voorblad

Oudpres. FW de Klerk het ten sterkste ontken dat hy “leierskapklasse” aanbied vir Mmusi Maimane, leier van die DA.

“Daar steek geen waarheid in die bewerings dat ek vir Mmusi Maimane klas gee nie. Hy was nog nooit by my huis nie en het ook nog ooit vir my advies gevra oor hoe om toesprake te skryf of hoe om op te tree nie,” het De Klerk gesê in reaksie op ʼn berig in die Mail & Guardian.

“Ek het hom slegs een keer ontmoet in Maart 2015 toe hy [Maimane] ʼn hoflikheidsbesoek afgelê het.”

Die Mail & Guardian het Vrydag ʼn berig op sy voorblad gedra getiteld “Uproar over Maimane’s ‘lessons’ with FW”. “Terwyl rassespanning in die land toeneem, weier die DA-leier om kommentaar te lewer op wydverspreide bewerings in die party dat hy ‘leierskaplesse’ ontvang van apartheidsera-president De Klerk,” het die weeklikse koerant op sy voorblad berig.

Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, het die berig as onsin afgemaak. “Dit is heeltemal vals en ons verwag van die koerant om dit terug te trek.”

De Klerk het ook ontken hy het gesê swart mense “is meer rassisties as wit mense”. “Die berig wat hieroor verskyn het, is onwaar en die FW de Klerk-stigting doen stappe om dit reg te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Fanie ·

Oh my word!! Wat volgende? Is die ANC desperaat om onmin te stig, of is die media lus om dit te doen? Of albei?
What next??

François ·

Fanie, hul albei, ANC & die Mail & Guardian, is baie desperaat. Hulle sal enigiets doen om kiesers- & leserstalle te verhoog! Shame!!

Manie Maritz ·

Ek het altyd gedink die M&G se beriggewing is bo verdenking!!! Maar nou het ek my respek vir hulle verloor met die kwaadwillige verslaggewing.

Christiaan Potgieter ·

Dankie Vader hy loop nie klasse by FW nie, want daar sal hy net van die wal in die sloot gehelp word.

danie myburgh ·

Absoluut. Hy sal net leer hoe om uit te verkoop, oor te gee en te verraai.

Dee ·

‘De Klerk het ook ontken dat hy gesê het swartes is meer rassisties as die blankes.’ .. hy kruip dus steeds en dit is werklik nie snaaks om dit te lees nie.

Trolle ·

HaHa nogal gedink hy sou nie se swart mense is meer rassisties as wittes nie.

GES ·

Die M&G blyk baie seker van hulle feite te wees. Hulle is selfs bereid om hof toe te gaan. Ek is jammer maar ek glo nie een van die twee partye nie. Beide ly aan selektiewe geheueverlies.

Stefaans ·

Ons kan baie by de Klerk leer – hy spesialiseer in “wigte en teenwigte”

chrisp ·

Christa.
Hier gaan jy alweer. Jy her geen benul waarvan jy praat nie .
Lees asb onderstaande(dit is wat toe gebeur het) en dink dan mooi oor jou woorde wie moet bykom.Gaan kyk so bietjie in die spieel dan sien jy die persoon.
Die vraag.
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Belofte
Met die opening van die parlement se hy dat daar weer ‘n referendum gehou sal word voor enige veranderings aan die grondwet.Dws die mense het gestem vir onderhandelings en nie oorgawe nie.

Hier is van die slagspreuke op hul plakkate.
• ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
• Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
• Ordentlike hervorming en redelikheid.
• Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
• Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
• Sterk en doelgerigte leierskap.
• ‘n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
• Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
• Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
• Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Danie Kok ·

FW is ‘n meester manipuleerder van die leuen. Al wat hy dus vir iemand kan leer is om ‘n leuen soos die waarheid te laat klink. Ons almal weet dat die meerderheid blankes in 1992 daarvoor geval het. En ek dink ons almal weet wie is die vader van die leuen…

Paul ·

Christa,
Dink jy die 500,000 JA-stemme in die bokse voor die stembusse opgemaak het, het nie dalk die uitslag bepaal nie.

Rynhardt ·

Danie Kok jy is 100% in die kol.De Klerk is n groot manipuleerder! Vrydag op E-Tv was erken dat hy verskeie kere met Maimane vergader het.De Klerk speel wittes al vir jare! De Klerk sal nou ontken dat hy die DA se Maimane lesse gee oor leierskap, sodat hy darem nie sy paar wit bewonderaars ontstel nie.De Klerk sal ook ontken dat die paashaas bestaan.Dit was die man wat voor 1994 gese het:”Nooit ooit sal die Afrikanervolk onderdruk word nie”.Dit spreek boekdele oor hom!

EMK ·

Rynhardt, nou het ek gelag – kyk bietjie wat jy skryf ou! Jy sê De Klerk sal ook ontken dat die paashaas bestaan – maw jy glo die paashaas bestaan wel!Kan net my kop skud!

chrisp ·

E n ek moet hom glo? ‘n Man met sy verlede,ek dink nie so nie,

Johann Marx ·

Om “leierskapsklasse” aan te bied, moet jy leierskaps-eienskappe hê.

Dee ·

Kom ons doen ‘n opsomming van die mentaliteit van die kiesers (en nou praat ons van dieselfde ± 62% wat destyds ‘JA’ gestem het en nou hul hande in onskuld was deur De Klerk te blameer terwyl Dr Albert Hertzoght en Oom Jaap Marais tydens die aanloop tot die referendum die waarheid duidelik aan hulle uitgespel het. Kon hulle nie lees nie? Dieselfde mense probeer hulself nou verontskuldig mààr….. nadat hulle gestem het vir wat hulle destyds as konserwatief beskou het, het vele van hulle ‘n 180° draai gemaak en stem nou vir een van die mees liberale partye. Vanaf destydse NP omgeswaai na destydse Progresiewe Party en dan *kla hulle in die forums omdat dit waarvoor hulle stem, wel gebeur.
Opsomming: Die meeste kiesers weet niks van politiek en laat hulle lei deur die buurman en die kleurvolste plakaat. Geen eie inisiatief.

Danie Kok ·

Dee, jy is heeltemal reg. Polities gesproke kan die meeste Afrikaners nie vir hulself dink nie, nog minder besit hulle geloof in die God van die Bybel – dis hoekom die meerderheid van hulle in 1992 ja gestem het. Hulle het verkies om eerder ‘n aartshuigelaar soos die laaste blanke staatspresident se leuens te glo van wigte en teenwigte, as om op God te vertrou vir ons toekoms. Durf ons wonder hoekom is ons volk in hierdie donker situasie? Natuurlik nie, want die meerderheid Afrikaners het hul rug op God gekeer. Enige aap (oeps!) behoort dit te kan insien…

Henry ·

Afgesien van ‘n paar ou bitterbekke wat mens noodwendig op nuuswerwe teëkom, het ek of my pelle geen kontak met Afrikaners wat alewig oor Afrikaners galbraak nie.

Danie Kok ·

Afgesien van ‘n paar ou ruggraatloses wat ‘n mens noodwendig op nuuswerwe teëkom, het ek of my pelle geen kontak met Judas-Afrikaners wat alewig spog oor die verraad wat hulle teenoor behoudende Afrikaners gepleeg het nie…

Piet ·

Fw was nie die enigste persoon nie. Koop die boek Volksverraad deur Adv PJ Pretorius. Hoop die boek is nog beskikbaar

Danie Kok ·

Christa,
As jy my skrywe aan Dee gelees het sou jy gesien het ek aanbid die lewende God van die Bybel – die Drie-enige God. Jy sou ook gelees het dat ek juis van die standpunt uitgaan dat die meerderheid Afrikaners hul rug op God gekeer het. Dit lyk egter of jy net soos FW, baie onverantwoordelik met die waarheid omgaan. Terloops, die Skrif leer ons dat God geen aannemer van die persoon is nie. Dieselfde Skrif leer vir ons ook dat Hy die Here van almal is, of jy nou in Hom glo of nie. In die lig hiervan dink ek jy betree gevaarlike grond om te praat van “my God” asof Hy net aan jou behoort en jy jouself dan boonop die reg reserveer om andere se geloof in Hom verdag te maak. Ek glo jy weet wat die Bybel sê oor die tong…

Gert ·

Nou skree FW van die kant lyn af , hy het veroorsaak dat ons in die penarie sit

Alla wêreld mense! ·

Kyk nou weer, mense hou op val vir die tipe van snert en dan onder mekaar baklei. REGTIGWAAR! Al wat men shoef te sê oor die tipe van snert is “whatever”. Die ANc lei jul almal aan die neus rond en moedig net onmin aan. Hou op val vir dit. Los mekaar en mense se keuses oor vir wie en wat hul wil stem uit, dis elkeen se saak en reg om te stem vir wie hy wil. Iemadn anders het reeds hieroor basies dieselfde geskryf en steeds karring jul aan. as julle so sterk voel of voel julle weet alles, stig ‘n party, word ‘n politieke leier en doen dan die joppie reg!

Henry ·

Leierskap lesse by de Klerk.
Rekeningkunde lesse by Zuma.
Dodelike kombinasie.

Nics ·

Hoekom glo mense die media snert?En raak dan opgewonde en opgewerk?Speel so reg in die ANC se hande.

Michael ·

Wat doen die de klerk en sy stigting vir die Afrikaner ,soos ek dit verstaan woon hy net dinees by waar hy twak praat oor mense wie hom geen mandaat gegee het om namens hulle te praat nie.

Sekondeer steeds niks ·

Daar is hopeloos te veel mense op die planeet…

Laidback ·

Die gesegde lui: soveel dae, soveel dinge maar ek wil sê: soveel siele, soveel menings. Laat elkeen tog sê wat hy wil sonder dat party mekaar as persoon aanval – hoe werk Maroela se “verwyder” funksie dan? Persoonlik het ek geen probleem met wie by wie lesse waar of wanneer geneem het of dan nie, en ek gee ook nie om wie die land regeer solank dinge reg werk en reg gedoen word sonder korrupsie. Sela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.