Gaan belastingbetalers vir gratis hoër onderwys moet opdok?

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Suid-Afrikaanse belastingbetalers kan hul voorberei op ʼn groot skok vanjaar.

Dié waarskuwing kom van die hoof-ekonoom by economists.co.za, Mike Schussler. Hy sê president Jacob Zuma se aankondiging oor gratis tersiêre onderrig was niks anders as ʼn politieke foefie nie. Schussler sê Suid-Afrika het nie die geld daarvoor nie, en dit sal net nog meer druk op die minister van finansies, Malusi Gigaba, plaas om die land se boeke te laat klop.

Volgens Schussler is daar nie geld vir gratis hoër onderwys in die kort termyn nie. Hy sê Gigaba sal belasting moet verhoog. Schussler sê hy vermoed dat belasting op toegevoegde waarde, of BTW op petrol en diesel, ingestel kan word. Hy sê dit was voorheen al ter sprake.

Nog ʼn uitdaging wat Gigaba volgens Schussler in die gesig staar is dat hy nou ook sal moet kyk waar hy geld kan bespaar. Dit was juis nie deel van die mediumtermynbegroting-plan nie, voeg hy by, en waarsku dat dit baie druk op die begroting kan plaas.

Schussler sê die regering sal weer na sy bestedingsplanne moet kyk. Dit sluit ʼn kleiner kabinet in. Hy sê besnoeiing van die staatsdiens moet ook nou ʼn prioriteit word. Boonop sê hy dat staatsbeheerde ondernemings meer afhanklik van hul eie befondsing moet word.

“Suid-Afrika is reeds onder die top-10 mees belaste lande ter wêreld, maar die dienste wat ons kry is baie sleg.” Volgens hom sal Gigaba vanjaar ʼn vuurdoop in die gesig staar, veral met werkloosheid wat snel voortgroei.

Nog ʼn ekonoom, Elize Kruger van NKC Economics Research, sê Zuma het die plan aangekondig ondanks advies daarteen. Sy sê dit kan die land se fiskale posisie verder laat verswak.

Kruger sê die regering kan die plan finansier deur op internasionale markte geld te leen. Maar sy waarsku dat die rentekoerse wat die land betaal reeds hoog is weens sy rommelstatus. Dit kan die rentelas verder verhoog, waarsku sy.

ʼn Ander opsie volgens Kruger is hoër belasting. Maar sy waarsku net soos Schussler dat belastingbetalers reeds swaar trek.

Kruger sê een van Gigaba se vereistes sal moet wees om die ekonomie reg te ruk en dat die gratis hoër onderrig-aankondiging ʼn politieke speelbal geword het. Sy sê Zuma het met sy aksie gesorg dat ʼn nuwe regering met die probleem sal moet worstel.

Haar kommer is dat daar nie geld vir die plan is nie. Sy wys ook daarop dat dit nie in die mediumtermynbegroting aangekondig is nie. Sy sê in die geheel sal die plan waarskynlik nog ʼn duik in Suid-Afrika se fiskale vooruitsigte slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter Myburgh ·

Zuma moet maar uit sy sak betaal aangesien hy die belofte gemaak het sonder om raad te vra by die wie BETER WEET.
VIR WAT MOET DIE BELASTING BETALER ALEWIG BETAAL VIR WAAR DIE REGERING FOUTEER ?Ek is regtig moeg om te hoor hoe daar geld gemors word en dan moet die belasting betaler boet.

Alida ·

Wat se vraag is dit? Waar anders gaan die geld vandaan kom! JZ het weereens NIEMAND geraadpleeg nie.

Christo ·

Belasting, belasting. Niks van die staat werk nie, behalwe hulle mage, van die lekker eet van ons belasting. Geen wonder almal probeer dit ontduik nie.

PJC ·

JZ se siening is duidelik dat as hy nie meer die kaptein kan wees nie sink hy die skippie saam met hom. Dit wys ook weereens hoe gevaarlik hy is en kan wees.

NATUURLIK ·

JA ONS ALMAL WEET ONS GAAN vir die luies en dommes en armes moet betaal. Maak nie saak of ons self maandeliks net net deurskraap nie, ONS gaan belas word om die mense wat te SLEG is om vir hulle kinders te betaal of lenings aan te gaan moet opdok, want daar word net ‘aanvaar’ dat blankes bevoorregd is en baie geld het. WEEREENS gaan die klein groepie belastingbetalers ERGER belas word .. ons het nooit gedink dit gaan vir ONS verniet wees nie, net vir die ‘aanhangers’. SIT LIEWER VAT op dan betaal al die skarmunkels wat dink alles is FREE ook darem ‘n gedeelte daarvan.

Tilla ·

Ons moes swoeg en sweet en hoë rentes betaal om ons kind geleer te kry nou blyk dit dat ons alweer vir ander ook moet swoeg en sweet. Wanneer hou dit dan eendag op. en dan verwag hulle ons gewone salaristrekkers (wat nie vir die staat werk) moet geld hê om vir ons oudag voorsiening te maak. Dit is eintlik lagwekkend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.