
Chris Denysschen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, saam met Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en Angie Motshekga, minister van onderwys. Foto: Mariska Nanni
Chris Denysschen, skoolhoof van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, se toestand is vandag effens beter as wat dit gister (Saterdag) was.
Maroela Media het berig Denysschen is die afgelope week in die hospitaal opgeneem nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Boonop is heelwat leerders en onderwysers in afsondering geplaas na ʼn aantal positiewe gevalle van Covid-19 by dié skool.
“Onder omstandighede gaan dit goed met mnr. Denysschen. Vandag gaan dit ook heelwat beter met hom as gister. Sy suurstof is wel steeds laag,” het Annette Grobbelaar, bemarkingsbestuurder van Hoërskool Waterkloof, Sondag gesê. Sy het gevra dat mense moet aanhou om vir die hoof te bid.
“Baie dankie vir almal se liefde, omgee en gebede. Ons almal waardeer dit baie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Gee hom Ivermectin en hy is gesond binne ‘n week
Lesufi is een van die laaste persone saam met wie ek op n foto wil verskyn om verstaanbare redes.
Sterkte en word gou gesond!!
Sterkte gou gesond word.