Gaan Steve die politiek betree?

Steve Hofmeyr

‘n Skermskoot van die Facebook-groep.

Die sanger Steve Hofmeyr is dalk binnekort die leier van sy eie politieke party. Dis nou as sy aanhangers daarin kan slaag om een miljoen “stemme” op Facebook te kry.

ʼn Facebook-groep, Miljoen Stemme vir Steve, is Donderdag begin. “Steve Hofmeyr het aan die begin van 2015 gesê as hy ’n miljoen stemme van sy mense kry, sal hy die politiek betree. Kom ons wys hom dat ons agter hom staan. Klik ‘join page’ en gee jou stem,” lees die groep se beskrywing. Die groep het teen Vrydagoggend reeds meer as 27 700 lede gehad.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê hy het destyds tydens ʼn onderhoud op Koepel Stereo gesê hy het geen behoefte om nog ’n klein (geïgnoreerde) Afrikanerparty te stig nie. “Iemand vra toe hoeveel stemme sal my oorreed. Ek reken toe ’n miljoen sal doen. Nou is die jagtog aan. Oorwegend is dit ondersteuners van my saak oor die afgelope maande, dat ek soos ander ook vryheid van spraak en uitdrukking mag geniet, al is dit namens ʼn minderheid. Ek het nie baie mediasteun aan my kant nie, ook nie feesrade en dorpsrade nie, maar sosiale media is ’n ander dier. Is die Boere Afrikaner Lente op ons? Die stemme sal sê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

204 Kommentare

Charlene ·

Wag ek is oppad. Ek dink nie dit gaan te moeilik wees nie. Net jammer nie al ons boere het facebook nie – maar hel dan mos nou hoogtyd hulle kry hulle eie “account” en gaan join Steve, Steve hier is ongelooflik baie wit mense wat saam jou staan – asook ander mense wat gatvol is vir die misdaad in ons land. VOTE FOR STEVE

Koos Dreyer ·

Koos Dreyer. Steve moet nie sy eie party stig nie want dan het ons twee partye. Hy moet eerder sigbaar word in die DA dan is ons kans beter teen die rampokkers wat ons nou so besteel.

Gert van der Merwe ·

Stem honderd persent saam met jou Koos. Ons baklei eerder onder mekaar en plaas van om saam te staan. Saam staan is wat die ANC so sterk maak. Ek is seker ons afrikaners kan ook almal onder een sterk party saamstaan en die ANC so uit te skuif.

Jeanette ·

Koos en Gert so julle twee is van mening dat Mev. Zille vir die Afrikaner gaan intree.

Rakende die Potchefstroomse Universiteit word vandag soos volg berig: “In die een loopgraaf Kgwadi, …… en sy strydgenote Theo Venter (politieke adviseur) en adjunkvisekanseliers Frikkie van Niekerk en Martin Oosthuysen.”

Hierdie drie persone met Afrikaanse vanne moet sekerlik ondersteuners van die DA of die ANC wees. Ek laat dit aan julle oor om te besluit waar hulle lojaliteit lê.

Indien die DA ernstig is om vordering by die stembus te maak, moet die nuwe model nie net ondersteun word nie, dit moet ook in hulle hande val.

Die suksesvolle bestuur van hierdie model aan die Universiteit van Potchefstroom gaan ‘n groot gespog afgee tot die aanloop van die volgende verkiesing. Die prys daarvoor die prysgawe van Afrikaans!

RK ·

Die DA?! Wat rook jy?! Jy kan net sowel vir ANC of EEF stem. Al verskil is hul het wit gesig (vir nou).

Annelize Mostert ·

Sharlene
Daar is sms stem no ook. Gaan kyk op Miljoen stemme vir Steve. Die besonderhede is daar.
En ek glo meeste boere het selfone

Rina Raath ·

Weet jy ek dink Steve is skerp, hy dink voor hy praat, en is nie skaam om te sê wat hy dink nie, en is dit nie dalk wat ons nodig het nie? Hou op met agterbaksheid en draaitjies loop, ek sal vir hom stem ja.

Johanna oosthuizen ·

Ja on wens hom alle voorspoed toe . Mag sy stemme waar word. Xx

Donovan Purchase ·

Steve sal vir ons afrikaaners opstaan ek nie FB nie ma STEVE VIR PRESIDENT.

nig ·

Sandra Erasmus en Hannes van Edden – vir wat herhaal julle julself of is jul bang ons verstaan nie die eerste keer nie?

KOWIE ·

DANKIE DAAR IS WEL IEMAND WAT SA SE BLANKES SE HANDE WIL VAT EN OPSTAAN TEEN DIE GEMORS

dawie ·

Hoera! Dan het ons standvastige leier nodig!ou nattes en liberale (veraaiers)moet waai!

Charl ·

Standvastige leier – ha, ha en ha

………en pasop met jou beskuldigings van verraaiers wat jy so rondgooi, wie is jy om te oordeel? Word een vir een in julle beddens doodgemaak. Laaste “ware leier” ook – vorige ou opstandjie wat julle gehad het het op die grondpad van Boputatswana geiendig. Altyd grootbek, julle ou klompie. Baie praat en min doen. Dis die res van ons wat altyd moet kom uithelp.

Jan ·

Charl, lag saam met jou oor standvastige leier, dit is Steve ook nie vir my nie, alhoewel ek glo hy kan iets vir ons Volk beteken in hierdie tye. Die nattes en liberales(verraaiers) van wie jy duidelik een is, was onder aanleiding van Genl. die mense wat verantwoordelik was vir die val van Baputatswana. Moenie alles glo wat Tim du Plessis in BEELD geskryf het,en jy oor die SAUK gesien het nie, hulle is deel van die uitverkoop van ons Volk. Voel julle trots oor die Nuwe RSA waarin ons ons nou bevind , of glo jy nogsteeds aales wat NASPERS(MEDIA 24) alles aan julle voorhou ! ” oge het hulle maar hulle sal nie sien nie, ore het hulle maar hulle sal nie hoor nie!”

Charl ·

Ag ou Jan, ek lees nie beeld of naspers of nuus24 nie, en ek het nie n TV nie – ek dink vir myself. My voorvaders het in die Boere oorlog geveg, was in die Ossewa Brandwag en ek was aan die grens. Verskeie keer. Ek en my familie het net soveel aanspraak op hierdie land as jy of enigiemand anders, Steve inkluis. Ek dra nie verantwoordelikheid vir wat n ander man doen nie, ek neem verantwoordelikheid vir my eie dade. So die val van Boputatswana het niks met my te doen nie. Wat het julle al ooit vermag? Noem vir my die dinge wat julle vir hierdie land beteken het. Julle beskuldigings van verraaiers is die rede hoekom julle nerens kom nie – kan nie saamstaan nie, kon nog nooit. Val altyd vir iemand met n groot mond en min kennis en geen begrip van hoe om n nasie te lei nie. Kan net sit en kla, en wag vir iemand om julle te kom red. En nou dink julke n ou sangertjie met geen morele standaarde is die man. Maar is maar dieselfde as die vorige leier – ook geen morele standaarde nie. Se iets van die mense wat hulle aanhangers is, ne! Altyd iemand nodig, kan niks self doen nie.

Jake ·

Ai ou Charl. Wat doen jy om ‘n verskil te maak? Vertel ons ‘n bietjie…laat ons kyk of ons nie by jou kan leer nie.

Charl ·

Ai ou Jake, as dit nie n openbare forum was nie, met plesier.

Jan ·

Charl,as jy dan nie koerante lees en Tv kyk nie, hoe weet jy wat in Baputatswana gebeur het? Was jy daar ?

Leeutjie ·

Jan ek vra dieselfde vraag. Hoe kan iemand met so min inligting en soveel minagting soveel weet. Die man se kommentaar laat my maanhare regop staan. Hoe kan Charl praat van morele waardes as hy self nie waardig is nie. Iemand wat soveel te se het en so klomp bog kwytraak met sy insette het my weereens laat besef hoe laag wil ‘n mens nou daal! Charl, hoeveel mense staan agter jou? Ek wil nie onder korreksie praat nie maar jy is definitief die gunsteling op hierdie forum nie.

Charl ·

Leewtjie ek het nie jou goedkeuring nodig om n opinie uit te spreek nie – jy se ek weet min – bewys my verkeerd. Jy oordeel sonder enige kennis van my.

lizza ·

DAN jy is eintlik maar die fool hier. Steve se huidige vrou is afrikaans, sy cd verkope daal nie, en sal nooit, hy hoef nie foefies uit te dink om geld te genereer nie. Hy het meer tussen die ore as almal saam hier (jou een brein sel uitgesluit). Hy is n patriot vir ons taal en as jy hom en sy uitlatings nou volg sal jy dalkies meer verstaan en waardeer wat hy vir my (en ongelukkig jy ook) doen. Arrogansie is dalk net wat ons nodig het tussen al die draadsitters en bedrieers.

Renata ·

Daar het ons dit nou weer aan onsself bewys. Die gekibbel ondermekaar. Ons kan nou waaragtig nie eers nie met een brokkie goeie nuus iets goed vir mekaar en van onsself sê nie. Daar moet modder gegooi word en dit is ons ondergang. Leer ons nie uit ons eie verlede (geskiedenis) nie.

Dan ·

Lizza, ek beoordeel jou kommentaar in die lig van jou stelling: “Hy (Hofmeyr)het meer tussen die ore as almal saam hier (jou een brein sel uitgesluit)”. Behalwe vir die skreiende absurditeit van jou stelling, sê jou nog boonop presies die teenoorgestelde wat jy wou bedoel. En dat jy jou eie intelligensievlak onder Hofmeyr se vlak plaas, spreek werklik boekdele …. Jou held het ‘n kursussie in drama gevolg – wat hy nie eens voltooi het as ek reg onthou nie. Jy reken Hofmeyr se CD verkope het nie gedaal nie – miskien moet jy jou feite in orde kry voor jy absurde stellings maak. Hofmeyr HET ‘n Engelse vrou gehad en hulle kinders is NOU nog in ‘n Engelse skool; wat maak dit saak of hy nou met iemand anders getroud is? Neem ook kennis ek het die woord “fools” gebruik, aangesien ek nie die korrekte woord, synde “idiote” mag gebruik nie. Jy wat meen dat Hofmeyr se arrogansie so wonderlik kan wees en dat hy reeds so baie vir “ons (my ingesluit)” gedoen het, het geen benul wat jy kwytraak nie. Hy het totaal NIKS vir my of enige ander Afrikaner gedoen nie, behalwe om ons saak ernstig te benadeel. Ons wil NIE met hom en sy aanhangers geassosieër word nie. Ek stel voor dat jy aanhou bokspring op die ritme van jou held se “lirieke”, en voortgaan met jou drome in la la land. Ek sluit my relaas aan jou af.

Net so min as wat ek vir Hofmeyr sal stem, sal ek dit ooit oorweeg om vir die dansende tannie van die Black Sash te stem (vir julle wie nie weet nie: sy is van die DA). Ongelukkig is daar baie Afrikaners wat soos ‘n klomp skape agter Zille aanhardloop, en dan weer agter die volgende nar – soos nou weer met Hofmeyer. Julle mors julle tyd.

Vreemd genoeg sien en ervaar mens al hierdie dinge en dan onthou jy ook dat die Afrikaner die enigste volk in die geskiedenis van die wêreld is wat vrywillig sy land weggegee het. Dan moet ons voortdurend uit Afrikaner-geledere hoor hoe dom van die ander bevolkingsgroepe is. Ten minste staan hulle saam, en is hulle werklik so dom? Of is die dommes nie dalk daardie outjies wie “ja” gestem het vir hierdie bedeling, en nou boonop vir Hofmeyr wil stem nie?

bee ·

Steve moet dit eerder op die gewone Internet sit. Op Facebook is daar baie van ons wat dit nie kan waag om hom openlik te ondersteun nie. Ons sit in groot maatskappye of met eie besighede waar enige konneksie met Steve fataal kan wees vir ons.

Anton Visser ·

Bee die web blad sal binnekort reg wees hou die spasie dop! Die volk word wakker en ons sal nie gaan le nie!

alet ·

hulle beplan ook n SMS stem Lyn. hou die blad dop vir besonderhede

Christine ·

Kom mense asb, stem v hom dat daar n draai kan kom in hierdi bazar lewe wat nou daar buite aan di gang is!! Hys bereid om te help en sou dit def ni aangepak ht as ni weet wat aangaan!! ASB???? Stem v hom

steve se aanhanger ·

Eks op daai lys van Steve. Soos bo gese plaas dit op. Internet. Ekt nie facebook nie. Ek glo steve sal sy stemme behaal. Jyt my vote. Steve dankie dat jy ons blankes raak sien

Deon ·

Ek is nie n aanhanger van Sreve se musiek nie,maar sal hom tog ondersteun omdat hy nie op elke media platform sy standpunt verander soos wat baie ander dit doen as die druk te hoog raak nie.STERKTE

Bruno Stef ·

Steve ek wil jou ASB mooi vra om nie n dom ding te doen om nog n klein politieke party te stig en die steun te verdeel nie. Jy is vir die Afrikaner saak meer kosbaar met wat jy doen en waar jy is gooi jou gewig by ons in die bestaande strukture in en moet jou nie laat beinvloed deur mense wat ons ondergang soek nie.

Deon ·

Watter bestaande strukture verwys jy na? Die grysmanne met die grys pakke en die grys skoene wat vir 20 jaar in the parlement sit en nog niks uitgerig gekry het nie? Manne wat nie weet wanneer om te bly sit of om op te staan en te loop nie? Manne wat elke verkiesing minder en minder stemme verkry want die Afrikaner stem net nie meer nie of gooi hulle stem weg agter die liberale DA wat vir ons niks beteken nie? Daardie bestaande strukture?

Dan ·

Hierdie is Hofmeyr se nuutste foefie om geld te maak, met die CD verkope wat net aanhou daal. Die beste naam vir hierdie sogenaamde party behoort die “Kommin Afrikaner Party” te wees. Met sy Engelse vrou en hul twee kinders wat net Engels praat, en Hofmeyr wat hom openlik uitspreek ten gunste van die Nuwe SA (gaan lees maar die snert wat hy kwytraak in sy boek), en dan nog sy uitermatige arrogansie teenoor God oor wie hy allerlei sieninge het, is hy die laaste nar vir wie ek sal stem. Maar hy gaan die “fools” weer vang, soos hy nog heeltyd doen – kyk maar.

Anton Visser ·

Dan praat asb vir jou self en los veralgemening uit! Jy is deur aunty ziller gevang……!

Rina van Eck ·

Jy is bietjie na die tyd en on ingelig..Steve is nou getroud met n Afrikaanse vroutjie en sy eks Natasha praat n goeie Afrikaans. Ja hy het foute gemaak. Niemand is volmaak nie. Ten minste staan hy vir iets. Hy is defnitief nie n lafaard nie.

lizza ·

DAN jy is eintlik maar die fool hier. Steve se huidige vrou is afrikaans, sy cd verkope daal nie, en sal nooit, hy hoef nie foefies uit te dink om geld te genereer nie. Hy het meer tussen die ore as almal saam hier (jou een brein sel uitgesluit). Hy is n patriot vir ons taal en as jy hom en sy uitlatings nou volg sal jy dalkies meer verstaan en waardeer wat hy vir my (en ongelukkig jy ook) doen. Arrogansie is dalk net wat ons nodig het tussen al die draadsitters en bedrieers.

Vic ·

En hoe minder kan hulle hulle eie taal praat “Groot Afrikaans” maar praat van “fool”, n “patriot vir Afrikaans”, “cd”, geld “genereer”. Doe zo voort, julle verdien vir ou Steef. En hy vir julle.

Benito Odendal ·

Wow Dan ,I’m also an Engelsman ,my children are also fluent in English, Pampoen and Bloubull are my favourite songs, I Like Steve’s renditions of Neil diamond songs,dislike some of his ‘repeat’ songs….but that’s not what this is about my friend…..I see him as a great leader of people,very knowledgeable, and above all ,…a man of his word and trustworthy, which makes him a cut above the rest of the honorable clowns in our circus parliament.Don’t even try to play the racist card because that is the one thing he’s DEFINITELY NOT !!!…..he WILL stand up for EVERYONE who wants and desires a fair dispensation and a South Africa that works for all it’s citizens no matter our race colour or creed….a country with genuine law and order where it’s citizens can feel safe and are respectful toward one another , acknowledge their differences and to build on the goodwill that binds most of them together , where they can work together for a better future for ALL our children …..South Africa needs a leader to stand up against the monsters who divide us to satisfy their own devious agendas….and Steve fits that description !!!

jacques ·

So waar wat jy se hy staan by sy woord al word hy hoe beledig deur die media,ek weet van geen ander een wat dit sal doen nie.

Nina ·

Kekeke… Engelse vrou en kinders, cd-verkope wat daal…. Pateet! WAARVAN praat jy? Jy weet niks; duidelik!!

Althea ·

STEM 100% saam. Gaan google bietjie Steve Hofmeyr en Zuma. Lekker saam om die braaivleis vuurtjie lag en gesels. Steve weet maar TE goed, dis net die Afrikaner vrouens wat hom laaik want die meeste Afrikaner mans het hom lekker gevloek ook. Ou Steve hees kees weet hoe om geld te maak. Eers gebruik hy die volkslied en nou die nuutste foefie. Hy kan nie geld uit die meerderheid maak nie, so hy MOET iets doen om geld uit die minderheid te maak. EISH ! en baie val vir daai slenter van hom.

Takumoto ·

Se my Althea, in die raar geval dat jy net DALK belangrik genoeg is om genooi te word na ‘n funksie waar Zuma teenwoordig is, hoe sou jy optree? Sou jy hom antwoord as hy met jou praat, of sal jy hom in sy gesig spoeg. Gaan jy ‘n smile op jou gevreetjie he, of een wat haat uitstraal? Ek is ‘n man en luister na die musiek van Ringo, Lucky Dube, ens. Steve se musiek word nie in my taal gesing nie, en ek het geen behoefte om ‘n bed met hom te deel nie. Maar Steve is op hierdie stadium die beste kans vir oorlewing van hierdie mooi land wat elke dag iewers adgebrand of afgebreek word. Hierdie land waar die slim mense werk skep vir die nasie en vir ieder huise gee. Hierdie land waar jou belasting aangewend word soos wat jy dit graag sou wou sien. Hierdie land waar my wit vriend nie ‘n werk kan kry as gevolg van sy vel kleur nie. Miskien hou jy meer van die sirkus wat ons nou regeer. ‘n Man wat verwys na bedrae wat ek nie eers weet hoeveel dit is nie – soos “eleventy three” soos “nine hundred and thirty nine million and sixty thousand and three thousand”. Is dit die staatmaker wie jy ondersteun? Of dalk iemand soos Malema wat vir jou vertel hoe hy die wit nasie in die see sal jaag, maar hulle tog vra vir hulle steun? Of dalk DA wat altyd iets het om oor te kla soos skoen rieme ens. Ons land het ernstige probleme en ons het ernstige persone nodig om dit op te los. Jammer maar Zuma, Zille en Malema is net ernstig oor hulle eie beursies.

nig ·

TAKUMUTO – steef het vir zuma genooi, nie andersom nie, okay!

madelein ·

dis bietjie hoogtyd. elke dag sit hulle in parlement baklei met Zuma soos kinders wat heeltyd gatte wil toesteek. nie een van hulle gaan kyk hoe ons staatshospitale. paaie skole ens lyk nie. als val uitmekaar.

staat is bankrot maar nuwe voertuie. en hoeveel drywers het elke burgermeester? ons burgermeester het n rukkie terug sommer lyfwagte gehad. hyt by die munisipale begrafplaas gewerk,kry hy sommer n hengse verhooging!!

daars onbekwaamde mense in hoe poste,geld word links en regs gemors op strooi.

pop ·

Nou wonder ek wie is kommin om so uit te vaar teen engelssprekende kinders. Dan jy is die grootste nar. Jys nog agter die tyd ook. Steve het lankal nie meer die engelse vrou nie. Kom tog by man.En julle almal wat so uitvaar teenoor die DA. Lyk vir my of dit lekker goed gaan in die Kaap. Wens ek kan soontoe gaan.

pop ·

Julle beter die stemmery iewers anders he. Mense is nie meer so opgeklits met facebook nie. Ek is ook daar af nadat ek hordes versoeke van wildvreemde mense gekry het wat my maatjie wou word.

Annelie Burger ·

Ek stem,iemand moet begin op staan vir ons blankes

Poppie ·

ten minste staan Steve op en doen iets ….. en is nie bang nie !!! well done jy het my volle support!

anet ·

Charl, Ek vind jou kommentaar baie onsmaklik, en wie is die sodanige “ons wat altyd moet kom uithelp?” Daardie dag het baie hartseer gebring vir sommige van ons, my broer het sy lewe verloor, so moet jy ook nie asseblief bitsige opmerkings maak nie. Jy is niks beter as die sogenaamde GROOTBEKKE nie.

Charl ·

Ek is jammer dat jou broer sy lewe verloor het, dit was totaal onnodig. En as die optrede daardie dag meer deurdag was sou dit dalk nie gebeur het nie. Is daar werklik gedink n paar mans met gewere sou iets kon vermag? En ek het ook al familielede verloor in die geveg vir my land. Net soos jy, en ander, is ek geregtig op n opinie, of jy daarmee saamstem of nie. Steve Hofmeyr sal julle nie red nie.

jacques ·

Gaan jy ons red ou maat?dan beter jy jou gat lig en iets doen want die tyd raak min.

Riaan Slabbert ·

Anet, moenie met idiote soos Charl probeer redeneer nie. Hy gaan sy dag kry waarop hy gaan wens hyt iemand gehad soos Steve. Ons is met jou Steve.

Vic ·

So tipies – beledig in plaas van n intelligente redenasie te voer – en dit omdat iemand nie met jou politieke oortuigings saamstem nie – ou Malema kan beter redeneer :)

Narike ·

Party mense tik so vinnig, dat hulle nie eers besef dat hulle spelling, sin vorme en begrippe nie eers sin maak nie….

Vir die wat krities is, ry maar die gravy train. Dis omdat elke blanke afrikaner nog altyd sy EIE mening gehad het, dat geen blanke party dit gemaak het nie. Dalk moet ons net bietjie na die anderskleurige partye gaan kyk en besef dat hulle, hul eie wil opsy skuif en vir een party stem wat hulle verkies sonder eise.

As Steve die politiek wil betree, laat hy. En die wat teenoor Engelse mense uitvaar, raai wat…. Verruil julle ossewa’s vir moderne voertuie asseblief.

Vir n engelse persoon, is ek uitmuntend in Afrikaans.

Rina Raath ·

Ja ons Afrikaners kon nog nooit saam stem nie, omdat elke een sy eie politiek het, MAAR te bang is om te begin, want meskien werk syne ook nie so goed nie! Ja Steve het sy foute en het baie gemaak en almal weet dit, hy het tenminste nie ewe skynheilig weggesteek nie? Kom ons gee Steve ‘n kans? EK STEM VIR STEVE!

Madeleine ·

Stem verseker vir Steve.
Is die dan nou die stem of waar stem mens

Laura ·

Madelein, op faceboek is n groep waarby jy kan aansluit en dan tel dit as n stem! Soek Miljoen Stemme vir Steve!

Bruno Stef ·

Deon n goeie begrip het net n halwe antwoord nodig . Doen die moeite en lees Flip Buys se skrywe asook die van Prof Koos en jy sal agterkom dat ons eerder ons gewig by mekaar moet ingooi as wat ons dit verdeel. Ek is enige een se ondersteuner wat my saak bevorder namens die Afrikaner en nie onderling mekaar aanval oor beuselagtighede wat op die ou end nie regtig saak sal maak nie.

Riaan Slabbert ·

Bruno, ek lees gereeld jou kommentaar en sien dat jy n regdenkende oopkop is. Feit is NIEmand (DA, FV, Solidariteit, Afriforum) kry iets vir ons beding nie. Ek stem saam dat ons nie moet verdeel nie, maar SAAMstaan. Kry dan jou party en wie ook al jy ondersteun sover om hul gewig agter Steve in te gooi as hy wel miljoen stemme kry en KIESERS lok. Hy is n groentjie in die politiek en daardie mense kan hom (en die Afrikaners) mos net aanvul, dan nie?

Dalene ·

Ontspan mense, ‘n miljoen stemme is bloot wensdenkery. Steve se fb volgers is nie eens 200 000.

Riaan Slabbert ·

Daleen, jy HOEF nie van Steve te hou nie. Jy HOEF nie van sy musiek te hou nie. Maar kry tog asb n bietjie liefde vir jouSELF en die Afrikaners, en stem vir hom omdat hy vir JOU en die Afrikaners staan, en die ruggraat het om iets te probeer doen…anders as Charl hierbo wat niks beteken vir niemand nie.

Vic ·

Wat n kleinlike opmerking oor iemand wat jy gladnie ken of iets van weet nie. Dis net vreeslike bang, of vreeslike verkrampte mense, wat dit nie kan verdra as iemand van hull verskil nie…….besef jy dat dit normaal is vir mense om verskillende sienings en persepsies van die lewe te he? Of glo jy regtig jou siening is die enigste een wat reg is? Arme Riaan……

Narike ·

En wanneer laas het jy jouself ingelig oor die media en Steve se aanhangers? Of praat jy ook met onkunde? Gaan doen jou huiswerk….

Narike ·

Daleen, plaas asb jou naam en al die ander mense wat nie vir Steve is nie, op ‘n lys. SODAT ons julle uit die party kan skop wanneer dinge draai…..

Viv ·

Nee, ou Narike, plaas julle maar julle name op n lys as julle sulke aanhangers is – jy kan nie vir die res van ons se wat om te doen nie, ons kan vir onsself dink…..wanneer dinge draai? Mense, julle leef in n droomwereld! Glo julle die snert? Word tog wakker, dinge gaan nooit draai nie, beslis nie in julle rigting nie :) :) :) Lag ek nou

ria zeelie ·

Ai die kommentare darem as van die mense nie koerante lees en tv kyk nie waar voor lees hulle dan die nuus op maroela media wys jou net hoe nuuskierig van hulle is en Steve sal julle wys hy kan en gaan President word so beat it !!!!YOU GO STEVE ????

Riaan Slabbert ·

Jys reg Ria…die arme Charl wil nie n Afrikaner wees nie, maar hy lees NET Maroela Media ;-)

Jake ·

En Hannelie… die feitlikheid van jou kommentaar word bepaal deur..?

Riaan Slabbert ·

Slegs deur haar eie inteligensie Jake…of liewer die geBREK daaraan.

Vic ·

Ja Riaan, en geniee soos jy gaan ou Steve sponsor vir die volgende 20 jaar – en slegter daaraan af wees as nou……

Hendrik ·

Hannelie ek stem saam. Daar is eenvoudige te min mense om enige verskil te maak in die demokrasie. Witmense is maar 1% van die stemgeregdiges. Ons het die leiers in die burgeregte groepe VVK, Afriforum, ens. Ons moet werkskep vir ons eie mense en selfstandig , selfversorgend word in ons selfbeskikking..

Ek dink ·

Hendrike n Vic en Charl is die enistes met ‘n brein wat werk hier. Al stem ALLE wittes vir steef (en hul sal NIE) sal ons nog steeds nie die land regeer – die swartes, kleurling en Indiërs is baie meer!

Asjas ·

Hannelie, ek stem 100% saam met jou!
Alle mense, leiers of nie, het klei voete. Pasop vir wie julle ophemel as die enigste en ware. Daar is n hele paar klei voete wat ek ken en te veel van weet om ooit my stem voor te gee. Dit sluit gelukkig nie vir Steve in nie maar van die ander mense wel….
Wat ek eintlik wil sê: niemand is perfek nie – wees baie versigtig. Die internet is n goeie bron. Doen bietjie navorsing oor ander groot name….. dit kan baie interessant raak ;-)

antoinette booysen ·

Ons volk kort ‘n leier wat ons tot groot hoogtes kan voer! Mag die Here jou seën en as Sy instrument gebruik, in diens van God se volk hier in pragtige Suid Afrika!

ladybug ·

Steve, ek sal die admin kom doen! Betree die politiek en help ons want niemand anders kan nie, want hulle is te bang!

Hannetjie Harvie ·

Daleen, Steve sal lag, lag meer as n miljoen stemme kry, ek weet nie van jou nie, maar ek het trots Afrikaans, en trots in n Boere huis groot geword, waar n man, n man was, en glo my daar is nie veel van hulle oor nie. Die man in jou lewe is seker een van daai wat met sy aktetassie in die kantoor sit, en onder die tafel induik as die gevaar dreig? Steve is n MAN wat nie bang of skaam is om te veg vir sy beginsels nie.

Vic ·

Watter beginsels het Steve? En waar het Steve al sy mannemoed bewys – hy sing, mens, hy hardloop nie met n geweer rond en beskerm vrouens en kinders nie….maak net baie van hulle. Belaglik

Deon Pretorius ·

Kyk eerder http://www.ndp.org.za en sluit by hulle aan. Die Nasionaal Demokratiese Party (NDP) is op 1 November verlede jaar gestig en staan presies vir dit wat ons op grondvlak wil hê.

Janette Bruwer ·

Steve ken ons land se geskiedenis op die punte van sy vingers en van politiek weet hy baie meer as die meeste mense wat in die parlement sit. Ons het iemand soos hy nodig wat nie bang is om sy se te se nie en wat kan standpunt inneem. Malema sit in die parlement, hoeveel te meer hoort Steve nie daar nie. Ek en my mense is met jou Steve.

ct ·

Al wat ons nou nodig het is nog n party wat die Suid-Afrikaners se stem verder verdeel. Die is nie n goeie plan nie.

Janette ·

Ons het iemand soos Steve nodig in die politiek. Hy kan sy man staan.

victor ·

I love this debate it is funny i am english but my children go tp afrikaans schools i love my heritage our country is lost any person that wants t
o take over this country go for it we are lost.

Anneke ·

Hannelie, ek het nou so lekker gelag dat die trane loop! Ek kon dit nie beter gestel het nie.

Narike ·

Wel, gelukkig sal Steve die eerste president wees wat nie met die tronk verbind hoef te word nie…

Ria ·

Maak die ander partye van kant, hulle maak net ‘n bespotting van ons land, die 2 buite perde (Steve en Malema) kan mekaar dalk ‘n run gee vir ons geld :-) Steve ju het meer mense agter jou as wat jy dink.

Heila Fourie ·

Hi Steve
Hierdie grys ou tannie sal saam met jou staan. Ek het jou bitter jammer gekry toe jy verguis is met jou “haatspraak” Maroela wou nie my e-pos aanvaar.
Watter mooier woorde is ONS SAL DIT OORLEEF. Dankie
Granny

Ek dink ·

Ag tannie Granny watookal, gaan hekel ‘n paar sokkies hoor

PrinkkelPrinses ·

Ek dink ou Steve is te lig in die broek om hierdie ding te kan deur trek. Hierdie hele ‘Afrikaner staan sterk’-ding van hom het begin as ‘n ‘aandag trek’-foefie, en nou ry hy maar nog net die golwe daarvan. Die algemene Afrikaaanse persoon gryp na strooihalmpies in die hoop dat daar ‘n uitkoms sal wees, en hulle dink nou dit kom in die vorm van Steve Hofmeyr.

Nina ·

Ag, ou prinkkelprinses (kan nie eens jou skuilnaam reg spel nie….uhg), gelukkig het Steve nie slapjanne soos jy agter hom nodig nie. :)

Luttig ·

Shoe mense kan julle nie sien dat dit nie net die ander kleuriges is wat ons land reuneer nie maar die feit dat die wittes nie kan saam staan nie. As al die wittes net vir een party stem dan sit die land alklaar met ‘n nuwe regeerende party.. Of dit nou Steve is of enige iemand anders dit maak nie saak nie solank as wat die wittes nie gaan saam staan nie gaan die land net meer ateruit gaan. Almal wat dink hulle word nie geraak nie lieg vir hulle self elkeen van ons, ons kinders en ons kinders se kinders word geraak deur ons besluite. Besluite om nie betrokke teraak nie, besluite om net dit telaat gaan want (more) gaan dit verby vlieg. Raak wakker as niemand iets doen nie gaan niks gebeur nie. Elke een van ons kan ‘n verkil maak dit hoev nie ‘n groot een tewees nie maar as almal bietjie doen dan word daar verskriklik baie gedoen in totaal. Los besigheid uit die idee uit en werk aan mense verhoudings wat tel.

Ben ·

Waardeer wat Steve doen maar ons het nie nog n party nodig om stemme verder te verdeel nie – Eendrag maak mag.
Steve en Dan en Afriforum en VF+ moet saam trek!
Vergeet tog van al die verraaier stories en waardeer die mense wat bereid is om iets te doen..

G vd Merwe ·

Gaan vir dit Steve. Ons soek stemme en miskien n koalisie om eenheid te kry!
Groete
Gert
20/03 2015

julius ·

Ek wou graag by die Facebook groep aansluit, maar sjoe, wat ‘n simpel spul mense wat die groep oorheers. Ek sal beslis vir Steve ondersteun indien hy sou besluit om die politiek te betree.

Abel Sanders ·

Die deursnit persoon wat Steve se politiek ondersteun is nie die tipe persoon saam met wie ek in n politieke party sal wil wees nie. Ek het al op vele forums gesien hoe hulle mense dreig en slegsê. Ek is rerig verbaas dat Steve nie meer doen om hulle aan te spreek nie. Ek het beter van hom verwag.

Albert ·

Abel, jy vereenselwig jouself dus met geen politieke party ter wêreld nie? In elke politieke debat kry jy die vloekers, skellers en slegsêers. Van alle kante af. Karakterskending is nog altyd deel van politiek. Die dreigemente kan mens mos maar ignoreer. Lae klas mense het allerhande oortuigings.

Steve Hofmeyr het al by tye gesê dat naamnoemery en afkraking niemand help nie. Maar dit sal voortgaan. Mense is mense.

EMK ·

Albert so is dit wat ou steef gesê het? Hy is dan self skuldig aan naamnoemery en dit nogals deurdat hy sy liewe vroutjie “popsterafleiding” genoem het! Wys jou van sy karakter ne! Maar nou vergewe almal die mannetjie want hy gaan ons dan nou lei. Hy is so tipies van die krotmannetjiesindroom – mens sien hul oral, windgat, grootbek en geen idee hoe om vrouens te behandel nie

Albert ·

Ek wonder nou so by myself hoeveel van die “ingeligte” kommentators, pro-Steve en anti-Steve, ken die man goed genoeg om regtig kommentaar te kan lewer. Hoeveel van julle grond julle opinies op dit wat julle geleer het in julle persoonlike interaksie met Steve Hofmeyr? 0%? 10%? Niemand?

Ons as Afrikaners het op die oomblik niemand wat ons werklik op nasionale vlak verteenwoordig nie. Die VF+ is n tandlose ou nasleepsel van Andries Treurnicht en Eugene Terreblanche se belaglike siening dat Afrikaners die uitverkore volk is wat, ten alle koste MOET oorheers.
Front Nasionaal is n bende sogenaamde “intellektuele” wat niks beter het om te doen as om te kots oor n droom wat niemand werklik glo of wat ooit werklik kan gebeur nie.

Die DA tjank heeldag oor almal wat dieselfde is. Een SA, een Nasie. Loutere twak. Groepskultuur beteken vir hulle niks. Daars nie Afrikaners of Zulu’s of Pedi’s nie. Net Suid Afrikaners.

Dus, as Steve Hofmeyr reken hy kan n verskil maak, gee hom kans. Omdat hy n trotse Afrikaner is, is Afrikanerkultuur vir hom die hoofsaak. Maar hy het al verskeie kere gesê dat hy net so hard sal baklei vir ander Kulture se bestaansreg. Of dit nou Tswana of Indier of Chinees is, dit moet beskerm word.

Vergeet van sy verlede. Niemand is onskuldig nie. Vergeet van die cheap cop-out verskoning dat Afrikaners nie kan saamstaan nie.

Gee die man n kans.

HEVW ·

Wat n laagtepunt is al hiedie debatering. n Volk word aan sy leiers geken.

johan ·

jammer ou steve jy is een van daai wat ja gestem het en liedjies geskryf het oor hoe lelik die afrikaner is en nou wil jy dinge weer reg maak sorry jy het jou kruise getrek , soos hulle se spuit kom altyd te laat . my gewete is skoon wat ek het nee gestem , geweet wat kom ………..

Swanna ·

Eish. Stevie het nog nie eens die politiek betree nie en kyk wat se poelmiek veroorsaak hy tussen ons WITTES. Hel mense waaroor gaan julle so te kere? Sê mekaar sleg oor niks wat retig saak maak nie. Ou Stevie moet hom eers bewys wat hy regtig kan doen. Meeste politikuste gaan net om in die lekker stoele van die Parlement te gaan sit soos Oom Nicky van den Berg. Waar is hy NOU? Doodstil. Oppas Stevie jy kan dalk die selfde pad loop. Moenie ‘n ding begin as jy dit nie voluit kan deur voer nie en die mense teleurstel op die ou einde en ‘n wrang smaak in almal se monde los.

Louisa truran ·

ek stem vir Steve ek hoop in die toekoms dat hy sy woorde sal tel en n goeie en opregte afrikaaner sal wees stand op vir jou mense

Louisa truran ·

Steve ek hoop in die toekoms dat hy sy woorde sal tel en n goeie en opregte afrikaaner sal wees stand op vir jou mense

Albert ·

Wonder wat van my kommentaar geword het? Maroela Media, enige anrwoord?

At ·

Dit lyk my hier is n klomp ET aanhangers war nou naarstigtelik na ‘n nuwe leier soek.

Albert ·

At, die probleem is dat daar GEEN Afrikanerleier is nie. So nie net die ET’s soek nie.

Kotie Erasmus ·

staan agter jou Steve, soos 1 man sal ons veg vir wat ons sin is!!!!

Santie ·

nee wat Steve moet maar liewer sing en n fliek soek om in te speel. Genoeg verdeeldheid onder witmense en nog klein minderwaardige partye met blink Stefaanse dien geen doel.

Elize Jacobs ·

Ons het iemand soos Steve in die land nodig wat staan vir wat hy glo.

malinda ·

Dis nou ons geleentheid om saam hande te vat. En kom ons bid eerder vir Steve kom ons bid dat die Here hom sal lei en met wysheid sal seën. Want rêrig ons het n leier nodig.

Andre ·

Haha…. hier is weer ‘n klompie Steve-aanhangers wat nie al hulle varkies op hok het nie… o hene ons gaan nog lekker lag.

Alida ·

Janee, Andre – pateet patoet patat. Iemand maak weer sy naam Kimberley se …

hans ·

Lag hy noem dit die afrikaner freedom front, dan het ons die eff en die aff. Hulle kan smmer ook blou oorpakke dra.

Michael ·

Dis reeds met julle almal se agterbakse komentaar en praaitjies dat ons sit waar ons vandag sit en julle is die eerstes wat hardloop en huil soos sleg honde.Daar bewys julle self,wat wit afrikaners genoem word,presies hoekom ons nasie nie kan saam staan nie maar moan en kla as daar iets nie reg gaan nie.Groot bek,en as jou eie kleur en nasie omdraai,steek jy hom in die rug saam die een wat nie eers twee keer sal kyk of dink om jou of enige iemand na an jou seer te maak nie.Daar is tenminste nog een Afrikaner wat wil opstaan vir al die Afrikaners,maak nie saak of jy lafaard is of agter die duer staan nie!Hy gee net om vir ons as n nasie en wat ons moet toekom en ons sin was maar nie meer is nie.Hy wys hom self, en praat vir almal wat nie kan nie, of bang is,en nie soos jul wat in donker hoekies staan en skree en wegkruip nie!!! ONS STAAN SAAM JOU STEVE!!!! 100%

charles se tjom ·

Hahaha mense. Ek swot tans op universiteit. Dit is vir my skokkend -die gebrek aan logika by studente en hoe studente hul lewens eenvoudig net kan mors. Ek het na hierdie KOMMENtaar op die artikel egter agergekom waarom dit so is, dis omdat dit julle kinders is.
Wit Suid Afrikaners is so desperaat vir n simbool van hoop, n stem wat namens ons praat, dat julle vir Steve sal kies. Die afrikaner js n baie kritiese persoon en die bewys is duidelik onder elke liewe artikel wat wit afrikaners raak. Ons kan en sal nooit saam staan nie. Boere oorlog was skaars verby of ons baklei klaar tussen Hertzog en Smuts.
Mense. Asb. Hou op. Moenie ons in die verleentheid stel met Steve nie. Ek as wit suid afrikaner wil glad nie met hom geassosieër word nie.
Mooi naweek vir almal.

Pretorius ·

Dis veraaiers soos jy wat nie wil saamstaan nie, gelukkig is ek nie charles se tjom nie

Viv ·

Petoors –
1. Leer spel voor jy kan stem
2. Dis n demokrasie – elkeen kan besluit vir wie hulle wil stem
3. Wie het jou God gemaak, om te oordeel of ander verraaiers is
4. As dit verraad is om nie vir n simpel sangertjie te stem nie, leef ons in n piesangrepubliek.
5. Nie veel verskil tussen die Stem vir Steve aanhangers en die klomp EFF aanhangers nie – ewe onlogies, ewe swakgemanierd, ewe verlore en gryp na enige aap as leier

Narike ·

Viv,
Dis Pretorius en nie Petoors nie….. Kan jy nie lees nie? Jy het die spel probleem.
En hoe kan jy vir Steve oordeel as ‘n aap leier? Jyt dan in jou kommentaar gesê dat Pretorius nie mag oordeel nie, hoe dan nou? Is jy God? Skaam jou…..

Leon ·

Het iemand al daarvan gedink om te bid vir oplossings vir die vraagstukke? Eenheid is beter as verdeeltheid.

Petrus ·

Ek het per toeval op die web werf afgekom. Dis jammer hoe die Afrikaners so verdeeld is. Ons kon nog nooit en sal nooit kan saam staan nie. Hou op om hulle tyd te mors met die gemors.

Petrus ·

Ek het per toeval op die web werf afgekom. Dis jammer hoe die Afrikaners so verdeeld is. Ons kon nog nooit en sal nooit kan saam staan nie. Hou op om hulle tyd te mors met die gemors.

dawie ·

Dis chaos wat ek nou lees hoe Afrikaners mekaar blameer en vinger wys. Vergeet dit asb wat gebeur het. Ondersoek onsself nou en is dit moeite werd. Kom ons wees heerlik? Ons as Afrikaners wat in Christus glo en hou ons almal se hande saam vashou en bid saam dat ons nuwe Afrikaner leier nodig het. Vergeet ons almal se verlede en wat gister gebeur het. Vergeef mekaar wat ons almal mekaar vingers wys. Kyk mekaar rond en wees bly dat ons nog lewe en kyk vorentoe wat ons nodig het. As ons dit so aangaan met slegte dinge is ons niks werd nie en nie moeite werd ni. Dit is op die hande van Bo waarin ons moet glo en gee n mens kans om leier te word v ons Afrikaners waarin ons kan saamstaan. Moenie ons kanse weggooi ni. Staan saam om leier te stem soos Steve al waarvan baie mense hom ni hou ni of van hom hou? Steve alleen kan hy ni bo kom ni en hy benodig ons Afrikaners om v hom te ondersteun. Ondersteun hom en gee hom kans soos ons almal hande kan saam vashou!Cheers

Carlo ·

Hi ek n gestremte men’s ek is n Groot fan van jou dankie wat jy vir ons gaan doen baie dankie ek sal vir jou stem belowe ons het iemand noddig soos jy , jy staan by jou pin ons moet ons ou mensse help in vir alle vrouens ook Dankie

Moeg vir Pseudo-Christen Afrikaanse volk ·

Hierdie “volk” het nie Steve nodig nie, hulle het Jesus nodig.

piet afrikaner ·

Steve is n “has been” en “embarrassment” vir die res van ons

Dave ·

Mensig julle is komies! En gek! En júlle wat so graag die woord ‘verraaiers’ rondgooi behoort in die spieël te kyk want dit is absolute verraad om jou eie volk belaglik te maak. Inderwaarheid ook nie snaaks wanneer gekyk word na die politieke geskiedenis van die Suid Afrikaner. Toe die HNP gestig is is die konserwatiewe ondersteuners uitgekryt en toe die KP gestig is hardloop dieselfde grootbekke na die KP en slaag daarin om die regsgesinde stem te verdeel. Van verraad gepraat… Net daarna draai dieselfde groep wat oorspronklik begin het as NP-lede kompleet links en ondersteun die liberale DA en elk van hulle stem toe saam met Zille vir dit wat hulle ‘regstellenda aksie’ noem. Nou dat hulle gehelp het Eskom kompleet bankrot te maak, sing hulle ‘Die Stem’ en noem hulself weer konserwatief. Hulle eis dat Die Stem in Afrikaans gesing word maar hulself kan nie in Afrikaans skryf! Hul eie taalgebruik is so power dat dit grens aan minagting vir Afrikaans. Wat doen dieselfde spul rondspringers nou? Nou het hulle besluit dat ‘n sanger wat niks van politiek af weet nie hul president moet word want hy het “Die Stem’ gesing! Iemand het effens hoër die Hofmeyr-aanhangers vergelyk met die EFF-aanhangers. Dink dit was jy Viv. Dit was raak gesê… dit kon ook jy gewees het wat gesê het hoe meer konserwatief, hoe swakker die taalgebruik. Jy het ‘n klompie raak dinge gesê. :-)

Eliza-beth ·

Dave – ek stem so saam met jou en ‘n paar ander op die forum. As Hofmeyr nou wil wys daar steek iets in hom – begin onder. Begin deur jou “volk” te leer lees en spel en op te hou om ander sleg te sê – baie swak karaktertrek en nie mense wat ek mee wil geassosieer word nie. Leer die Afrikaanssprekendes om weer trots te wees op hulself deur onder meer bostaande aan te spreek. Raak gekwalifiseerd – maak nie saak of daar werk is nie – niks en niemand kan geleerdheid van jou wegneem nie en so skep ons ‘n “kwaliteitsvolk”. Ons soek nie ‘n klomp ongeletterde swape wat dink hulle gaan êrens kom met hul arrogante ons-is-die-uitverkorenes-omdat-ons-wit-is- houding nie. “Steve vir president”? Dit laat my lag – die witmense is die minderheid en besef dit eerder GOU en probeer liewer saamwerk en julle medeburgers, hetsy velkleur, saam met julle te laat staan DAN kan ons dalk iets uitrig. Maar deur elke anderskleurige as ‘n vyand te sien gaan julle net julself in ‘n meerderheidsmuur van verset vasloop. Steve is ‘n intelligente en welbelese man – hy moet sy energie beter gebruik deur mense aan te moedig om ‘n volk te word waarna almal kan opsien omdat ons ordentlik is en lewe in plaas van om mense op te steek en onmin te saai met die sing van Die Stem. Persoonlik het ek niks teen Die Stem nie, dis wat my betref ‘n mooi gedig, maar as dit in ‘n opstekery en op kwaadwillige wyse misbruik word dan is dit verkeerd en klaar.Hier is genoeg moeilikheid en tweedrag, dis nie nodig om meer van ‘n openbare verhoog af aan te moedig nie. Die wat dit nou nie kan insien nie moet bietjie introspeksie hou.

Jan ·

Ek raak gatvol vir mense op hierdie forum wat elke mens wat spel en sinsfoute maak as agter-af en ongeletterd afmaak. Dis dalk julle sterk punt , maar daai persone het dalk ander sterk punte wat julle glad nie kan bykom nie. Tale op skool was nie my sterk punt, maar in wiskunde en wetenskappe het ek weer uitgeblink. Laat die son tog oor ander mense ook skyn, julle is nie verhewe bo hulle wat nie kan spel nie. Gaan google bietjie persone wat disleksies is of was en wat het hulle met hulle lewe gemaak…oa Richard Branson, Cher en Max Factor, Glo nie een van julle sal behaal wat hulle behaal het nie !

Dave ·

Dankie dat jy vir my stem Walter. Ek moet jou egter teleurstel en sê dat ek nie beoog om ‘n politieke party te begin. Jy het ten minste beter smaak as die spul wat almal vir Hofmeyr wil stem ten spyte daarvan dat hy bôggerol van politiek af weet!

Gert van der Merwe ·

Sien, ons Afrikaners sal nooit verder kom nie. Plaas ons saam staan en teen die duiwels baklei, veg ons met mekaar. Kom mense ons moet dink en ons self regruk en saamstaan. Saam staan is wat die ANC so sterk maak

Dave ·

Heehhaaheee…. Eliza-beth, hulle is komies.. ek is bly jy lag saam met my vir mense wat wat nie ‘n idee het oor wat die woord ‘realisme’ beteken. Hulle droom werklik van ‘n splintergroepie wat die ander gaan wegvee. En Gert van der Merwe se gewete laat hom toe om vir ‘regstellende aksie’ te stem. Eintlik behoort kiesers eers eksamen te skryf voor hulle toegelaat word om te stem, sodat hulle bewus is waarvoor hulle stem.

Casper ·

Steve se kwalifikasies en intelligensie vlak is te hoog. Hulle sal hom nooit toelaat in die parliment nie.

Maria Pieterse ·

Ai memse!!!! Al wat ons moet doem is net almal saam staan. Maak nie saak wie op die einde die party gaan beheer nie. Ons is die mindere in die lamd. Swary en bruin staam saam maar ons wittes kan mie em dis die grootste probleem. Ons gaan nooit almal dieselfde wees, dink of doen nie. Almal is verskillend. Kom ons staan net saam vir eens en altyd. Dis nou of nopit

Chris ·

Hier is die sms.lyn. SMS STEVE jou Naam en Van na 33167. Normale tariewe van toepassing. Geen winste word.vanaf SMS’e verhaal nie.

Koos ·

Ja, nou lees ek die kommentare. Tipies die VOLK se seining. Los die kommentaar. ek spreek die KRAG, WYSHEID EN INSIG oor Steve uit wat NET GOD vir hom kan gee.

Gert van der Merwe ·

Wat help nog n klein party. Net nog n ou groepie wat blaf vir “pay”in die parlement. Dit sal niks help. Staan sterk saam met ander partye of jy saam stem of nie. Dis immers beter as die ANC.

sarie van heerden ·

Steve, bly net waar jy is en los die politiek. Jy kan die mense malmaak sonder om al hul snert te moet opeet. ‘n Aktivis doen baie beter vanwaar hy mense se bloeddruk opjaag van agter sy rekenaar as om jou bloot te stel aan die storietjies van die minder intelligentes. Kyk maar net hoeveel mense ondersteun jou ………………. so daar van agter jou rekenaar.

daan liberaal ·

As ek so die komentaar lees, stem ek saam julle tipe afrikaners het n leier nodig. En gou ook, dalk n eiland dan kan julle daar gaan bly op julle eie. Dan hoef julle glad nie saam te werk aan n nuwe suid afrika waar almal gelyk is nie. Dit is seker baie moeilik vir julle om te onderskei tussen ou gewoontes en nuwe idees. Ons is op die oomblik baie beter af as ooit tevore. Ons kan nou ons eie toekoms beplan en dit is vryheid.

Dan ·

Daan Liberaal, daar skort iets groot met jou ou maat. In welke land woon jy? Amper 90 000 blankes vermoor sedert 1994 en jy noem dit vryheid? Jy is beslis ‘n kandidaat om vir Hofmeyr te stem; net soos jy glo hy onvoorwaardelik dat die NSA vir die Afrikaner ten goede sal uitwerk.

Leon ·

Ek wonder of almal wat Steve aanmoedig, op stemdag vir hom sal stem? Of vir n ander party? Dis mos n afdag, en ons is altyd gereed om te braai
Laaaaaaang rye maak ook nie deel uit van ons voorkeur aktiwiteite nie.
Ek sê maar met…. Ou grote.

EMK ·

Die ergste ding van sovele kommnetare hier is hoe hul hulself altyd op God beroep – dielfde God wat hul medeburgers OOK geskape het, wat ons vertel ons moet ons naaste liefhê soos onsself, dat ons nie mag oordeel nie, ens ens… Nou hoe verwag hulle HY moet tot hul redding kom as hulle sy ander skepsels sleg behandel, vloek en vervloek, haat ens? Die antwoord lê nie by nog ‘n (mis)leier nie, maar by mense wat hul houding en lewenswyse sal verander en naasteliefde uitleef.

Jan ·

Naaste, Wie is naaste aan jou , jou kinders, familie, volksgenote of Zuma en sy trawante?

Dave ·

Stem jy maar saam met Zille vir ‘regstellende aksie’ en hou op met kla oor die elektrsiteits tariewe want julle kry waarvoor julle vra. Daar’s nie ‘n kans dat ek my volk sal verraai deur te stem dat blankes oorsee moet gaan werk soek en al wat ‘n swart vel is kry voorkeur vir die uitsoek posisies in die land. Tòe Gert van der Merwe, gaan stem jý maar saam met haar vir regstellende aksie.

Dave ·

Eliza-beth….. ek is bly jy geniet dit saam met my… lag saam met my.. :-)

Eliza-beth ·

Dave, ek kan eintlik net my kop skud. Lees Sollie se antwoord ek moes self twee keer lees haha!

Dave ·

Hhheehaa .. kan nie ‘n steek verstaan van wat Sollie sê :-)
Eintlik Eliza-beth, is dit snaaks dat hulle nie eens besef hulle maak kraters van hulself.

Rina Raath ·

Hi weet jy die mense is giftig jaloers, gooi met modder en beledig mekaar en HET EK AL IETS GEHOOR VAN GEBED IN DIE SAAK? Ek glo net GOD kan ons red uit die gemors waarin ons land is, glo julle dit?? Die Woord van God sê: As hierdie volk oor wie my NAAM uitgeroep is, HULLE VEROOTMOEDIG EN BID, DAN SAL EK HULLE LAND GENEES! Vra God en Hy sal. het ons al probeer? Waar is ons VOLK, WAAR ??????

Rina Raath ·

Weet nie wat ek nou verkeerd doen nie, is dit nou omdat ek GOD se hulp inroep en vra dat ons moet bid vir ons land??????? Nou kan my antwoorde nie geplaas word nie? Vra Net.

Dave ·

Nee, die rede is anders. Dit is omdat jy so ‘n kansvatter is en sê dat die mense mekaar met modder gooi terwyl daar slegs mense is wat vir die ander lag. En dit dan erger maak deur af te sluit met die holruggeryde ‘Vra net’. Elke 3de briefskrywer eindig hul briefies so. Nie kanse vat nie Sus, lees weer en jy sal geen gif of modder maar vele glimlagte sien……… as jy die kuns ken om tussen die lyne te lees.

Penelope ·

Ek sal vir enig ou stem solank hy net baklei om die doodstraf terug te bring!!!!!!!!!!!!!!!! Steve is nie my gunsteling mens nie was nog nooit, maar as hy ‘n verskil kan maak hoekom nie vir hom die kans gee nie? Elke ou kan self besluit of hy vir hom gaan stem. Ek bly in die Kaap het vir 8 jaar in JHB gebly………….. Hengse verskil mense. As Steve nie homself kan bewys nie dan stem ek maar weer DA. (Wens die DA wil ophou baklei vir snert en fokus om die doodstraf terug te bring)

Eugene Viviers ·

Stuur asseblief die SMS nommer waar ons vir Steve kan stem.

nellie grant ·

ek en my man stem vir Steve stuur asb die nommer om per sms te stem

Hester ·

Steve ek staan ook agter jou. Dit is dalk bietjie laat maar nou eers hier op afgekom. Jy staan vir wat ons voel. Moenie ophou nie. Familie Stein mos mekaar. Jy moet tog n antwoord stuur, ek het soveel wat ek kan mee deel. Dalk help iets net vir n volgende keer. Wil nie nou als hier uitblaker netnou kry die ander dit en gebruik dit teen ons. Net as jy wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.