‘Gaan Suid-Afrika oukei wees?’

Deur Elaine Krige

Suid-Afrika sal “oukei” wees as elkeen net sy kant bring. Só skryf die joernalis en politieke kommentator Jan-Jan Joubert in Gaan Suid-Afrika oukei wees?, wat Maandagaand by Exclusive Books in Pretoria bekendgestel is.

In dié boek bespreek Joubert verskeie knelpunte binne die Suid-Afrikaanse politieke landskap, soos of pres. Cyril Ramaphosa ʼn redder of swakkeling is, die probleme binne die DA en Julius Malema se plan met die EFF. Hy doen dan bepaalde aanbevelings aan die regerende party om Suid-Afrika reg te ruk, maar sê ook wat gewone landsburgers kan doen om vooruitgang in die land te bewerkstellig.

“Ek glo dat die ANC die vermoë het om die land reg te ruk. Ons huidige president het ook die wil om dit te doen,” het Joubert Maandag tydens die bekendstelling gesê. Hy skryf in die boek dat dit nodig is vir die ANC om pro-aktief op te tree en oplossings vir probleme te vind nog voor die probleme ontstaan.

Joubert meen Ramaphosa glo nie werklik in grondonteiening sonder vergoeding of die huidige rassebeleid van die ANC nie. “Sy uitlatings móét gunstig wees jeens hierdie beleidstellings, om die ANC tevrede te hou. Ongelukkig is Ramaphosa ook ʼn dienswillige instrument in (adj.pres.) David Mabuza se hande en as Mabuza sê spring, dan vra Ramaphosa hoe hoog,” meen Joubert. Joubert twyfel ook of die regering uiteindelik die reserwebank sal nasionaliseer, aangesien die regering eenvoudig nie die geld hiervoor het nie.

Jan-Jan Joubert (Foto verskaf deur Jonathan Ball Publishers)

Joubert het Maandag ook gesê Julius Malema, leier van die EFF, se langtermyndoelwit is om terug te keer na die ANC, maar dat die leierskap van sy eie party in sy pad staan. “Die ander leiers van die EFF het waarskynlik niks om te wen deur terug te keer na die ANC nie en dreig selfs om die party te verlaat indien die EFF met die ANC saamwerk,” sê Joubert.

Oor die voorstelle wat Joubert in die boek maak vir Suid-Afrikaners om betrokke te raak by die oplossing sê hy: “Suid-Afrikaners is sleg daarmee om met oplossings vorendag te kom. Suid-Afrika sal oukei wees as elkeen net sy plig doen na die beste van sy vermoë. Dit is egter ʼn voortdurende proses van groei en verandering en behels dat jy luister na dít wat jou ongemaklik maak.”

  • Jan-Jan Joubert het ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om meer oor sy boek, Gaan Suid-Afrika oukei wees?, te vertel. Hy benadruk dat elke Suid-Afrikaner ʼn verantwoordelikheid het om te verseker dat die land nie dié keer oor die afgrond tuimel nie. Joubert verklap ook wie sy 12 gunsteling-parlementslede is en hoe hy die toekoms van Afrikaans en die ekonomie sien. Luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.
  • Lees ook meer oor Jan-Jan Joubert se jongste boek hier op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Dolf ·

Ai tog, sekere Afrikaners sal skynbaar altyd positief bly, al is hulle reeds oor die afgrond. Die land is klaar vernietig. Niks of niemand kan dit meer red nie. Jare se foute word nie sommer “reggedokter” nie. Die wêreld om ons het ook verander en die land het sy plek aan die tafel verloor. Ons bedrieg mekaar net met die positiewe nuus.

HouHoop ·

Ek stem 100% met jou saam dat die land ver virby geneesbaar is (op korte termyn) deur middel van enige menselike oplossings en of regerings/ekonomiese beleid. Onthou net altyd dat ons Vader in beheer is en Hy het die mag en ek glo die wil om die land op Sy tyd weer reg te ruk. Dalk eers oor honderde jare, maar dit sal kom. En Hy verwag van Sy kinders om ook te baklei daarvoor en altyd vir die regverdige en regte dinge op te staan en te werk (vrugte vd Gees). En dit sluit in om nie hoop op te gee omdat die land lyk soos dit doen. Hou hoop in die Almagtige se Naam!

De Villiers ·

WIL en KAN beteken steeds nie DOEN nie, wat eintlik in die hele formule ontbreek. Daar is niks wat die ANC dryf om tot die daad oor te gaan nie. En as dit wel tot die daad oorgaan, is dit gewoonlik ondeurdag. Almal WÍL alles beter hê, maar daardie WIL kan nie realiseer as jy nie KAN nie, hoe graag jy ookal wil. Bv. Ramaphosa WIL die ekonomie laat groei en beleggingsvertoue laat toeneem, maar hy verkondig grondonteiening sonder vergoeding ongeag of hy dit voorstaan al dan nie. Dis ondeurdag, daarom KAN dit nie gebeur nie. Solank ideologiese, absurde en roekelose idees en uitsprake binne die ANC heers, KAN daar ongelukkig nooit voorspoed wees nie.

Dries B ·

Party mense weet net watter kant sy brood gebotter word ,ons op die aarde mense sukkel maar met sulke sieninge ,ons wil dit graag verander ,maar ja dis n ander punt.

ryan ·

Hier in my dorp is daar ook mense (veral boekskrywers en kunstenaars) wat in ‘n borrel leef en glo als is net soos dit moet wees. Hoe sien jy afrikaans en die ekonomie Jan? Hier is hoe ek dink dinge sal word, as ons ophou baklei en net in ons borreltjie lewe soos jy :
Die eff sal mettertyd oorneem, als afneem, en blankes sal met treine vervoer word na marteling kampe waar hulle uiteindelik sal smeek om eerder doodgemaak te word.

Feite ·

Ja SA gaan oukei wees vir die rewolusionere ANC, maar beslis nie vir anti-rewolusionere opposisie nie, omrede die ANC met hulle transformasie beleid witmense steeds uitsluit van deelname aan die ekonomie. Marxistiese pan africanist en sosialistiese denke polisiering is reeds ook aanwesig in die parlement, die MRK, regbank, hoer onderwys, staats en semi-staatsinstellings en werksplekke. Daar is dus geen beweegruimte binne die ANC se SA vir westerse denke en oplossings nie. Die ANC gaan bloot aangaan om ander mense se geld te kaap vir die ANC se kapitalistiese sosialistiese welsynstaat. Zuma moes die rand laat val vir die ANC en CR moet die rand optel vir die ANC. Indien CR dit regkry sal daar na hom weer n ANC president kom wat die rand moet laat val vir die ANC. Die ANC rewolusionere prosesse sal dit self bly herhaal totdat volle politieke mag en ekonomiese beheer aan die ANC behoort en daar geen meer white monopoly capital in SA bestaan nie. Wat apartheid aan swartmense gedoen het, beoog die ANC om aan witmense te doen. Enige witmens wat nog steeds daaroor twyfel, woon ongetwyfeld op n ander planeet!

Danie ·

“Suid-Afrikaners is sleg daarmee om met oplossings vorendag te kom.”
Nee Jan. Sommige het net moeg geraak om goeie oplossings deur baie opoffering te verskaf en dan hoegenaamd geen voordeel daaruit te trek nie. Daar word die heeltyd verwag dat die ekstra myl gestap moet word. Daardie ekstra myl moet op ‘n leë tenk gedoen word. ‘n Voertuig kan ook net solank met ‘n leë tenk loop voordat dit gaan staan.

John ·

… David Mabuza is Cyril se opperhoof? Hoekom is David dan nie die president nie? Cyril weier om enige ANC-onderdaan te laat vervolg, maar hy dien die land? Saamstaan en handevat en saam die afgrond in dons… Is die plek se naam daar ver onder Okei? Hey?
Dalk is Jan-Jan se naam, Jan! Jan!

Skepties ·

Word wakker Jan Jan, die land is lankal nie meer oukei nie.

Jacobus ·

Na die 1994 verkiesing het ek as jong man gedink Suid Afrika gaan ” oukei” wees omdat alles taamlik rustig verloop het met die verkiesing en ‘n jaar of wat daarna met die Wêreldbeker Rugby.

Gou het ek egter agter gekom dat ons nie oukei gaan wees as Blankes nie met die inwerkingstelling van SEB en RA asook ander onderdrukkende wetgewing gemik teen die Blankes maar wat ook uiteindelik die ander rasse in Suid Afrika negatief gaan tref.

Die WIL en KAN is daar maar ons word deur wetgewing verhoed om te DOEN.

Ek vertrou ook geen politici en hulle uitsprake nie want dit het ‘n gewoonte geword by die ANC om alle probleme en foute by die Afrikaner en nou ook die Engelse te soek.

Solank as die ANC regeer of enige ander linkse politieke party sal Suid Afrika nooit “oukei” wees nie; vra net die burgers van Kuba, Venezuela, Noord Korea, voormalige USSR, Oos-Duitsland, Sjina, ens. wat onder linkse politieke partye se juk was.

Voor ons “oukei” gaan word gaan daar eers baie pyn wees.

Andrea van Vuren ·

Gelukkig het ons iemand soos Jan-Jan wat die politiek in diepte ken, hy is nederig, Afrikaans en mededeelsaam met sy briljante kennis en insig.

Johann cb ·

Almal sien nie meer kans om hulle plig te doen, tensy die Regering (topbestuur) en sy amptenary hulle deel gaan begin doen nie! Daarom is die boek se titel nogal om van bang te word!

SAMPIE ·

Bemarking. Die boek moet verkoop. Probeer maar met dielesers se kop smokkel en vertrou hulle koop jou boek

Mospeestergeneraal ·

O ja, die wonderlike plek sal mos reg kom. En toe ons wakker word is ons koffie koppie leeg.

Positief ·

Wel, ek leef heerlik hier in Suid-Afrika met al sy probleme. Ek weet baie mense kry swaar, maar meeste Afrikaners floreer.

Ek wil vra:
Het jy ‘n dak oor jou kop?
Het jy ‘n bord kos elke dag?
Besit jy ‘n motor?
Het jy ‘n werk/inkomste?
Het jy onlangs onder misdaad deurgeloop?

Die antwoorde op hierdie vrae sal verskil van persoon tot persoon, maar meeste van ons sal positief reageer op meeste vrae.

Vooruitstrewende/suksesvolle mense was nog nooit suurgatte en klakouse nie. Ek is elke dag dankbaar vir my lewe, my land, my mense en die Genade van Bo!

Pierre ·

Meneer+
Ek vra:
Waneer laas was jy ten volle veilig in jou eie het met diefwering en hoë mure?
Waneer laas het ons kinders veilig in die straat gespeel?
Waneer laas het jy veilig gevoel toe jy winkel toe was?
Waneer laas het jy veilig met jou motor iewers heen gery?

Hoe het geld jou veiligheid geword?

Ek is vooruitstrewend/suksesvol, miskien vra ons die verkeerde vrae

Lekker, ons ook ·

Ons is ook oukei, gladnie suur nie, kla ook nie. Oor twee weke klim ons ook op, dan waai ons so deur die klein venstertjies koebaai met ons vingers…..

Feite ·

@Positief. Die vraag wat Jan Jan vra is nie of SA tans oukei is nie, hy vra of SA in die toekoms gaan oukei wees, omrede soos hyself opmerk is daar talle ideologiese aanduidings en ekonomiese aanwysers dat SA vinnig besig is om n welsynstaat te word. So ja dit gaan nog uiters goed en daarvoor is almal dankbaar, maar tog is almal bekommerd oor SA en of SA in die toekoms nog so oukei gaan wees soos tans, soos Jan Jan heel tereg vra!

Jaco ·

Ek stem. Vraag is nie oor die hier en nou nie. Die vraag is oor 20 of 25 jaar van nou af. Ek moet daai besluit vir my kinders en hulle kinders maak.

Skaamteloos ·

Sommiges het duidelik geen probleem om die ANC met hul belasting te verryk nie. Ons het besluit genoeg. Ons geld gaan nou elders. Ons patriotisme is zero. Daarom is ons oppad.

@Skaamteloos ·

Jy sal vinnig van jou woede en kwaad moet ontslae raak anders gaan jy erg sukkel met die aanpassing daar anderkant.

Johann M van Heerden ·

Jan Jan en die mense soos hy gee my ‘n groot pyn erens. Naief verby en soos vogelstruise. Maar sy boekie sal seker verkoop.

Erik ·

Ek dink Suid-Afrika gaan ‘okei’ wees, met die klem op ‘okei’. Ons was nog altyd okei. Ons was nog nooit pateties nie (vergelyk ons gerus met die res van die wêreld tov lewensgehalte, BBP ens), maar ons was ook nog nooit tops nie (Behalwe wat die rugby betref natuurlik!).
As jy gelukkig in SA wil wees moet jy daai keuse maak. Indien nie vermors jy jou lewe en kanse. Meeste mense wat al die wêreld vol gereis het, ek inkluis, weet dat SA ‘n fantastiese land is. Dit is wat jy daarvan maak! Indien jy enigsins kan moet jy jouself net reg posisioneer. Ek leef met vrede in my hart en opgewondenheid oor more in hierdie pragtige land! Ek is so dankbaar my kinders word hier groot. Gaan loer gerus hoe lyk die meeste tieners in die lande waarheen almal emigreer. Lyfstraf in huise is byvoorbeeld al jare daar onwettig. Ateïsme groei teen ‘n spoed. Wonder waarheen is SA oppad? Ek wonder waarheen is die sekulêre eerste wêreld lande oppad en bly eerder hier, op my knieë.

Okay Okay ·

Ons is klim binnekort op die vliegtuig met geen klagtes nie, ook nie woede nie, net met ‘n lekker gevoel van dankbaarheid vir ‘n blinker toekoms.

Andrea ·

Ek het ook al die wêreld vol gereis, en ek sou enige dag SA verruil vir n eerste wêreld lank as ek jonger was. Om mee te begin, bly ons in n rommelhoop. SA is só vuil, ek wil naar word as ek kyk hoe lyk dit langs ons paaie. Elke dag werk toe en terug, sien ek mense oop en bloot in die stad staan en urineer. Diere word mishandel op só n skaal dat weldoeners nie meer kan byhou met reddingswerk nie. En so kan ek aangaan. Ek beny mense wat hier kan wegkom en ook die met hul koppe in die sand. Dié wat sê: Daar’s misdaad in ander lande ook… Hahaha. Minimum 57 moorde per dag?

KaterinaKat ·

In my opinie, as ons n Rwanda stylvolksmoord op wit mense sal kan vryspring, sal blankes seker okei wees in die sin dat hulle nog lewe. Wel, tot moord en ander gewelddadige misdaad hulle ook inhaal. Ek voorsien n toekoms van armoede en sukkel vir die gewone burgers van hierdie land, wit en swart.

Danksy (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid)
1)Eskom se katastrofes
2)Misdaad
3)Plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding
4)Korrupsie en geldmors in die regering
5) n partydig MRK
6)infrastruktuur wat verkrummel
7)Gewelddadige betogings en gepaardgaande afbrand en vernietiging
8)Die komende NGV
Gaan die land krepeer. Dan is daar natuurlik ook die hewige, onverantwoordelike bevolkingsaanwas, wat ondersteun moet word deur n krimpende poel van belastingbetalers.

As okei beteken om nog n dag te kan asemhaal, ja dan kan jy seker se ons sal okei wees.

Bess ·

Cyril werk vir die. Hinese al jare lank.gaan google maar illuminati dan sal julle sien hoe alles inmekaarsteek..

Jaco ·

Ek stem saam. Die vraag is nie of SA op die oomblik oukei is nie. Of selfs oor 3 jaar nog oukei gaan wees nie. Die vraag is of SA oor 15 jaar vir my 5 jarige dogtertjie oukei gaan wees? Die vraag is of my 11 jarige seun oor 12 of 13 jaar gaan werk kry, en of sy graad iets werd gaan wees? Gaan my kinders se kinders in rommel en riool moet leef? Gaan hulle in tronke moet bly en eie krag en skoon water moet prakseer? Hoe gaan hulle lewe lyk? Hoe het dinge 15 jaar gelede gelyk en wat is die tendens? Wat kan ons realisties verwag gaan gebeur in die volgende twee dekades in SA?

Boer-in-die-Wind ·

Ek het nie ‘n derde wereld kultuur nie so “okey” is nie goed genoeg.

En die vraag is eerder gaan Azania okey wees?

KaterinaKat ·

Nee SA gaan nie okei wees nie. Dit is alreeds nie maar dit gaan nog veel erger word, om die volgende redes:
Die Eskom katastrofe
Die nadionale skaal van gewelddadige misdaad
Totaal oneffektiewe polisiemag
Plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding
Die komende NGV katastrofe
Korrupsie en geldmors op alle regeringsvlakke
Verval van infrastruktuur
Gewelddadige betogings, brandsteek en diefstal
Onverantwoordelike bevolkingsaanwas wat teer op n krimpende poel vuisvoos belastinbetalers

This country is a trainwreck. It’s about as far from ok, even now, as can conceivably be imagined. And it’s still going to get much worse.

Alexz ·

NIKS is ok waar Marxisme regeer nie. Diegene wat so glo, het heel moontlik ñ EU paspoort met sakke vol geld in die buiteland.

Gerhard Botha ·

Gaan lees gerus die ANC se Freedom Charter. Vir my lees dit soos n dokument wat deur n idialistiese 5 jarige geskryf is. “No clue”… Ons sien maar net die implimentering van die Marksistiese filosofie soos hulle dit in stappe kan inbring. Wanneer gesels twee partye wat nie saamstem? Slegs wanneer hulle bereid is om te deel. Maar sovêr ek kan sien is daar in Suid Afrika geensins belangstelling om filosofie te deel nie. Net n kwessie van hoe om Marksisme in te bring. Ek voel daar is maar min motivering vir dialoog. As jy my geen opsies laat, wat dink jy gaan volg? Nee – tensy gewone Suid Afrikaners begin stem volgens hulle oortuigings, en nie hulle historiese “club” nie, dink ek daar is geen kans in die hel dat Suid Afrika OK gaan wees nie. Ons stuur af op n ramp en dan n erge baklei. Iets wat niemand van ons wil of kan bekostig nie. Maar soos baie ander gaan ek nerens nie. Want ons is seker maar n bietjie kéns. Ons laaik n fight is al wat ek kan raai. En dan sal ons miskien daarna kan vra of Suid Afrika OK gaan wees….of is daar dalk n onbekende leier daar buite wat ons kan regruk as n nasie? Lyk nie so vir my nie. Werelbeker was die naaste wat ons kon kom.

Attie. ·

Die staalbedryf in SA is op sy kniee, die SAL is besig om finaal asem uit te blaas, indien ons tot rommelstatus afgegradeer word sal ons land ‘n hartslagaar vervanging nodig het of selfs ‘n hartoorplanting. kom dit nie betyds nie agv ‘n geld tekort dan kan die dood intree. mense hou vas, hier kom rowwe tye, die stuurlose skip nader die rotsrif nou vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.