Gabriella Engels, AfriForum gaan hof toe oor Grace Mugabe

Die hofaansoek. Foto: Verskaf

AfriForum het Woensdag ’n hersieningsaansoek by die Pretoria-hooggeregshof ingedien waarin die hof gevra word om Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, toe te staan, ter syde te stel.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het gesê volgens die eedsverklaring van Gabriella Engels, die vrou wat glo deur Mugabe in ’n hotelkamer in Sandton in Johannesburg aangerand is, het die minister artikel 7(2) van die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte verkeerd vertolk en het Nkoana-Mashabane nie oor die bevoegdheid beskik om immuniteit aan Mugabe toe te staan nie. Sy het ook nagelaat om in gedagte te hou dat die beweerde misdaad wat deur haar gepleeg is, neerkom op ’n ernstige misdaad soos in die wet uiteengesit.

Engels voer ook in haar eedsverklaring aan dat die Wet om Immuniteit van Buitelandse Moondhede (van 1981) die verlening van immuniteit aan staatshoofde wat hulle skuldig maak aan die dood of beserings van mense in Suid-Afrika, uitdruklik uitsluit.

“Indien staatshoofde nie eens oor immuniteit in sulke gevalle beskik nie, is daar geen manier dat hul gades of families dit kan kry nie,” het Spies gesê.

Die hofaansoek behoort binne die volgende vier tot vyf maande in die Pretoriase hooggeregshof geargumenteer te word.

Mugabe het Sondag na Zimbabwe teruggekeer ten spyte van talle eise dat sy vervolg moet word nadat sy Engels glo aangerand het.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Nico ·

Kla anc regering en grace mugabe by die international strafhof aan en ook n aparte saak die anc regering vir die plaasmoorde want hulle laat dit toe

Michael ·

Die immuniteit vrywaar haar ook van n siviele eis so as die hof dit nie tersyde stel nie gaan mugabe niks oorkom nie

Johann ·

En die ZUMAIKIES van ZUPTOPIA gaan hulle daaran steur hoe? ANC LEGACY: onaantasbaar in hulle magsvergrype…WELKOM IN AFRIKA

Herman ·

Al het Grace vir Engels in n kis probeer stop sou sy ook niks oorkom. Wensdenkery mense.

Galbraak Genis ·

As ek na almal hierbo se galbrakery en negatiewe kommentaar luister wil ek sommer kots. As niemand niks doen aan ‘n saak nie wil almal weet waarom doe niemand iets nie – doen iemand iets – het almal kritiek te lewer. Dis om van siek te word.

Pieta ·

Insluitend jy en ek myself! Almal ewe slapgat. Al wat ons kan red is die wederkoms maar voor dit eers oorlog!!!

Frik ·

Stem saam met jou Galbraak. Almal kla en kerm dat niks gedoen word maar wanneer iemand iets probeer doen word negatiewe kritiek gelewer..deur niks te doen of stil te bly is ongelukkig die taktiek wat in Zimbabwe probeer is en dit het nie gewerk nie. Ons moet alles probeer en alle middele aanwend en dit die hele wêreld instuur sodat die wêreld kennis daarvan kan neem. Ons moet soveel propaganda maak as moontlik sodat die wêreld kan sien watter regering het ons en wat die Mugabes is. Net snaaks dat geen vrouebeweging of anc betoog het waar Mugabes se kinders bly. Dubbele standaarde gebaseer op ras? Hoe tragies

FM ·

Mooi Galbraak Genis! Jy is in die kol. Afriforum probeer ten minste iets. Robert mugabe wil nie n blanke verslaggewer te woord staan nie, want hy HAAT witmense. Grace mugabe het n geskiedenis van geweld. Iemand moet haar in die bek ruk. Sy dink sy is onaantasbaar en daarom ondersteun ek Gabriella en AFRIFORUM se optrede. Sluit asb eerder by Afriforum aan sodat ons hulle hande kan sterk. Saam is ons n span. Groot asseblief. Sterkte Afriforum. As julle nie probeer nie sal niemand anders nie. Gooi kole, ons is met julle!!!

popeye ·

Hoekom moet daar iets aan gedoen word? as Me. Engels onomwonde kan sê hoekom daar duidelike voordeel vir landsbelang kan wees om met die twee Mugabe seuns vereenselwig te word, doen dan so! andersins me.Engels, meng jou met die semels want dan gaan die varke jou vreet. U verhouding met daai seuns is ver minder van belang as die ANC-ZANU PF alliansie. Jammer om dit so reguit te moet stel. Sterkte vorentoe.

Wet&Orde ·

Groot dank aan Afriforum om die saak op te volg. As ons niks doen nie beteken dit ons gee ook nie meer om om Wet&Orde te onderhou nie. Hierdie saak is is baie belangrik om die op te staan teen ‘n regering wat nie meer ‘n flenter omgee oor Wet&Orde nie.

Vryheid ·

Dié is n grap. Geheel en al n mors van tyd. Die untouchables.

Jacques Venter ·

Wat Afriforum doen is goed. Maar kan hulle nie liewers die Guptas aanvat nie ? Vra maar net

Sêmaarnet ·

Woww….Afriforum & Gerrie Nel, is dit die beste wat julle kan doen?? Ek glo daar is meer verdienstelike gevalle onder ons eie mense wat kan doen met die hulp van sulke groot kanonne soos julle.

PIETER ·

Dit wat jy sê is beslis waar. Laat daar op die Afrikaner se belange gefokus word! Dit is waarvoor hierdie organisasies daar is en deur ons ondersteun word.

MAgda ·

Ons almal weet wat sy en haar man moet kry – VERBAN HULLE VAN SA want kyk hoe word hulle mense in Zimbabwe behandel – Daar is korrupsie 100% net so erg soos in SA – en dit is seker die rede hoekom sy dit gekry het – een boetie kyk na die ander – GO AFRI FORUM – HOOP JULLE SLAAG IN JULLE ONDERSOEK EN SY KRY TERUG WAT SY SO LEKKER UITDEEL.

CAROL ·

Stem wil net ons land se geld mors!!!! Niks gaan daarvan afkom nie!!!

Domvraag ·

Sal ons maar net op mekaar se skouers huil en kerm dat dit geld mors is en nie sal help. Sal ons sanik as ander iets doen en net sit en huil en huil en toelaat dat ons en ons land vertrap word. Dan is dit beter dat jy soos n volstruis jou kop in n gat druk en niks sien as om almal negatief te maak met jou negatiewe kommentaar ..en moenie vra wat kan ons doen? Sluit by n organisasie aan en gaan betoog by Sandton sodat die betogings ook wêreldnuus word maar is jy bereid om dit te doen of is dit makliker om hande gevou te sit en kerm.

marous ·

Waarom is daar nie privaat vervolging teen die grootkoppe vir biljoene se bedrog en diefstal ingestel nie? daar word nou gekarring aan ‘n stuk wol wat vir jare gaan duur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.