Gama kry op sy baadjie in arbeidshof

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet. Foto: ANA

Siyabonga Gama, voormalige uitvoerende hoof van Transnet, se aansoek om sy afdanking ter syde te laat stel, is van die hand gewys.

Behalwe dat Gama se aansoek van die hand gewys is, het die hof ook gelas dat hy die regskoste van Transnet en sy twee regsverteenwoordigers moet betaal.

Regter Connie Prinsloo het in die arbeidshof gesê Gama het klaaglik misluk om selfs net te voldoen aan die vereistes van die minagtingaansoek en interdik wat hy versoek het.

Prinsloo het gesê hierdie is die tweede keer wat Gama vir Transnet hof toe gesleep het op uiters kort kennisgewing en teen massiewe koste, wanneer hy eerder die kontraktuele dispuut deur arbitrasie moes opgelos het.

“[Transnet] moes ʼn dringende aansoek sonder meriete teenstaan. Regverdigheid dikteer dat nie verwag kan word dat enorme koste aangegaan word om regstappe teen te staan wat in die eerste plek nooit ingestel moes word nie. Dit is des te meer so wanneer die koste wat [Transnet] moet aangaan, betaal word met belastingbetalers se geld,” het Prinsloo gesê.

Gama is verlede maand as uitvoerende hoof van Transnet afgedank nadat hy versuim het om redes aan die raad te gee hoekom sy kop nié moet rol nie. Die raad het gesê hy het alle vertroue verloor in Gama se vermoë om Transnet te lei.

Gama is tien dae geleentheid gegee om redes te verskaf hoekom hy nie in die pad gesteek moet word nie, maar het eerder die arbeidshof in Johannesburg genader om ʼn interdik te bekom om die afdanking te keer. Die redes wat vir Gama se afdanking aangevoer is, is bewerings van ernstige oortredings rakende finansiële verkrygings en vertrouenspligte.

Twee regsfirmas, Werksmans en MNS, het Gama betrek by beweerde oortreding van verkrygingsreëls in verband met ʼn R54 miljard‑kontrak om 1 064 nuwe lokomotiewe aan te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ellisras ·

Die beste nuus is natuurlik dat dit ‘n boodskap stuur dat jy self gaan an betaal as jy die hof se tyd mors. Dit moes lankal al gebeur het.

Sarel Strydom ·

Ongelukkig reeds te laat
Hy en sy voorgangers het Transnet vernietig.

Andre ·

Bestaan die Batebeslagleggings eenheid nog of het die Zuptas dit ook gekaap?

Neutraal ·

Gama. Kry vir jou. Hy moes nie eers daardie pos beklee het nie.

Johan H. ·

Dit kom nou daarvan as jy dink jy is die slimme onder die lot. Daar hoor ons nou weer zuma het ook gelieg. Tronk deure papa!!!

christa ·

mooi so kry vir julle. Darem een wat moet uithaal en wys vir skade aan SA Beeld.

Waarheid ·

Groot is my blydskap!!
Die ego is darem groot en nou moet hy vir sy ego betaal!!
Ek lag my ‘n papie!!

Geregtigheid ·

Goed dat hy met die wet van Transvaal te doene kry. Hulle wil altyd net wegkom met hulle dinge.

lewies ·

Kry die mense nie skaam om poste te aanvaar wat hulle weet hulle nie gaan baasraak nie. Die tyd het aangebreek dat die mense wat hulle aangestel het, ook aan die pen moet begin ry.

Sarel ·

Ek is veral bly oor die kostebevel teen hom.
Nou begin die boodskap loop dat jy nie so maklik gaan wegkom met bedrog en korrupsie nie. EN dat dit jou gaan GROOT GELD kos as met sulke belaglike hofsake wil vorendag kom. Hierdie ou se krisis is nou dat hy nie meer zupta cover het om sy alie te red nie. Ek dink nie hy gaan maklik êrens anders werk kry nie. Behalwe natuurlik as Malema hom die CEO gaan maak van die nuwe venda bank wat VBS moet vervang . . . . hie hie hie

koos ·

Die probleem is dat die geld nie dadelik betaal word nie. Skuld is mos ‘n westerse konsep. Dink maar daar aan dat Agriforum die EFF weer met regsaksie moes dreig en doen voordat hulle bietjie betaal.
Ek glo ‘n sulke sake moet daar ‘n deposito gelykstaande aan die koste van die saak by die hof deur beide partye inbetaal word. As ‘n kostebevel gemaak word vat die “wenner” sy deposito terug en die “verloorder” s’n ook. Word geen bevel gemaak nie kry almal hulle depositos terug. Dit sal ook voorkom dat mense, soos in die geval, onnodig hof toe hardloop, en as jy ‘n water digte saak het, het jy mos niks om oor te worry nie.

Deon Meyer ·

Zuma benodig ‘n veewag by Nkandla want jy het jouself nie kon bewys by Transnet nie,so kraal toe.

Hennie ·

As dit langer so aangaan , gaan die soustrein ook nie meer vir veel langer loop nie. So byt hulle een vir een in die stof !

HARTSEER ·

Net jammer dat Transnet pensioenarisse moet ly onder die gewetenloosheid van hierdie man en sy voorgangers. Hul arrogansie maak my siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.