Ganse KSA-raad vat die pad

Argieffoto.

Die eindhoofstuk van Krieket Suid-Afrika se nagmerrie-draaiboek is nog nie in sig nie.

Skaars ’n dag nadat Maroela Media berig het dat ses raadslede – onder wie die waarnemende president Beresford Williams – bedank het, het die beleërde organisasie in ’n rits Twitter-inskrywings bevestig dat die res van sy raad vandag ook hul bedankings ingehandig het.

Dit sluit onder andere Zola Thamae, Eugenia Kula-Ameyaw, Marius Schoeman en Vuyokazi Memani-Sedile in.

“Nadat die lederaad beraadslaag het, is daar besluit dat die ganse raad moet bedank. Dit sal in die beste belang van krieket in Suid-Afrika wees. Alle onafhanklike en nie-onafhanklike direkteure het nou bedank,” het die organisasie op Twitter geskryf.

KSA het voortgegaan om die lede vir hul onbaatsugtige diens te bedank.

“Die lederaad bedank elke lid vir sy of haar ywer en onbaatsugtige diens – dikwels oor uitgerekte en oorweldigende tydperke – om Krieket Suid-Afrika by te staan.”

In ’n amptelike verklaring het KSA gesê dat alle bedankings onmiddellik van krag is, afgesien van drie lede – Thamae, John Mogodi en Donovan May – wat as direkteure sal aanbly totdat die tussentydse direksie aangestel is.

Dit is glo gedoen om die kontinuïteit en stabiliteit van die organisasie te verseker.

Volgens berigte sal ’n taakspan nou op die been gebring word om tydelik die stuur van die KSA-bootjie oor te neem.

KSA het ook tot môremiddag tyd om die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, te paai sodat die regering nie in die organisasie se sake inmeng nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Fedup ·

This is what happens when politics and sport get mixed up.
Brake everything in sight.

JohanR ·

Die ANC het maar stadig hier gewerk as wat hulle gewoonlik iets opbogger….net 26 jaar gavat om SA Cricket in sy peetjie in te stuur!

J ·

Hoera!

Krieket SA is ook nou GETRANSFORMEER!

Bankrot, disfunksioneel, gestroop van bates en kundigheid!

Selfde as Swem, Atletiek, Sokker, Netbal ensovoorts!

Rugby is volgende?

‘ … white face BAD … black face good’
… all animals are equal but some are MORE EQUAL!”

Andre ·

Is daar in 26 jaar al iets verbeter? Of word alles net maar ge-afrikaniseer.

My siening ·

Ja en dit kom van kniel voor die afgode en BLM sal julle seker red??

Wielspore ·

KSA is niks anders as ‘n politieke blyspel.
Blyspel het ‘n klassieke betekenis (soos gebruik in komiese teater)

Adam Adriaan ·

So stort alles in duie en word alles in die grond in bestuur. “If ther is problems in the country/company check the President/Manager”

Anel ·

Dit kom nou van politieke inmenging.!!! As dit nie so tragies was nie, kon mens lag. Maar nou ja. Kyk in elke geval nou vir amper 2 jaar nie meer sport nie en was ‘n baie kranige ondersteuner. Het nie eens die rugbywêreldbeker gekyk nie. Het nou agter gekom kan baie doen met my tyd

Thelsa ·

Hoe het Langenhoven nou weer gesê : Hoe hoër iemand teen die berg opklim hoe meer van sy agter-end sien jy

Jakes ·

Niks gee my meer satisfaksie om te sien dat alles waarin die ANC hulself indwing n mislukking is nie. 26 jaar se bewind wys dat hulle net n lee wind is en niks anders nie.

Dup ·

KSA se Raad is almal uitgeboul sonder om lopies aan te teken.Die “keurders”(regering),sal seker ñ krieket kommissie aanstel om vas te stel wat fout is.

Daniel ·

Dit mag miskien snaaks klink maar ek vind dit amusant, mens kon dit verwag

JBN ·

Die KSA-bootjie is besig om te sink, die geld is opgevreet. Die kripvreters gee nou een na die ander pad. Gaan vra maar gerus vir julle knie-buigende BLM maatjies vir n donasie, moontlik kan francois pienaar tot jul redding kom.

Suzette ·

Net nog ‘n organisasie wat in die grond is as gevolg van politieke inmengery en BEE. Ons is al gewoond aan dit – nie nuwe nuus.

Madz ·

Hê hê hê…. daar behoort nie ‘n problem te wees om BEE spelers te kry vir KSA nie…. kan begin by Jojo se rooi-spannetjie. Hul het jare se oefening agter die rug met bakstene en klippe gooi. Snelboulers van formaat!

Frank ·

Miskien slaan ek die bal mis, maar ek dink nie een van hierdie manne weet hoe lyk ‘n krieketbal nie. Nog minder het hulle kompeterend gespeel.
Maar soos Trotse Boervrou sê: “Whatever….”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.