Ganse van besige Jhb-hoofweg gered

kolganse-n1-johannesburg-emergmed-1

Die kolganse op die N1-snelweg. Foto: Emer-G-Med

ʼn Taxidrywer en ʼn paramedikus het Maandag twee kolganse en hul kuikens van ʼn gewisse dood gered toe hulle op die N1-snelweg in Johannesburg vasgekeer geraak het.

Volgens Max Cohen, woordvoerder van Emer-G-Med en die paramedikus wat saam met die taxidrywer, Leonard Tshabalala, tot die gansfamilie se redding gekom het, was paramedici van dié nooddienste op bystand by die BP-vulstasie naby Montecasino in Fourways.

ʼn Motoris wat “byna in trane was” het die bemanning ingelig dat die eende in die vinnige baan van die N1-Noord naby die William Nicolweg-afrit vasgekeer is.

Die bemanning het Emer-G-Med se beheerkamer ingelig en Cohen het na die toneel gehaas.

“Die taxibestuurder [Tshabalala] het in die noodbaan van die snelweg stilgehou en benoud rondgehardloop om die eende buite gevaar te hou deur hulle naby die regterkantse skouer van die snelweg te hou,” het Cohen gesê.

Cohen het verkeer met sy noodvoertuig gestop en Tshabalala gehelp om die twee ganse met hul vyf kuikens na veiligheid te lei.

“Op die skouer van die pad is hulle oor die versperring gelig, waarna hulle dolgelukkig en veilig na die nabygeleë rivier gewaggel het,” het hy gesê.

Cohen het namens Emer-G-Med vir Tshabalala vir sy braafheid en deernis bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Raymond ·

Baie mooi julle het goed gedoen bly daar is nog mense soos julle dit maak my dag dankie

telani ·

ag my hel hier sit ek nou met trane in my oe en lees dit ek is so dankbaar vir julle 2 se goedheid baie dankie julle!!

Mooi so ·

Mooi so aan julle. Dis daardie einste versperrings wat dig teen mekaar damme water veroorsaak het met die oorstromings. Dalk, net dalk, sal iemand nou wakker word om gate te voorsien tydens vervaardiging.

Uvonka ·

Duisend dankies Ouens, julle onbaatsugtige hulp word baie waardeer. Te oulik die gansies!!!

Thea Gerber ·

Mintig Mnr Tsabalala, jy is nou ‘n man met wie ons ‘n ver pad sal kan stap. As ‘n mens so ‘n sagte hart het vir weerlose gansies, dink net hoe voel jy teenoor jou medemens? ‘n Voorbeeld vir ieder en elk van ons. Miskien as jou taxi jou nie te besig hou nie, kan jy vir Juju lesse gee in omgee, sensitiwiteit en medemenslikheid.

Sarie ·

Ek is behoorlik aangedaan… Bàie dankie aan diè 2 manne, namens die ganse…

sanja ·

Ag dankie vir hierdie lekker lees storie…. Wel Gedaan baie baie dankie

susan naudé ·

Heerlik verfrissend om sulke mooi goeie positiewe berigte te lees!! Dalk moet sulke positiewe dinge op n aparte link gepubliseer word.

Leonie ·

Dis nou ‘n mooi storie. Dankie vir almal se hulp. So bly daar is nog mense daar buite met goeie harte.

Rina ·

Mooiste storie! Dankie baie aan manne – ek pink ook ‘n traan weg inderdaad!

Grant ·

Baie dankie – julle is manne uit een stuk. Wens net daar was baie meer van julle!

Dottie ·

Mooi storie & dit het my glad hoendervleis gegee van blydskap

Johann ·

Lekker om te weet daars nog basiese goedheid en omgee en respek vir lewe!

Madri ·

Dis so dapper en so wonderlik dat daar darem nog iemand is wat ons hemelse Vader se skepping respekteer en help in nood. Baie baie dankie aan hierdie 2 awesome manne wel gedaan! Eks trots op julle. Mag julle in oorvloed geseen word. Van n groot diere liefheber?

Linda de Jongh ·

Ek nou net in trane oor honde wat op bulle se rue vasgebind word voor bulgevegte en net gewonder wat kan erger wees as dit en toe lees ek die pragtige berig. Verseker sal ons Heer julle almal seen wat julle harte oop maak vir diere!

wilma ·

Wel gedaan manne Van God. Ai as almal in ons land so kon saamstaan.

Cynthia TREDOUX ·

Wonderlike om te lees van hierdie kosbare hulp verlening…BRAVO AAN DIE NOODHULP BEAMPTE…OM NIE VAN DIE TAXI DRYWER TE VERGEET…Jul is BESLIS MY HELDE!
As ALMAL in hierdie land van ons…SO KAN SAAMSTAAN…IS DAAR HOOP!So bly die ganse met hul kleintjies…nou weer waar hul VRY EN GELUKKIG IS!

Pierre ·

En hier is die absolute voorbeeld van deernis, heeltemal die teenoorgestelde van die onmenslike gedrag van een of ander barbaar uit Benoni wat eerder wou moor. Dankie aan hierdie twee dapper manne vir n onbaatsugtige taak.

Jennifer ·

‘n mens fokus altyd so op negatiewe goed. Well done julle daar is nog goed in die lewe.

Denise ·

So bly die ganse is veilig baie oulike diere my buurvrou het een en hy loop al agter haar aan net soos n hond te kostelik!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.