
Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Mduduzi Nkala staan tereg vir die moord op Hillary Gardee. (Foto: EFF)
Al drie mans wat tereg staan vir die moord op Hillary Gardee het Maandag in die Nelspruit-landdroshof hul aansoeke om borgtog laat vaar.
Benewens moord staan Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Mduduzi Nkala ook tereg op aanklag van sameswering tot moord, ontvoering, verkragting, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.
Die 28-jarige Gardee, dogter van Godrich Gardee, voormalige sekretaris van die EFF, se liggaam is op 3 Mei buite die stad aangetref. Sy is in die agterkop geskiet en R1 300 is in die tyd nadat sy vermis geraak het, uit haar bankrekening onttrek.
Sy is die naweek ter ruste gelê. Al drie verdagtes is ook die afgelope naweek aangekeer. Die motief vir die moord is tans steeds onduidelik.
[SCENE OF CRIME] Minister Cele and the @SAPoliceService management are now receiving a report from the investigating team at the crime scene where the body of Hillary Gardee was found at the Ehlanzeni district in the Sabie area just outside Nelspruit. pic.twitter.com/BU1CjI2k0V
— Lirandzu Themba (@LirandzuThemba) May 3, 2022
Die beskuldigdes het die hof vanoggend gevra vir mediese sorg en voer aan dat hulle tydens aanhouding gemartel is.
Volgens die EFF het Lukhele sy medelye met die Gardee-familie betuig en voer hy aan dat hy die familie persoonlik ken. Hy wou nie aansoek doen om borgtog nie “sodat die ondersoek voortgesit kan word”.
Fidel Mlombo, die ANC se hoofsweep in Mpumalanga, het vroeër vandag aan Newzroom Afrika bevestig dat een van die beskuldigdes in die saak ʼn amptenaar in sy kantoor is. Mlombo sê hy het die afgelope naweek, kort nadat die persoon in hegtenis geneem is, met hom gepraat.
Mlombo het die moord op Gardee ten sterkste veroordeel en sy medelye met haar familie betuig, maar nietemin benadruk dat beskuldigdes steeds bepaalde regte het en hulle daarvolgens hanteer moet word.
Sy kantoor gee intussen sy volle samewerking aan wetstoepassingsowerhede in die ondersoek, het hy gesê.
ANC chief whip in Mpumalanga, Vincent Mlombo, has confirmed that one of the suspects in the #HillaryGardee murder case works in his office. @XoliMngambi speaks to Mlombo. #Newzroom405
WATCH: https://t.co/0UAwDaKNNU pic.twitter.com/JMRQVpYTmv
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) May 9, 2022
ʼn Groep EFF-lede het voor die hofverskyning buite die hof byeengekom, terwyl verskeie van Gardee se familielede die hofverrigtinge bygewoon het.
Die saak teen die drie is tot 9 Junie uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
[In Pictures]: We are at the Nelspruit Magistrates Court to support the Gardee Family. Their pain is our pain. #RIPHillaryGardee pic.twitter.com/Gg5OdXxdb1
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) May 9, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dit is verregaande dat die arrogante beskuldigdes die hof vanoggend gevra het vir mediese sorg en om aan te voer dat hulle tydens aanhouding gemartel is, hul moes geboet het met hul lewens vir wat hul aan die vrou gedoen het. Het Lukhele wat sy medelye betuig het aan die Gardee-familie gedink hy moet versagting kry, hoe arrogant kan so ‘n kommunis wees! en dan voer hy aan dat hy die familie persoonlik ken. Dink hy vir 1 oomblik die feit dat hy nie aansoek doen om borgtog nie “sodat die ondersoek voortgesit kan word”, vir hom tot voordeel moet… Lees meer »
En niks brand nie ?
Dat mense wat jy ken jou kind kan verkrag en vermoor…..
Dink hulle is bang vir borgtog.
Polieties gedrewe misdaad.