Gareth Cliff dalk by MRK ook verkla

Gareth Cliff (Argieffoto)

Die SA Natives Forum gaan die uitgesproke aanbieder Gareth Cliff by die Menseregtekommissie (MRK) verkla nadat hy ʼn lid van die One South Africa Movement se ondervinding van rassisme as “anekdoties” en “onbelangrik” afgemaak het.

Cliff het op The Burning Platform, ʼn program op CliffCentral, met DA-leier John Steenhuisen en Mudzuli Rakhivhane gesels, onder meer oor die DA se omstrede plakkate wat in Phoenix in Durban opgesit is. Die plakkate is ná groot openbare teenkanting en bewerings dat dit rassisties is, verwyder.

Cliff het tydens die onderhoud gesê rassisme is onderaan Suid-Afrikaners se lys van prioriteite, terwyl Rakhivhane aangevoer het hulle “beleef duidelik nie die soort rassisme wat ek op ʼn daaglikse grondslag ondervind nie”.

“Jou persoonlike ondervindings is heeltemal anekdoties en onbelangrik vir almal van ons,” het Cliff gesê.

Rakhivhane het hierop teruggekap en gesê sy neem kennis van die “feit dat jy dink die ondervinding van ʼn swart vrou in hierdie land is onbelangrik en nie ter sake nie”.

‘n Skermgreep van die uitsending. Van links is aanbieder Gareth Cliff, Mudzuli Rakhivhane, verbonde aan die One South Africa Movement en DA-leier John Steenhuisen. (Skermgreep: Twitter)

Cliff het egter gesê ʼn plaaslike regeringsverkiesing is op hande en aan Rakhivhane gevra of ʼn wyksraadslid byvoorbeeld probleme met rassisme kan oplos.

Nando’s, wat die program reeds sowat vyf jaar lank borg, het sy borgskap van Cliff se program summier opgeskort nadat ʼn herrie daaroor op sosialemediaplatforms losgebars het. Volgens die maatskappy het Cliff versuim om ʼn ruimte te skep waar vryheid van spraak moontlik is en het hy Rakhivhane nie toegelaat om haar mening behoorlik te lug nie.

Die SA Natives Forum sê hy veroordeel die “voortgesette rassisme, bekrompenheid en ongeregtigheid” wat Steenhuisen, Cliff en Nando’s geopenbaar het.

“Swart lyding word weggesteek, maar swart vernedering is daar vir almal in Suid-Afrika om te sien. Die hoogste werkloosheid ter wêreld staar swart mense in die gesig, hulle is honger. Dit is een van die redes vir plundering. Die regering het soldate gestuur om beslag te lê op gesteelde goedere en kos, net om dit te verbrand,” lui die forum se verklaring.

“Ons gaan die rassistiese voorval wat op CliffCentral plaasgevind het by die MRK aanmeld.”

Die forum het ʼn beroep op mense gedoen om op te hou om Nando’s te ondersteun.

“Gaan vind asseblief ʼn kitskosonderneming in swart besit in jou gebied en begin hulle ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Magda ·

Ai tog word groot asb. Aanvaar wie jy is want GOD het ons almal geskape. Dink die GROOTSTE probleem hier is om jou self as n individual te Aanvaar, maak ni SAAK van Jo velkleur ni. Gebruik net RASSISME as n verskoning want di mense wat dit gebruik lyk my het n probleem om hulle self te Aanvaar. WORD GROOT ADB

Di ·

Bla bla bla, ons is elke dag teikens van rassisme onder die rassistiese regering! Glo my “our people” sal nog steeds Nando’s ondersteun. Sy moet wakker skrik, ons almal ly onder rassiste in hierdie land

gatgogga ·

Die rassisme op die wetboek is die enigste werklike rassisme – ek verwys na AA en BEE ens.
Die rassisme wat partymense ervaar is dikwels nie werklik rassisme nie. Moenie rassisme verwar met respek en vertroue nie, wat verdien word deur gedrag.

VaalDonkie ·

Ja ek stem saam. Ek hou niks van hom nie. MAAAR hy het 100% reg opgetree deur haar in die bek te ruk. DIe gesprek het nie eens oor ras of enigiets gegaan nie. Sy het net moeilikheid gesoek en toe gekry.

Maritza ·

Ja miskien maar ten minste het hy die “guts” om sy mond oop te maak. Ons kan by hom leer

Jr ·

Ons is almal siek en sat vir die Ace of racism kaart wat daagliks gespeel word en as iemand wit dit sê is dit rassisme. Doen ons almal n guns en steek daai kaart waar die son nie skyn. Ek as wit mens word daagliks in n winkel of iewerste as n twee handse indringer gehanteer. I live with it. I don’t let it bother me. Build a bridge and get over it

Johann ·

N brug bou? Nee dit behels werk en eerlikheid en beplanning en onderhoud, TOTAAL die teenoorgestelde wat díe tipe wil hê. Wil haar EIE brug na nerens he wat net sy op mag loop….verniet.

Jr ·

Nee jy verstaan my verkeerd. Sy moet die brug bou en oor dit kom. Life was never fair. Live it and stop shouting racism all day long

Dries ·

Wat van n klagte by die VN? .. en die AU?… en by die spietkops?

Hoekom ·

Praat die waarheid wat jou menslike reg is en die “MRK” klap jou mond stil…

Heinrich ·

“Gaan vind asseblief ʼn kitskosonderneming in swart besit in jou gebied en begin hulle ondersteun.” Die ironie skreeu ten hemele…probeer jy bietjie werk soek of plek kry by ‘n universiteit dan praat ons weer.

Lubbe ·

Gareth is in elk geval nie so belangrik dat enige iets oor hom ernstig opgeneem moet word nie. Hy soek net aandag.

Vexed ·

Natuurliks soek hy aandag, hy is ‘n omroeper, dit is sy werk om aandag te soek… wat is die probleem?

Wilhelm ·

Totsiens Nando’s.

Die misdaad in SA is heeltemal buite beheer, met geen einde in sig …. maar tog is hierdie nonsens die groot nuus op die oomblik.

Cy ·

Hulle kan met graagte KFC gebruik daar is ook geen wit gesig in al hul winkels te bespeur nie

Mercia ·

Tokkel dieselfde ou kitaar nou al vir 27jaar lank. Daardie jong dame is gebore en het grootgeword in ‘n tyd waar alles ten gunste van haar velkleur bewerkstellig word. Dit is tot vandag nog so. Tog het sy die keuse gemaak om ‘n kwessie te probeer uitlug wat niks met munisipale owerhede se verpligtinge en tekortkominge te doen het nie. Hoekom? Om ‘n vuurtjie te begin stook sodat die aandag afgetrek kan word van die mislukkings en onregte gepleeg deur díe individue in staatsinstansies wat juis gedurende hierdie 27jaar bevoordeel is.
So nee, ons sal nie ‘n “onderneming gaan soek wat in swart besit is” nie. Ons sal die Suid Afrikaners gaan ondersteun wat deur harde werk en opoffering vir hulleself ‘n bestaan moet maak in ‘n land met kwota-stelsels en BEE gedryfde agendas het.

Wielspore ·

Our Mission is to advance, promote and protect the socio-economic, legal and political interests of Native South Africans, dit is die mission statement van SA Natives Forum.
Dit beteken dat niemand anders as Native South Africans (exclusively of black Africans. …) baatvind by die instansie.
So, SA Natives Forum se beleid is rassisties van aard en dit is juis hulle wat vir Gareth Cliff wil gaan verkla.
Gaan spring in die see!

Misky ·

Ironies dat die forum nou Nando’s ook wil boikot, want ons het reeds so beloof. Wonder of hulle mooi verstaan wat eintlik gebeur het en mens sou dink hulle gaan bly wees oor die reaksie deur die fondse aan Cliff te stop

Willem ·

Dit wys maar net die vlak van intellek, of liefs die gebrek daaraan.

Nici ·

Cliff was ongeskik maar sedert wanneer is dit ‘n kriminele ding? Ek dink almal van hulle oorreageer. Almal, wit, swart en bruin in SA ervaar rassisme en hoe armer mens is hoe erger.

JN ·

Ag siestog die arme agter geblewenes…
Ja hardloop maar na die eensydige Mrk toe soos jul crybabies altyd doen…maar ai verkla die regte rassiste soos malema en kie by doe Mrk en wat gebeur???? ………..?

Jackie ·

Dit is so belaglik. Hulle praat oor munisipale wyksraadslede en sy lê n eier oor rassisme wat absoluut niks met die aangeleentheid te make het nie. Ek gesels met 2 persone oor motors en 1 sê iets oor koekies en my reaksie dat onbelangrik is maak my n rassis. Foeitog

JohanR ·

Soos soe baie instansies wat op die been gekom het na 1994 in Suid Afrika, is die MRK een groot grap!

Samuel ·

Ag asseblief! Sy soek net aandag en ja, Gareth Cliff is arrogant. Waarom Nando’s straf? Wat het hulle verkeerd gedoen?

Geen hoop vir sommige SA’ners nie. Slagoffer mentaliteit.

Willem ·

Straf Nando’s omdat hulle hul borgskap gestop het! Daarmee stem ek nogal saam. ;)

Aai ·

Eet nie nando’s dit is te duur soos woolies meer vir die wat nie rasistiese kan wees bedoel.

Malan ·

Hoe ver sal hierdie patete nog die saak van rassisme dryf? Mag ons as Afrikaner nooit so papeties raak nie.

Mariana ·

Dit maak nie saak waaroor die gesprekke gaan nie, die woord rassisme kry altyd sy plekkie in die gesprek. Rassisme is ‘n holruggeryde woord, word heeltemal misbruik.

Nie Verbaas ·

Ag die ou rassisme storie. Duidelike teken van laaste uitweg as jy nie die vermoë besit om jou argumente te bekragtig nie.

Althes ·

Ag kom oor julleself Natives wie? Daar is baie anderskleuriges wat subtiel rassisties is. Een swart baas het reguit vir my een dag gesê waar ander wit mense nie by was nie, hy hou nie van wit mense nie.

Jakes ·

Rassisme sal altyd met ons wees en nie net in SA nie maar wereldwyd. Wees trots op jou velkleur en moenie probeer om soos iemand anders te lyk en te wees as jy anders geskape is nie. Ek steur my nie meer aan die omgekeerde rassisme wat sedert 1994 in SA blom nie. Dit blyk ook dat die minderheidsgroepe in SA steeds n bedreiging vir die meerderheid se menswees is alhoewel dit bog is.

henndrik ·

Ek wil net baie graag vir die “SA Natives Forum” se – die mense kry swaar en is werkloos want die party vir wie hulle stem is dit belangriker om soveel as moontlik geld in hulle sakke te steek in plaas van om dit te gebruik om die ekonomie te bou – hulle ondersteun hulle eie swaarkry

Pietertjie ·

Hy moet sommer by NASA en NAVO en JPL ook verkla word.

Elize ·

Help my verstaan.
Daar is slegs ‘n handjievol wittes oor waarvan baie min deesdae in gesagsposisies is. Hoe is dit dat hulle nog daagliks gebukkend gaan onder rassisme terwyl ons daagliks beroof en gemoor word? is daar enige persoon van kleur wat wetsgehoorsaam was wat kan se dat wanneer hulle snags gaan slaap het, hulle bang was dat ‘n witte deur sy venster gaan klim om te roof en te moor en te verkrag?
As hulle in 30jaar nie oor hulleself kon kom nie, wanneer dan? Daar moet ‘n cut off time wees.

Vexed ·

Van kistskos gepraat, my plaaslike Mc Donalds het altyd die witmense, wat maar min was, tot laaste laat wag om gehelp te word. As jou deur-ry ete verkeerd gegee is, wat baie gebeur het, en jy gaan na binne om dit reg te stel, word jy soos ‘n sleg hond geskel en uit gejaag. Sal nie weet of dit nog so gaan nie. Ek is wit, ek ken my tweedehandse plek, ek het bloot aanbeweeg en maak my kos nou by die huis. Geen treur en teem nie. Wat is tog die punt. Ek kon hulle natuulik gaan aangee het, by hulle swart baas wat my sal vertel waar om heen te vlieg. Anders as baie ander wat kronies sanik, het ek waardigheid, so nee. Die waardigheid het ek self geskep, nie afgesmeek van ander nie.

Jr ·

Stem heeltemal saam met jou. Los my uit en ek pla jou nie en as jy my pla loop ek net weg. En as dit my beter as die probleem persoon maak en n rassis in hulle oë maak then so BE IT

Barney ·

Haha! Dis so snaaks. Wat het ooit gebeur met Pumzile wat die wit kind met die vuis bygedam het buite die winkel sentrum in Kaapstad se waterfront?

Belinda ·

So met ander woorde daar is geen rassisme teenoor wit mense nie?
Wat noem jy dit dan as maatskappye oop vakante het en net BBEEE whatever mag apply? So ons mag nie huil dat dit rassisme is nie.
As die skoen pas, dra hom.
Daar is net soveel wit mense wat werkloos is en honger is, maar ons is beter geleer en sal nie plunder nie, groot verskil, en ons mag nie kla nie..
Kyk bietjie om julle. Kyk wie bly nou in die grootste huis en wie ry die blinkste karre maar hulle is / was die oppressed. shamepies.
Wens ons mense kan ook nou net bymekaar staan en se genoeg is genoeg!

Raadsman ·

“Die hoogste werkloosheid ter wêreld staar swart mense in die gesig, hulle is honger” – en dit alles is veroorsaak deur die ANC!!!
“voortgesette rassisme, bekrompenheid en ongeregtigheid” – Word ook elke dag hard deur die ANC gedryf!!!!

N ·

O so hy het geen ‘freedom of speech’ soos al ons comrades nie?

Danny ·

Another one bites the dust? Nee wat, hou op om op mense se individeule gevoelens te speel en kyk na die groter prentjie, hy het my steun.

Porseleintjie ·

Nes KFC het Nandos nou ook n rassekleur gekry. So moeg vir die snert. Maak n braaibroodjie tuis.

Martin ·

Ek ondersteun GEEN kitskotsbesigheid nie agv erskeie redes.
Die manier hoe daardie mense met kos werk is nie vir my aanvaarbaar nie
Peroneel wat daar werk is slegs van een rassegroep
Die pryse is belaglik – vernaam Nando’s

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.