Gareth Cliff en ‘Idols’ se paaie skei glo oor twiet

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Gareth Cliff. Foto: Facebook

M-Net het aangekondig dat Gareth Cliff nie deel van die beoordelaarspaneel van die volgende Idols-seisoen sal wees nie, glo oor sy uitsprake op sosiale media.

“M-Net bedank Cliff vir die sleutelrol wat hy oor die jare gespeel het in die identifisering en ontwikkeling van nuwe talent en vir sy bydrae tot die sukses van die program tot op hede.”

Volgens berigte volg dié stap ná Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff is as ʼn rassis uitgekryt en talle sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek.

Cliff het glo gesê mense verstaan glad nie vryheid van spraak nie. Hy het kort hierna egter om verskoning gevra:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

My wêreld! Hier help Gareth my om ‘n goeie beskrywing vir sy karakter te kry ‘idiotic ‘ watsenaam.
Dankie Gareth.
Ek glo nie daar is baie mense wat jou gaan mis op televisie nie.

Andre van Zyl

Ons bly verskoning maak vir die waarheid.
Rsg, MTN en baie van die Media het die knie gebuig voor die ANC.

Anny Penny

Ek stem nie met Sparrow se kommentaar saam nie, maar waarom moet elkeen wat celebrity en/of bekende individu is elke keer as hulle hul opinie gee dit terugtrek of verskoning vra. Mag hulle nie n opinie hê nie en kan hulle dan kastig so baie mense negatief beïnvloed. Ag nee wat behandel ALLE mense dieselfde. Nie Cliff of mnr Chris Hart was na my mening rassisties nie. Sommige mense is net TE sensitief oor wat regtig rassisties is en wat nie. Ek self is glad nie n rassis nie maar regtig almal moet tog die reg hê (ook anderskleuriges) om… Lees meer »

DPJ

Hoe lank wil die mense nog vir Penny nog media deking gee?

ECR

another one bites the dust – in opdrag van die ANC !