Gareth Cliff: ‘Mense verstaan nie vryheid van spraak’

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Gareth Cliff het Saterdag tydens ʼn mediakonferensie dieselfde woorde wat hom in die sop laat  beland het, dat mense nie vryheid van spraak verstaan nie, herhaal.

Cliff het eerstens sy regspan en ondersteuners bedank vir hul bystand die afgelope tyd. Hy het weer om verskoning gevra vir sy twiet ná die Penny Sparrow-debakel, maar wel herhaal dat mense nie vryheid van spraak verstaan nie.

Volgens Cliff is vryheid van spraak ʼn fundamentele reg wat die grondslag lê vir alle ander belangrike regte. “Dit is noodsaaklik vir die ontwikkeling van ʼn samelewing.” Hy het gesê dit regverdig egter nie uitlatings wat ander mense kan seermaak nie.

In reaksie op ʼn verklaring wat M-Net Vrydagaand uitgestuur het, waarin hulle sê hulle glo hulle het die regte ding gedoen, het Cliff gesê dit is kommerwekkend. “Ons moet op die punt kom waar ons mekaar verstaan en vorentoe beweeg. Ek het erken dat ek mense se gevoelens seergemaak het.”

Eric Mabuza, Cliff se regsverteenwoordiger, het gesê dit is teleurstellend. “Dit is amper in teenstelling met die hofuitspraak en grens aan minagting van die hof.”

Op ʼn vraag aan Cliff oor of die afgelope tyd se gebeure ʼn invloed gaan hê op sy verhoudings met die ander beoordelaars, het hy gesê hulle is soos familie. “Ek is lief vir Unathi [Msengana], Somizi [Mhlongo] en Randall [Abrahams], hoewel Randall moontlik nie lief is vir ons nie,” het Cliff geskerts. “Ons het al soveel dinge saam beleef en daar het al soveel goeie goed uit die program voortgespruit. Ons is vriende.”

Volgens Cliff was Januarie ʼn moeilike maand vir Suid-Afrika. “Almal van ons in Suid-Afrika het iets hieruit geleer. Ek is baie bly die maand kom môre [Sondag] tot ʼn einde. Dit was ʼn moeilike maand vir die land sedert die Penny Sparrow-uitlatings. Ons moet die wysheid kry om limonade te maak van die bitter suurlemoene. Indien my saak daartoe bygedra het dat ons Januarie eindig op ʼn beter plek as waar ons dit begin het, dan was dit was die sweet werd.”

Oor vrae aan Cliff oor of sy kontrak nou weer beëindig kan word, het Mabuza geantwoord en gesê hy twyfel of dit sal gebeur, aangesien M-Net gesê het hulle respekteer die hof se uitspraak. “Indien hulle dit wel wil doen, sal hulle ons in die hof kry.”

Cliff het ook bevestig die hofuitspraak is net van toepassing op sy heraanstelling as Idols-beoordelaar en die eis oor naamskending is nie aangehoor nie. Volgens Mabuza sal hulle M-Net “monitor” en na gelang hiervan, besluit of hulle met dié saak voortgaan.

In antwoord op ʼn vraag van ʼn joernalis oor wat hy sou doen as hy wel die R25 miljoen ontvang, het Cliff geskerts hy is beslis nie ʼn miljoenêr nie. “Indien ek nou R25 miljoen in my sak gehad het, sou ek dit gegee het vir die organisasies wat my na aan die hart lê. Indien dit gebeur, sal julle daarvan weet.”

Lees alle vorige berigte oor Gareth Cliff op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Landi ·

Geluk Garreth! You are a gentleman sir! Ag en hier sit ons opgeskeep met Steve Hofmeyr :-(

Maakmynaar ·

Landi, en her moet ons jou snert lees!
Los vir Steve uit!

Kaspaas ·

Landi jy moet op news 24 gaan berigte lees dit sal meer jou styl pas.

juan ·

Liewe Cliff, vryheid v spraak kan nie voorwaardes he nie. Jy weerspreek jouself sommer met die intrapslag. Vreesloos is Cliff verseker nie & n kampvegter vir minderhede nog minder.

Dirk ·

Maroela Media kan maar gaan kers opsteek by Garreth oor vryheid van spraak.

Jean ·

Maroela word gesensor deur die anc en liberale… En hul is almal so blind soos molle….

Kaspaas ·

Dit gaan nie of n mens vryheid van spraak verstaan of nie dit gaan oor enige iets anti ANC en negatiewe kommentaar van wit op swart is rassisties teenoor ebige kommentaar van die ANC teen wittes soos om liedjies te sing om hulle dood te maak, abder kant te kyk oor plaasmoorde en en en…. is niks meer verkeerd ib hulle oe. Dit is wie jy vra.

Jacoba ·

Ek lag soooo lekke mense vrae wat lees jy daar dan sê ek MAROELA!

HvdW ·

Baie bly Gareth het saak gewen. Los nou die moddergooi mense. En dankie Maroela vir julle puik beriggewing. Lekker om te lees!

Vic ·

Ai Gareth, dis nou als goed en wel ou seun, maar lyk my jy verstaan dit self nie so mooi nie……..

Takkie Takuuza ·

Gaap…..net ‘n bietjie publisiteit vir ‘n uitgediende program.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.