Gareth Cliff-saak: ‘Daar word teen hom gediskrimineer omdat hy wit is’

Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag aangehoor dat daar teen Gareth Cliff, die voormalige Idols-beoordelaar, gediskrimineer word omdat hy wit is, in vergelyking met twee van die mede-beoordelaars.

Adv. Dali Mpofu, Cliff se regsverteenwoordiger, het Cliff se kontroversiële twiet vergelyk met uitlatings op sosiale media deur twee van sy Idols-kollegas, Unathi Msengana en Somizi Mhlongo. Mpofu het bygevoeg dat Msengana en Mhlongo erger oortredings begaan het, maar deur die uitsaaier oorgesien is.

Mpofu het aan die hof gesê Mhlongo se opmerkings op Instagram word as rassisties beskou, maar geen interne optrede is nog deur M-Net teen hom ingestel nie.

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Msengana en Mhlongo moes albei in die openbaar om verskoning vra nadat hulle verlede jaar kontroversiële opmerkings op sosiale media gemaak het.

Mhlongo het teen “wit rassiste” uitgevaar tydens die #ZumaMustFall-veldtog. Msengana is vir vyf weke deur die SAUK as omroeper van die lug afgehaal nadat sy op Twitter uitgevaar het tydens ʼn debat oor rassediskriminasie by die Universiteit van Stellenbosch. Sy is terug op die lug geplaas nadat sy om verskoning gevra het.

Mpofu het gesê sy kliënt moet nie verskillend as sy kollegas behandel word nie. “Ons sê ook nie dat Msengana en Mhlongo afgedank moet word nie, ons sê net Cliff moet weer in sy pos aangestel word.”

Cliff het die hof genader om te verhoed dat 2016-oudisies vir die Idols-program eerskomende naweek begin, tensy hy weer in sy pos aangestel word of vergoeding van R25 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk” en “naamskending” ontvang.

M-Net het vroeër vandeesmaand aangekondig Cliff gaan nie in vanjaar se seisoen deel van die beoordelaarspaneel wees nie. Volgens berigte volg dié stap nadat Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff het gesê mense verstaan glad nie vryheid van spraak nie. Hy is uit talle oorde as ʼn rassis uitgekryt en sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek. Cliff het reeds om verskoning gevra vir sy uitlatings en rassisme daarin veroordeel.

Adv. Wim Trengrove, vir M-Net, het op sy beurt in die hof aangevoer dat Cliff se aansoek teen M-Net met koste van die hand gewys moet word.

Hy het aangevoer dat M-Net die reg het om te besluit wie beoordelaars moet wees. “Die skade aan sy reputasie is deur homself aangerig met daardie twiet, nie deur M-Net nie,” het hy gesê. Trengrove het gesê M-Net was gedwing om te kies tussen die 2016-seisoen van Idols, of om Cliff as ʼn beoordelaar te hê “te midde van ʼn politieke opskudding”.

Regter Caroline Nicholls het uitspraak voorbehou. Uitspraak word voor Vrydag om 10:00 verwag wanneer oudisies geskeduleer is om te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

m ·

Onthou nou in die nuwe SA is die nuwe reel as daar teen wittes gediskrimineer word is dit nie rassisme nie, net as wit teen swart diskrimineer.

Elinette ·

M – ha-ha-ha!!! Hoe lekker lag ek nou vir jou taal-knoper! ‘n Boar = ‘n beer, veral ‘n varkbeer. Die regte spelling is “boring”. Praat tog net reg Engels, as jy dan moet, of gebruik die regte Afrikaanse word in jou 50/50 pos: “Watookal, dit raak nou vervelig”

Berhalet Beukes ·

Ai Elinette… Voor jy iemand oor hulle taalgebruik berispe… Lees jou eie kommentaar eers ordentlik deur en korrigeer wat foutief is… ;-)

Dee ·

Jy het steeds my duimop, Elinette; hulle wil graag Engelse woorde gebruik om dit ‘anders of meer grand’ te laat klink en dan kan hulle dit nie spel nie.

D ·

M-Net moet verantwoording doen vir hulle interne rassisme daar hulle nie teen die ander 2 mede werkers opgetree het nie. Boikot M-Net.

Trots Afrikaans ·

Boikot hulle en sit jou DSTV af. As al die huidig benadeeldes (Ek wou gesê het blankes maar kan nou nie meer onthou of dit nog polities korrek is nie) hulle DSTV af sit dan is hulle ietwat gestrand.

Maar natuurlik weet hulle die meeste is te gemaksugtig om daad by woord te sit. Net soos Standard bank, Woolworths, ens. wat volgens oorvertelling (staan onder korreksie) nie blankes wil aanstel nie.

Johan 2 ·

Wel “trots Afrikaans” voor jy ons nou weer beledig moet ek jou sê, my dstv is nou af. en as ons iets kyk is dit op Netflix $9pm en benodig n 0.5mb/s lym (500kb/s) werk maar die data wat jy benodig uit. En as jy nog R100 ingooi kan jy Afrikaans op Showmax kry (hoop regtig nie dstv het aandeel daar ook nie, vermoed hul het dalk?) of nog beter lees n boek.

Johannes J ·

Het ‘n mens onbeperkte data nodig vir Netflix of is 5gig ‘n maand genoeg

KarenG ·

Weet jy wat word nou vir my boring…dat ‘n wit mens in hierdie lieflike land niks mag se nie, dan word dit heel uit konteks geruk en word rassisme geskree. As dit andersom is…word dit mettertyd onder die mat ingevee….dis wat boring is!!!

Elinette ·

Jip, KarenG – hulle mag ons Boere en wit honde noem, ons in die see wil jaag, ons tonge uitsny en ons met pangas doodkap, maar boeta, moet net nie hulle ape of bobbejaan of daardie ander woord noem nie! Dan is dit wit rassisme – en die DA het nou hier my steun verloor, met dié dat mnr. Maimane ‘n nie-rassis-verklaring van die DA se lede eis. Dan kan hul almal loop vlieg, ek het in ’99 laas gestem en so sal dit dan bly.

Trots Afrikaans ·

“Boring” is ook die hoeveelheid Afrikaners wat nie meer Afrikaans kan praat nie en soveel anglisismes en leenwoorde wil gebruik.

Toets jou en jou vriende groep so bietjie en sê “Basta!” elke keer as een van julle ‘n engelse woord gebruik. Betaal ‘n R1 boete bebruik die geld vir drankies op ‘n Vrydagmiddag spanbou.

Jy sal gou agter kom dat jy baie meer “slang” praat as wat jy dink. Jy sal ook vind dat jy gou-gou na ‘n woordeboek soek ….

Dee ·

Trots Afrikaans, ek smaak heavy wat jy sê! As meer van moeite doen om ons taal met smaak reg te praat sal ons weer taalgroei wat nie-anglisisties is, ervaar. En, ‘met smaak reg te praat’ het ek gesê omdat dit nie stokkerig hoef te klink nie. (ek weet ek skuld ‘n rand vir ‘n dop maar jy ook vir jou ‘bebruik’. ..D

Monica ·

Die probleem met rassisme waarop veral die politieke partye deesdae so op hammer is dit … moet ‘n mens glo dat ALLE wit mense sleg is as gevolg van hulle velkleur en ALLE swart mense goed is as gevolg van dieselfde rede? Die gemiddelde en arm mense kom goed oor die weg sonder inmenging. Ek is al “white trash” genoem, maar dit is enkelinge … ek ignoreer dit. Die oorgrote meerderheid behandel mekaar met respek.

Theresa B ·

Jy slaan die spyker op die kop KarenG. Dit is al baie lank so. Hulle mag sê (en doen) net wat hulle wil, maar laat daar nou ‘n wit persoon iets sê is die hel los. As iets nie na hulle sin is nie – is dit altyd rassisties en word dit uit verband geruk.

Avril Schutte -Pretoria Noord ·

Al rede hoekom Maimane nie n rasis genoem word nie is omdat hy n wit vrou het. Hy is n groter rassis en gevaar vir die blankes as die anc en eff. Ten minste weet jy wie en wat hulle is, die DA onder leidig van Maimane nie ……

Le Roux Strydom ·

Gareth Cliff , wie is sy? Ek hou styf duim vas dat ‘IDOLE” nooit weer uitgesaai word nie ……….die beoordelaars gebruik die platform om mense te verneder met alle soorte snedige kommentaar, hul dink ook hul is die eienaars van die program, hoop ek sien NOOIT weer ‘n advertensie van IDOLE nie !

F ·

Ek is nie mal oor Gareth nie, maar ek is bly hier word iets aan gedoen. Ek ondersteun lankal nie meer M-Net / DStv nie, so ek geniet dat hulle bietjie geroer word!

Reyna ·

Is Mhlongo nie ‘n man nie? “Sy is vir vyf weke van die lug afgehaal” moet dit nie lees hy is vir vyf weke van die lug afgehaal. Unathi is die vroulike eenetjie #vramaarnet

Dewald ·

Ek kyk inelkgeval lankal nie meer idols nie,klomp gemors .

Skoeter ·

Idols is lankal uitgewas, ek dink Mnet betaal mense om na die program te kyk.
Gareth Cliff …………. miskien het sy oë ook nou oopgegaan en het hy gesien hy is eintlik “Wit” of word dienooreenkomstig behandel.
Mnet, Dstv is net so ‘n groot klug as beloftes van die regering. Swakste programme wat hulle iewers in die argiewe gaan uitgrawe ………. gladnie waarde vir geld nie.

Fanie ·

Dit wat Gareth gesê het, is nie rassisme nie, en ook nie Penny Sparrow nie. Aangesien die meerderheid die minderheid se alles oorgevat het, wil hulle ons uit die land dryf en verarm. Dit is so duidelik soos daglig, Die maklikste is met propaganda en verdraaiing van omstandighede.

Ben ·

Ek luister liewer hoe die gras groei in my tuin voordat ek “Idols” kyk! Snert van die hoogste graad, in my opinie!

ek se maar net ·

Ek is so siek en sat vir die rasistiese snert. Ons betaal vir ons voorvaders se foute. Ry hulle Gareth. Idols het anyway in een groor joke verander nes ons baie geleerde president ne

Berhalet Beukes ·

Ja Gareth…Wys hulle ons kan dit ook doen! Hoekom nie?

Dee ·

Beskou jy Cliff as een van ‘ons’? Na bewering het hy gesê dat hy nog nooit anders gestem het as anc nie. My en jou idee oor wie ‘ons’ is verskil klaarblyklik.

Oom Boer ·

Nou-ja toe Cliffie, die slang byt hard aan die anderkant. Moet nooit jou eie mense die rug toedraai nie en daardie “Idols” program is geensins die ou moeite werd nie. Ek het al jare terug my kleinkinders gestop om die twak te kyk want dit is ook al ‘n program van ‘n ander standard na net een rigting wat ek glo die meerderheid as ‘n klug kan sien. Dit is sienswaardig ‘n meerderheids bevoordeling en ‘n minderheids benadeling, maar sterkte met jul program en eise struktuur in die howe. En so leef die rooi en swart miere in die veld ook in liefde en harmonie saam en deel hul kosse en blyplek (miershope) en ondersteun mekaar in vreugde en vrede.

Oom Boer ·

Sune-Maroela Media: Indien ‘n kommentaar gerig is en nie geskik gevind word vir plasing soos per my vorige skrywe op bogenoemde berig, verneem ek graag waar gefouteer is en dit dan meer sagkens stel om meer smaakvol en publiek vriendelik te mag wees. U het ook ‘n e-pos adres en rig dan ‘n private skrywe waar versigtigheid toegepas mag/moet word om sodoende die sosiale platform met die nodige etiek en respek te benader. Sou my plasing enige te-nakoming gewees het, dan my opregte verskoning aan alle partye. Groetnis

Sune van Heerden ·

Dagsê Oom Boer

Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie.

Ek kan nie sien dat enige van jou kommentare uitgevee is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.