Gareth Cliff ‘verheug’ oor hofuitspraak

Cliff Vrydag in die hof. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Cliff Vrydag in die hof. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Gareth Cliff het Vrydag met ʼn glimlag uit die Suid-Gautengse hooggeregshof gestap nadat die hof beslis het hy moet weer as Idols-beoordelaar aangestel word.

“Ons is verheug oor die uitkoms. Ons sal die uitspraak bestudeer en môre [Saterdag] tydens ʼn mediakonferensie daaroor uitbrei,” het Cliff aan verslaggewers buite die hof gesê.

Eric Mabuza, Cliff se regsverteenwoordiger, het gesê regter Caroline Nicholls se uitspraak het die belangrikheid van menseregte beklemtoon. “Die saak het gewys dit was ʼn bespotting van die reg. Almal is gelyk voor die reg, dit wys ook op die belangrikheid van menseregte … ons het nie swart menseregte en wit menseregte nie,” het Mabuza gesê.

Mabuza het gesê Cliff sal teenwoordig wees tydens die Idols-oudisies. “Die oudisies begin die naweek in Durban. Cliff sal by die oudisies wat op 3 Februarie plaasvind wees.”

Nicholls het beslis dat daar ʼn kontrak tussen M-Net en Cliff is. Sy het M-Net beveel om Cliff tydelik weer aan te stel.

Cliff het die hof op ʼn dringende basis genader om te probeer verhoed dat 2016-oudisies vir die Idols-program begin tensy hy weer in sy pos aangestel word of vergoeding van R25 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk” en “naamskending” ontvang. Die hof sal na verwagting eers later die ander aspekte van die saak aanhoor.

Lees alle vorige berigte oor Gareth Cliff op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Remondo ·

Mense regte is mense regte….. wonder maar net oor hoe die werksgevoel gaan wees na dese?

DPJ ·

Hy mag nou gewen het maar wat van na van jaar sou die Idels voor gaan. Gaan hulle hom weer aanstel. Ek glo nie.

Manie ·

Hy is onregverdig in die pad gesteek . In sy kontrak geskrewe of nie was daar nie gestipileer dat hy nie mag sê wat hy gesê het nie. Hy wou net die punt onder die aandag bring.
Gun hom sy werk al gaan hy nie volgende jaar weer genader word nie.
Werkgewers val te gou en maklik vir verskonings as hulle bietjie geintimideer word

Henri ·

Geluk G, dat jy dapper en beginselvas ,n Goliat aangevat het, dankie ook aan jou en die span daarvoor. Ons kan belangrike lesse van jou leer in die proses. Jy het ondermeer bewys dat een stem (Voice and vote) ‘n groot verkil maak, vrye spraak ken nie kleur nie, ens. Hoop die ANC besef dat hul dekmantel foefie ganaamd “rassisme” kan terugbyt, maar dis onwaarskynlik, tensy iemand met jou durf een van hulle in die krimiele hof aanpak .

Maddox ·

Hy stem nie net ANC nie, hy het ‘n paar jaar terug ook die Afrikaners gespot oor die ABO. Verder spot en beledig hy christene gereeld, aangesien hy ‘n ateis is,
Neewat, ek is bly Mnet het pakslae gekry, maar rerig vir die man is daar geen bewondering nie.

Sue ·

Baie bly dat geregtigheid geskied het. Werkgewers Kan nie net kontrakte verbreek op grond van emosies nie.

ig ·

Hoop net hy het nou n les geleer dat om vir die anc te stem kan boemerang as jy wit is.

GES ·

Msddox as jou feite reg en agtermekaar is, is hy beslis nie eers die bespreking werd nie. As hy ‘n bespotting maak van Christene is hy ‘n melaatse wat my betref vermy moet word.

Oom Boer ·

@Ges, met verwysing na Maddox se skrywe is dit korrek. Vir hom is ‘n Christen uit sprokies verhale. Hier gaan dit oor die lekker soustrein ritte.

Elizabeth Bosman ·

Geluk Mnr Mabuza! Jy is so reg. Daar is nie wit of swart meseregte nie. Menseregte het nie ‘n kleur nie en is vir ALMAL DIESELFDE!

Dankie dat jy die ‘reus’ MNET aangevat het Cliff. Nou moet iemand nog net vir MULTICHOICE aanvat vir al die herhalings wat ons ten duurste voor betaal. Kom ons faan oor na OST(‘?) waar daar ook herhalings is maar wat ‘n eenmalige R400.00 kos. Publiek is nie bewus vd produk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.