Gareth Cliff verlaat 5FM

Gareth Cliff

Gareth Cliff

Die bekende en uitgesproke radio-omroeper, Gareth Cliff, bied Maandagoggend sy laaste ontbytprogram by 5FM aan.

Die radiostasie het bekend gemaak dat Cliff die stasie aan die einde van Maart gaan verlaat ná ʼn tien jaar lange “buitengewone reis”.

Tim Zunckel, die stasie se programbestuurder, het gesê Cliff verlaat die stasie om geleenthede in sy privaat hoedanigheid na te streef. “5FM waardeer Gareth se ongelooflike werksetiek, sy toewyding aan die luisteraars en die 5FM-handelsmerk. Ons bedank Gareth vir sy buitegewone tien jaar se teenwoordigheid op die lug en wens hom die beste vir sy toekoms.”

“Ek het ʼn ongelooflike dekade saam met my span by 5FM gehad, en ek het elke oomblik geniet. Die reis was onvergeetlik maar ek is opgewonde oor die toekoms,” het Cliff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Laat ons asseblief weet waarheen hy gaan, dat ek net weet wat om nie te luister nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.