Gareth Cliff wil M-Net vir miljoene dagvaar

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA.

Die voormalige Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, beplan om M-Net vir miljoene te dagvaar vir onregmatige afdanking en naamskending, nadat hy glo weens sy uitsprake op sosiale media die trekpas gegee is.

Eric Mabuza, Cliff se prokureur, het Maandag aan Maroela Media bevestig ʼn regsbrief is aan M-Net gestuur, waarin hy onderneem om hulle vir R25 miljoen te dagvaar as hy nie weer as beoordelaar aangestel word nie.

“Cliff se grootste prioriteit is om heraangestel te word. Oudisies vir die nuwe seisoen van Idols skop volgende Vrydag af en as Cliff nie teen dan terug is op sy pos nie, gaan ons poog om die oudisies te keer totdat die kwessie opgelos is,” het Mabuza gesê.

Mabuza het gesê hulle eis R20 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk”. “Die program sal nog ten minste vier jaar voortgaan en ons eis R5 miljoen per jaar vir die verlies van direkte en indirekte inkomste. Die ander R5 miljoen is vir naamskending, omdat Cliff deur dié proses as ʼn rassis bestempel is en hy sy naam in ere wil herstel.”

Volgens Mabuza het van die ander beoordelaars ook al omstrede uitlatings gemaak sonder dat daar teen hulle opgetree is. “Hoekom dan net Cliff?” het hy gevra.

M-Net het verlede naweek aangekondig Gareth Cliff gaan nie deel van die beoordelaarspaneel van vanjaar se seisoen wees nie.

Volgens berigte volg dié stap ná Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff het gesê mense verstaan gladnie vryheid van spraak nie. Hy is uit talle oorde as ʼn rassis uitgekryt en sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek. Cliff het reeds om verskoning vir sy uitlatings gevra en rassisme daarin veroordeel.

Mabuza het gesê M-Net moet vandag [Maandag] voor 14:00 reageer. “Ons advokaat is op bystand om dadelik met die nodige stappe te begin as hulle nie behoorlik op ons skrywe reageer nie.”

Nondumiso Mabece, hoof van publisiteit vir M-Net se Mzansi Magic-kanale, het aan Maroela Media bevestig dat hulle die prokureursbrief ontvang het. “Ons is tans in gesprekke met ons prokureurs en sal later kommentaar lewer,” het Mabece gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Jinne maar hy is ‘n besige mannetjie! Ek hoop van harte sy saak is suksesvol!

Rikku ·

Ek stem saam met Gareth en wens hom voorspeod toe met sy saak teen M- net.

Marko Miladinovic ·

Soe hele Idols is verveelig en n rasistiese klug. Diw laaste wit wenner was Elvis Blue en hy maak vandag nog musiek. Mara Louw het sooa n maer vark tekere gagaan en die wit mense van rasisme beskuldig omdat swartes nie wen nie. Van toe af is dit net swart. Daar was nie eers n witte in die laaste agt in die laaste Idols nie. n mens hoor heen musiek wat enige van hulle maak nie, net Elvis Blue en Heintz Winkler. Die hele konsep is pateties en oud!

Hein ·

Hy is beslis nie die aandag werd nie. Hy het niks getweet toe die wit jongmense uitgesluit was deur m-net se rolprent ontwikkelings plan. Net Afriforum het m-net gewing om deur ‘n hofbevel hulle besluit om te hersien. Regtig mense hoe kan julle m-net nog ondersteun?

lettie ·

Ag tog wie kyk nog na die gemors.
Wie is gepla oor die man se doen en late. Dit was n heeltemal onvanpaste besluit v Mnet ek stem…maar
Laat hy maar ook voel hoe voel dit aan die verkeerde kant van ontvang. Siestog…nuwe motor nuwe bling nuwe status..hy gaan maar so bietjie skade ly..welkom by ons wereld

Trolle ·

Ek kan nie veel se nie want ek ken hom nie en ek kyk ook nie daai gemors op tv nie,ons kyk maar wat gebeur.

Justa ·

M-Net, ek wil net weet hoekom is Somizi Mhlongu nie ook afgedank nie. Sy stelling was beslis rassisties gewees. Weereens n bewys dat net blankes rassiste kan wees.

neelsie ·

Het die mnr Cliff nie n tyd terug n uitspraak oor Christenskap gehad nie?
Jammer as ek verkeerd onthou.

Oom Kallie ·

Al wat Garreth moes gesê het was dat hy na mense soos Sparrow in sy twiet vewys het, mense wat vryheid van spraak misbruik om uiting aan hulle rassisme te gee, dan het hy nog sy job gehad. Hoekom hy ‘n blank slaan en dadelik jammer sê weet g’n mens nie.

Laurika ·

So verregaande – Garreth Cliff was vir baie lank in ‘n verhouding met ‘n nie-blanke vrou. Hoe kan hy dan rassisties wees?

Lafras ·

Tipies afgunstige, jaloerse Afrikaner kommentare. Die son mag mos op niemand skyn behalwe sy of haar eie bas!

Skoeter ·

Net soos enige ander kompetisie in Suid Afrika sal geen blanke dit ooit wen nie. Idols is lankal ‘n groot klug…… wat het van die afgelope jare se wenners geword? Garreth was so verhewe bo alles en almal, jy is te “WIT” vir die program, aanvaar dit maar. Net so is die ouens wat dit aanbied so vals, dis eintlik ‘n pyn om na so ‘n program te kyk. Maar heellaas, Mnet en DSTV se programme is uiters swak, weet nie waar hulle die ou goed uitgekrap het nie, dis so oud die akteurs wat daarin speel se klein kinders is al dood!

Sarel Strydom ·

Dit gan nie vir my eintlik oor Idols nie want dit is lankal nie meer program van kwaliteit nie. Dit gaan oor die beginsel. was dt nie Mnet wat onlangs nog geen ” Wittis” by hulle filmskool wou toelaat nie? Vra dan wie is rasisities.

adrian ·

Agge nee wat ek kyk liewer na Britains got talent en X Factor van Amerika met Simon Cowell nie die gemors van Suid Afrika nie, dis in elk geval regstellende en politiese gekiesde wenners uuuuuugghhhhh

coenraad ·

Big Brother gaan betaal! Verkeerde aksie teen die verkeerde ou op die verkeerde tyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.