Gariep nog dae lank sonder krag

Die Oranjekrag-substasie benodig ’n nuwe transformator. (Argieffoto)

Inwoners wat in die omgewing van die Gariepdam in die Vrystaat woon, kan moontlik nog dae lank sonder krag sit nadat ’n transformator by die Oranjekrag-substasie Dinsdag die gees gegee het.

Eskom het Woensdag gesê die transformator moet vervang word en dat kragtoevoer na verwagting teen Saterdagmiddag herstel sal wees.

Volgens Patricia Tsepane, woordvoerder by Eskom, is dit ’n “ingewikkelde herstelproses”.

“’n Plaasvervangingstransformator is in Noordwes geïdentifiseer en reëlings word tans getref om dié transformator na die substasie te vervoer.”

Eskom sê voorts dat krag sonder voorafkennisgewing aangeskakel kan word en dat inwoners om dié rede alle kragpunte en elektriese toestelle as “lewendig en gevaarlik” moet beskou.

Die energiereus het egter onderneem om verbruikers gereeld op hoogte van sake te hou.

“Ons bedank verbruikers vir hulle geduld en vra om verskoning vir die ongerief,” sê Tsepane.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Baardman ·

Kry tog asb net n ander naam as “kragreus” vir Eskom. As hulle kundiges in diens het, behoort die vervanging van die tranformator nie ‘n ingewikkelde proses te wees nie

jou gewete ·

wat van kragmuis. hulle gaan kry n oue in noord wes. het nie nuwes in voorraad nie. geld is in base en politiekuste se sakke

Pieter J ·

Dit wil voorkom asof Escom nie werklik noodvoorraad aanhou vir sulke probeme nie en dit laat ń mens wonder oor hoe hulle logistieke afdeling besttur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.