Gariep nóg langer sonder krag

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Inwoners wat in die omgewing van die Gariepdam in die Vrystaat woon, sal na verwagting tot Sondag nog sonder krag moet klaarkom.

Daar is aanvanklik gemeen dat die kragtoevoer teen Saterdagmiddag reeds herstel sou wees.

Maroela Media het vroeër berig inwoners in die omgewing van die Gariepdam is sedert Dinsdag sonder elektrisiteit gestrand gelaat nadat ’n transformator by die Oranjekrag-substasie die gees gegee het.

Die transformator moet vervang word en ’n plaasvervangingstransformator is van Noordwes op pad. Eskom sê in ’n verklaring dié transformator behoort vandag teen 17:00 se kant op die perseel te wees.

Die kragvoorsiener sê voorts voorlopige aanduidings toon dat die kragtoevoer teen die vroeë oggendure van Sondag ten volle herstel sal wees.

Eskom het weer eens onderneem om verbruikers gereeld op hoogte van sake te hou en het hulle bedank vir hul geduld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frik ·

Pretoria, Bethal, Gariep – hierdie is net ‘n paar wat die afgelope paar weke die nuus gehaal het, en dan praat ‘n mens nie eers van eskom se totale onbevoegdheid met beurtkrag nie. Maar ons moet hierdie soort ding meer en meer te wagte wees soos wat toerusting die einde van hul leeftyd bereik en daar nie geld (of bevoegdheid) vir vervanging/instandhouding is nie; met komplimente van die ANC-regering en ANC-munisipaliteite se “regstellende aksie” en 25+ jare se vermorsing en korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.